
Foto van Antjie Krog: Brenda Veldtman; bundel se omslag: Human & Rousseau
Antjie Krog se digbundel Plunder is aangewys as die wenner van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns vir 2024, met prysgeld van R675 000.
Dié prys word sedert 1987 jaarliks aan Suid-Afrikaanse kunstenaars toegeken – om die beurt aan ’n skilder, skrywer, beeldhouer of komponis.
Dit is die tweede keer in die geskiedenis van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns dat die wenwerk ’n digbundel is. Breyten Breytenbach het dit in 1996 gewen met Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde. Dit is ook slegs die tweede keer dat ’n vrou die skryfkuns-prys kry. Dit is in 2008 gesamentlik aan Marlene van Niekerk vir Agaat en aan Hermann Giliomee vir Die Afrikaners toegeken.
Afrikaanse werke – fiksie of niefiksie – wat tussen 2020 en 2023 verskyn het in ’n oplaag van minstens 300 eksemplare, het in aanmerking gekom vir die prys. Saam met Plunder op die kortlys, was die romans Decima (Eben Venter), Gebeente (Etienne van Heerden), Dinge van ’n hond (SP Benjamin) en Van vaders en vlugtelinge (SJ Naudé), sowel as Naudé se kortverhaalbundel Dol heuning.
Toe Krog van die prys hoor, het sy as volg gereageer: “Om vir ’n oomblik raakgetrap word deur die gode! Dis wanneer ’n digter ’n toekenning met monetêre waarde ontvang . . . Dis tans buite my vermoë om die omvattende effek van so ’n groot (en diep Vrystaat-gewortelde) eerbewys te omskryf in terme van jou oudag-oorlewing as digter . . .”
Henning Pieterse van die Universiteit van die Vrystaat, sameroeper van die paneel, skryf in die commendatio: “Een kenmerk van ’n groot skrywer – in hierdie geval ’n digter – is dat hy/sy hom/haar met en deur elke boek of bundel vernuwe en verdiep. En dit is presies wat Krog met haar jongste aanbod doen: Sy herbesoek verskeie aspekte uit haar oeuvre, maak hulle nuut en ‘praat’ met ’n steeds sterker wordende stem met die leser.”
Die ander paneellede was Thys Human (Noordwes-Universiteit) en Valda Jansen. “Binne die konteks van uiters sterk mededinging was dit vir die beoordelaars ’n voorreg om Plunder as die wenner van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns vir 2024 aan te wys,” sê Pieterse.
Plunder, wat in 2022 deur Human & Rousseau uitgegee is in die jaar toe Krog 70 geword het, is in 2023 met die Hertzogprys en die UJ-prys vir skeppende werk bekroon.
“Gelees vanuit die titel, ‘plunder’ die digter onder meer haar eie en ander digters en skrywers se werk, maar die ‘plunder’-tema word voorts breër afgestem op die aftakeling van die ouer wordende liggaam deur die tyd en die vernietiging van die land en die aarde as geheel deur die mens – op politieke en ekologiese vlakke,” lui die commendatio.
Verdere ontvangers van die skryfkuns-prys is: Karel Schoeman vir ’n Ander land (1988); John Miles vir Kroniek uit die doofpot (1992); John Kannemeyer vir Leipoldt: ’n Lewensverhaal (2000); Dan Sleigh vir Eilande (2004); PG du Plessis vir Fees van die ongenooides (2012); Willem Anker vir Buys (2016); en Lodewyk G du Plessis vir Die dao van Daan van der Walt (2020).
Die prys word deur die Helgaard Steyn-trust toegeken wat tot stand gekom het uit die boedel van Jan Steyn, in lewe ’n diplomaat, boer en direkteur van maatskappye, wat die trust na sy pa vernoem het.
Vir die volledige commendatio en vir meer inligting oor die Helgaard Steyn-pryse, besoek helgaardsteynpryse.co.za.
Antjie Krog’s volume of poetry Plunder has been awarded the Helgaard Steyn Award for Literature for 2024, with prize money of R675,000.
English press release
The Helgaard Steyn Award has been awarded annually to South African artists since 1987 – alternately to a painter, writer, sculptor, or composer.
This is only the second time in the history of the Helgaard Steyn Award for Literature that the winning work is a volume of poetry. Breyten Breytenbach won it in 1996 with Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde. It is also only the second time that a woman has received the literature prize. It was jointly awarded to Marlene van Niekerk for Agaat and Hermann Giliomee for Die Afrikaners in 2008.Afrikaans works – fiction or non-fiction – published between 2020 and 2023 in a print run of at least 300 copies were eligible for the prize. Along with Plunder on the shortlist were the novels Decima (Eben Venter), Gebeente (Etienne van Heerden), Dinge van ’n hond (SP Benjamin), and Van vaders en vlugtelinge (SJ Naudé), as well as Naudé’s short story collection Dol heuning.
When Krog heard about the prize, she responded as follows: “To be noticed by the gods for a moment! That’s when a poet receives an award with monetary value . . . It is currently beyond my ability to describe the extensive effect of such a great (and deeply Free State-rooted) honour in terms of your survival at an old age as a poet . . .”
Henning Pieterse from the University of the Free State, convener of the panel, writes in the commendation: “A hallmark of a great writer – a poet, in this case – is that he/she delves deeper and renews himself/herself with and through each book or collection. And this is precisely what Krog does with her latest volume of poems: She revisits various aspects of her oeuvre, makes them new, and ‘speaks’ with an increasingly stronger voice to the reader.”
The other panel members were Thys Human (North-West University) and Valda Jansen.
“Within the context of extremely strong competition, it was a privilege for the judges to announce Plunder as the winner of the Helgaard Steyn Prize for Literature for 2024,” says Pieterse.
Plunder, published in 2022 by Human & Rousseau in the year Krog turned 70, was awarded the Hertzog Prize and the Afrikaans UJ Prize for creative work in 2023.
“Read from the title, the poet ‘pillages’ her own and other poets’ and writers’ work, but the ‘pillage’ theme is further broadened to the dismantling of the aging body by time and the destruction of the land and the earth as a whole by humans – on political and ecological levels,” reads the commendation.
Further recipients of the literature prize include: Karel Schoeman for ’n Ander land (1988); John Miles for Kroniek uit die doofpot (1992); John Kannemeyer for Leipoldt: ’n Lewensverhaal (2000); Dan Sleigh for Eilande (2004); PG du Plessis for Fees van die ongenooides (2012); Willem Anker for Buys (2016); and Lodewyk G du Plessis for Die dao van Daan van der Walt (2020).
The prize is awarded by the Helgaard Steyn Trust, which was established from the estate of Jan Steyn, during his lifetime a diplomat, farmer, and company director, who named the trust after his father.
For the full commendation and more information about the Helgaard Steyn Awards, visit helgaardsteynawards.co.za.
Lees ook | Also read:

