Persverklaring: Wil jy bydra tot ’n kinderboek oor Afrikaans?

  • 5

Wil jy bydra tot ’n kinderboek oor Afrikaans?

Die Afrikaans 100-projek het vir Lapa/PRHSA genader om ʼn kinderboek saam te stel oor die viering van Afrikaans se 100ste amptelike bestaansjaar in 2025. Die projek het die afgelope paar maande heelwat debat ontlok en ons is bewus van die kompleksiteite wat met hierdie viering gepaard gaan. Ons het egter ʼn gulde geleentheid om met die publikasie van die boek ʼn breër perspektief op die geskiedenis van Afrikaans te gee. Ons sal graag ʼn spektrum van stories wil insluit wat iets oor al die vorme van Afrikaans en die wye geskiedenis daarvan vertel – en hopelik iets van die toekoms van Afrikaans wys.

Ons nooi jou daarom uit om ʼn kortverhaal te skryf (nie langer as 3 000 woorde nie) wat gemik is op kinders tussen 9 en 12 jaar oud.

  • Skryf gerus ʼn bydrae in jou variëteit.
  • Dit kan in ʼn bepaalde geskiedkundige tyd geplaas word.
  • Dit kan oorvertellings (van volksverhale, byvoorbeeld), ʼn orale storie of bloot fiktief wees.
  • Onthou om die leefwêrelde, belangstellings en leesvlak van die teikengroep in gedagte te hou.

Shamiega Chaudhari en Courtneigh Ess sal as samestellers van die boek optree. Die boek sal teen volgende jaar Mei beskikbaar wees. Dit gaan deur ons gewone verkoopskanale verkoop word (in die handel en by skole) en by ʼn aantal funksies wat deur die Afrikaans 100-projek aangebied word.

Ons verwag bydraes tot en met die 18de November. Daarna sal ons ʼn paar weke neem om deur die bydraes te werk en die manuskrip saam te stel. Ons hoop om vroeg Desember terugvoer oor die insluiting van die bydraes te hê al dan nie.

Kontrak gerus vir Shawna-Leze Meiring, Shamiega of Courtneigh as jy enige vrae het, of om jou bydraes in te stuur.

Hier is hulle adresse:

(Prent deur Mohamed Hassan, Mila Okta Safitri en Keren Yukhanov van Pixabay.)

  • 5

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top