Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Uitnodiging | Boekbekendstelling van Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais | 13 Julie, Stellenbosch Biblioteek
2024-07-10Ek en jy bestaan nie: Kom kuier saam by die bekendstelling van Danie Marais se nuwe digbundel. Bibi Slippers sal met hom gesels. | Tyd en plek: Saterdag 13 Julie om 11:00 by die Stellenbosch Biblioteek
Persverklaring: Boektoer | Die geskenk deur Riette Rust
2024-07-10Riette sal op die volgende plekke oor haar boek gesels: Wellington, Tygervallei, Kaapstad, Somerset-wes, Garsfontein, Zambezi en Lynnwood. Ook op Netwerk24! Let wel: Die Wellington-bekendstelling word uitgestel na Woensdag 17, Julie as gevolg van die slegte weer in die Wes-Kaap.
A love letter to Long Street: A reader’s impression
2024-07-09"Meintjes devotedly nurses his grape and malt, the pool table and his favourite bars, while around him the grand spectacle of life unfolds, and the stoicism of Long Street is revealed on a nightly basis."
Pasverskyn: Droomjagter deur Leon van Nierop
2024-07-09Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke. Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm. Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.
JFW Grosskopf (1885–1945)
2024-07-08“Hoe ouer ek word, hoe groter word my eerbied vir taal en vir woorde. Woorde is vir ons soos goud vir die goudsmid of diamant vir die slyper.” Lees meer oor JFW Grosskopf se lewe en werk in dié ATKV-skrywersalbum, nou volledig bygewerk.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Gerhard van Wyk
2024-07-04Hierdie onderhoud met senior biblioteekassistent Gerhard van Wyk is die derde aflewering oor een van ons biblioteke, naamlik Caledon-biblioteek.
Luisterverhale: "Genis, geeste en gesies" deur PG du Plessis, voorgelees deur Tobie Cronjé
2024-07-04Tobie Cronjé lees PG du Plessis se verhaal "Genis, geeste en gesies" voor. Die verhaal het oorspronklik in Koöperasiestories op Donderdag, in 1980 deur Perskor uitgegee, verskyn.
’n Onderhoud met Wendy Maartens oor Sankind lees die wind
2024-07-03"Sankind lees die wind is ’n bundel kortverhale gebaseer op tradisionele Sanstories. Dit is oorspronklik neergepen deur Gideon Retief von Wielligh, broerskind van Voortrekkerleier Piet Retief en eertydse landmeter-generaal van die ZAR. Wendy Maartens het dit pas vir kinders verwerk."
Pasverskyn: Jopie Fourie deur Albert Blake
2024-07-03Die teregstelling van Jopie Fourie was nog altyd ’n emosionele en sensitiewe onderwerp in Afrikaner-geskiedenis. In hierdie biografie werp Albert Blake nuwe lig op die lewe en dood van hierdie omstrede figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Vir baie Afrikaners het sy dood hom tot onsterflike heldestatus verhef. Maar daar was nog nooit eenstemmigheid oor die Fourie-tragedie in Afrikaner-geledere nie, en die gebeure en ’n vertolking daarvan is maar nog ’n verhaal van verdeelde Afrikaner-lojaliteite en -beskouings.
’n Voëlvlug van onlangse resensies
2024-07-03Crito bespreek onder andere ’n "goeie voorbeeld van ’n swak resensie".
Kaptein Onderbroek se avonture klink goed in Afrikaans: ’n resensie
2024-07-02"Ek het die boeke geweldig baie geniet en hou van die kinderlike pret wat die twee seuns het. Die onderwerpe sluit alles van zombies en toilette met tande, bankrowers en wetenskapeksperimente, tot slegte snoepiekos in."
EB Grosskopf (1888–1949)
2024-07-02Ernst Grosskopf het bekendheid as skrywer verwerf met sy kortverhale, maar veral met sy klassieke jeugverhaal Patrys-hulle, wat op sy eie jeugherinneringe gegrond was.
Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg: ’n resensie
2024-07-02"Om die galgtou nog stywer om die leser se nek te draai, herwin Everhard sy geheue soos die storie ontvou. Robert Ludlum het reeds met sy ikoniese Jason Bourne-reeks bewys hoe effektief geheueverlies spanning opbou."
Persverklaring: Heritage Travel Magazine se gedigkompetisie kry pryse!
2024-07-02Die wenners van Heritage Travel Magazine se gedigkompetisie, Janine Julies Phillipus en Susan Greeff Terblanche, ontvang boekpryse, geskenk deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Ek sal vir jou veg deur Cliffordene Norton: ’n onderhoud
2024-07-01"In my skryfpassie voel dit asof ek deur die storie gekies word. My karakters daag op, sit my neer en maak dat ek hul stories vertel. Dit klink dalk passief, maar ek sien elke idee: dié wat gepubliseer word en dié wat ek nooit vir ander wys nie, wat my gekies het om dit te vertel. Ek leer so baie uit die skryfproses en waardeer die magic daarin."
Kortliks met Stefaans: 1 Julie 2024
2024-07-01"Hierdie skrywe is nie resensies nie – dit is ’n in-die-hand-stop, asof ek jou in Bargain Books raakloop en sê: 'Lees dit!'"
As stilte praat deur Kobie Lötter: ’n Lesersindruk
2024-07-01"Stilte is vir Kobie niks vreemds nie. Tydens sy kinderjare op ’n Vrystaatse plaas waar hy grootgeword het, het hy geleer om ingestem te luister."
Persverklaring: ’n Gesprek oor Jopie Fourie deur Albert Blake
2024-07-01Kom kuier saam wanneer Fransjohan Pretorius met Albert Blake gesels oor Jopie Fourie.
Press release | AVBOB Poetry: The art of being surprised
2024-07-01This month, the AVBOB Poetry Project asked the award-winning South African poet Caitlin Stobie to reflect on what aspiring poets can do to channel more surprising, richly imagined words. Read the three creative writing tips Caitlin shared and notice how your experience of writing is transformed when you apply them to your own practice.
Leer om te vergewe met ’n blikkie samboksalf: ’n lesersindruk van Alene Mari Holder se jeugroman Samboksalf en ’n draaktraan
2024-06-28"Dit is pret om al hoe meer oorspronklike Afrikaanse fantasieverhale op die boekwinkels se rakke te sien."
