Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Uitnodiging: FAK Wes-Kaap – ’n boekbespreking van Blou bloed met Daniël Lötter op 4 September 2024
2024-08-22Die FAK nooi graag FAK-vriende en belangstellendes uit na ’n aanbieding deur Daniël Lötter, die skrywer van Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika, by die FAK Kaap-kantoor op 4 September 2024.
Boeksemdais 1: Die groter prentjie, die legkaartstukke, lekkerleesboeke en swart swane
2024-08-22"Boeksemdais. Nooit die finale woord of afsluiting oor die saak nie; eerder die totstandkoming, oor tyd, van nuwe voetpaadjies, proesels van ’n nuwe umamigeur."
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Breekpunt deur Marie Lotz – Oude Leeskamer, 28 Augustus 2024
2024-08-21Sluit op 28 Augustus aan by Jonathan Amid en Marie Lotz in Jannie se Leeskamer vir die bekendstelling van Breekpunt. Kom deel in die ondersoek na wat dit verg om meesleurende en spannende speurtogte te skep wanneer Jonathan die spanningsfiksieskrywer en vryskuttaalpraktisyn onder die soeklig plaas.
Debat is goed vir boekverkope
2024-08-21"Debat is goed vir boekverkope! Dink aan Dan Brown se The Da Vinci code en Erla Diedericks se eerste Stoom-publikasie, Die kontrak."
En ek is nog hy
2024-08-21"Ek is al persoon wat ooit onder die naam Crito geskryf het. En ek is nog steeds hy."
Hemel en aarde en ons deur Zirk van den Berg: ’n resensie
2024-08-21"Die whodunit, die trajek van duisterheid en onsekerheid na helderheid, klarigheid en uitsluitsel, na ondubbelsinnige antwoorde, word met ’n 'konseptuele kinkel' moontlik na ’n ander bestemming geneem."
Ek het ook ’n snor, Koos, maar in elk geval ...
2024-08-21"Dit is in wese ’n gesprek oor wat kuns is – en saam daarmee, die estetiese ervaring. Ons mag dit dalk op intuïtiewe vlak begryp, maar wéét is iets anders. Oor die vraag wat is kuns en wanneer en onder watter omstandighede ’n ervaring ’n kunstige of estetiese aard aanneem, word al vir eeue gedebatteer."
Invitation: Book launch of The truth about Cape slavery by Patric Tariq Mellet – 2 September 2024, Cape Town
2024-08-21Clarence Ford will be in conversation with Patric Tariq Mellet about his new book, The truth about Cape slavery, on Monday, 2 September 2024 at 17:30 for 18:00 at Exclusive Books, Cavendish Square, Cape Town.
Leeskring-uitnodiging: Voorstelle vir boeke vir 2025
2024-08-21Sukkel julle leeskring ook om jaarliks te sif deur die magdom boeke wat beskikbaar is, net om dan ’n paar op jul leeslys te hê wat teleurstel? Stuur asseblief julle boekvoorstelle voor die einde van Oktober sodat leeskringe hul leeslyste betyds vir 2025 kan opstel.
kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout, skrywer van Die dekonstruksie van Retta Blom
2024-08-21"’n Storie op die silwerskerm bereik ’n mark wat die boek nie noodwendig sal bereik nie. Die feit dat al hoe minder mense boeke lees, is hartseer maar waar. En daar is stories wat eenvoudig met daardie wyer mark resoneer. Ek dink Die dekonstruksie van Retta Blom is so ’n verhaal."
Tuin van Digters 2024: ’n onderhoud met Francois Lötter
2024-08-21"Natuurlik is skryf en dig ’n persoonlike en sit-alleen-op-die-stoel-tipe ervaring. ... Maar ek vermoed skryf en dig kan (en moet dalk) in sekere gevalle meer as net ’n solo-ervaring wees, soos vanjaar se Tuin van Digters met die saamsaam-tema wil beklemtoon."
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
2024-08-20Daar is talle onderwerpe wat skadu’s oor die literêre landskap gooi. Dit is waarom LitNet, in ons 25ste bestaansjaar, weer ’n skrywersberaad gaan hou. Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad begin tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock op 20 September 2024 met ’n reeks lesings en sal aanlyn verder gevoer word. Die beraad sal waarskynlik tot in 2025 duur.
Nuut by Tafelberg: Die onsigbare deur PJO Jonker
2024-08-20Wanneer spraakstramme skaapboer Jada Olivier op sy Karooplaas Erfdeel met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n vreemdeling aankom, sluit hy die ketting van die plaashek en raak ’n gevangene van sy besluit.
Jeanette Ferreira (1954–)
2024-08-20"Prosa is loop, poësie is dans – ’n taal moet kan loop en dans." Lees meer oor Jeanette Ferreira in hierdie ATKV-skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche en nou volledig bygewerk.
Fresh off the press: The truth about Cape slavery by Patric Tariq Mellet
2024-08-20In The truth about Cape slavery, Patric Tariq Mellet argues that modern South Africa – its economy and politics – is shaped and established on the foundation of chattel slavery just like the United States of America. Cape slavery, rather than minor, was a crucial feature of maritime capitalism. This then moved to become the cornerstone of the Cape’s agricultural economy.
Die gestaltes wat in ons aanwesig is. Wording van ’n bleek Afrikaan deur Frik de Beer: ’n lesersindruk
2024-08-20"Omdat [die boek] uit vandag se perspektief geskryf is, dinge grotendeels verwerk is en afsluiting oor sekere dinge verkry is, is dit die postkoloniale perspektief wat opval: Ons het nie tóé geweet nie en die nawete is verdoemend. En wat het ons nie gedoen nie!"
Donkertyd: My naam is Tina deur Mariël le Roux: ’n resensie
2024-08-19"Uiteindelik gaan dit oor die doodswyg van dinge ter wille van die samelewing – die samelewing wat in elk geval lustig skinder oor elkeen wat uit die spoor van tradisie en konserwatisme trap. Die tragedie – soos in talle ander boeke met min of meer dieselfde tema – is dat Tina se pa, sowel as sý pa, vandag deur behandeling gehelp sou kon word."
Persverklaring: Vier Ingrid Jonker "saamsaam" by vanjaar se Tuin van Digters-fees op 13 en 14 September in Wellington
2024-08-16Die 13de Tuin van Digters-digfees vind op Vrydag 13 en Saterdag 14 September by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas. Lees hier meer oor die feesprogram.
The fall by Hans Pienaar: a book review
2024-08-16"He is a creative writer very much attracted to the beauty of the mangled achievement; it is, in a sense, part of his ethos. It is the wilfully imperfect note that Pienaar strikes with great care and planning, which charms when it doesn’t become too convoluted."
Ons eie Kleuterbybel deur Juliana Nothnagel en Johann Strauss: ’n teologies-estetiese perspektief
2024-08-15"Behalwe vir volpunte vir die visuele ervaring, verdien die boek ook onderskeiding vir taalgebruik en teologie."
