Pasverskyn: Tietie en Nanna se huiskos deur Najma Abrahams en Azba Fanie

  • 0

Tietie en Nanna se huiskos deur Najma Abrahams en Azba Fanie (Human & Rousseau, 2024)

Titel: Tietie en Nanna se huiskos
Skrywers: Najma Abrahams en Azba Fanie
Uitgewer: Human & Rousseau (2024)
ISBN: 9780798184779

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke is geliefd vir hul hartskos – g’n fênsie bestanddele of fieterjasies nie, net plein huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.

Wat kry jy? Elkedag-kos soos kiefaait-bredies, kerries met skop, ingelegde vis en gesmoorde soesys, maar ook seekospaella, Krismispoedings, Labarang-feesdisse, Mavrou (van lamsvleis) vir ’n troutafel en ander ghrênd goed. Daarby kom die sweet en savoury waarmee Mzansi die lewe vier – bollas, snowballs, roti’s, samoesas, dhaltjies en nog vele verleidings.

Ken jy nie van so ’n tuiskombuis nie, het jy dalk reeds ’n voorsmakie gekry in Tietie en Nanna se kwinkslae op Instagram en TikTok. Terwyl die potte prut, strooi die twee siezas so saam met die masala, dhanya, karamonk en jeera ook vrylik hul eie spices virrie lewe in. ’n Resepteboek waar memories en liefde saamsmelt, met elke roer van ’n pot.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top