Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Persverklaring: Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed!

LitNet ATKV-Portaal 2024-04-29

Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2024 ATKV-Woordveertjies is Maandag 3 Junie 2024.

Leo deur Deon Meyer: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2024-04-29

"Sit daardie verlof in; kry die glas wyn of koppie tee; fluit vir die hond of lok die kat. Jy gaan vir twee dae buite aksie wees."

Die ATKV-boeke-oase by Innibosfees 2024: ’n onderhoud met Sandra Jacobs en Annemarie van der Walt

Naomi Meyer, Sandra Jacobs, Annemarie van der Walt Feeste 2024-04-29

"Leon van Nierop se Droomjagter is in wording, en omdat hy ’n Laevelder is met noue bande met Innibos, is dit vir ons lekker om sy boek hier bekend te stel. Ons poog ook om die boekeaanbieding toeganglik vir feesgangers te maak. Danie du Toit van Spoegwolf gaan met Danie Marais oor sy nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie, gesels. Dit beloof om lekker nuut en vars te wees."

Nathan bou bakstien-vi-bakstien an ôsse swat literatuur, sê Diana Ferrus

Gaireyah Fredericks Boeke en skrywers 2024-04-26

"Ôse swat skrywers se everyday chokers en survivors moments is rife en real as djy nog kryp en jou stêk biene try kry."

Commendatio: Deon Meyer vereer met die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae

Etienne Bloemhof Menings 2024-04-25

"Maar dat die eer wat Deon vandag te beurt val, spesifiek oor Afrikaans gaan, dit is iets baie spesiaals, want dis ’n prys wat, glo ek, erkenning gee aan ’n skrywer wat – al sou dit op vele terreine vir hom sin maak om direk in Engels te skryf – nog altyd vurig en passievol was oor sy moedertaal; die taal van sy woorde, sy verbeelding en sy drome."

Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor Droomwerk

Naomi Meyer, Pieter Odendaal Suidoosterfees 2024-04-25

"Die oproep (op-die-planke-roep) van my voorouers het my ’n geleentheid gebied om oor tyd en plek heen versoening in my familie en my psige te bewerk."

Pasverskyn: Nuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902–1910 deur Karel Schoeman

LitNet Boeke en skrywers 2024-04-25

Nuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902-1910 is die sesde en die laaste van die reeks Imperiale somer. Hierdie deel word gewy aan die twee kleinste Britse kolonies in Suid-Afrika gedurende die jare ná die Anglo-Boereoorlog, die Oranjerivierkolonie (Vrystaat) en Natal, en meer spesifiek aan Bloemfontein, Harrismith, Pietermaritzburg en Durban. Aandag word ook geskenk aan die swart gemeenskap in Bloemfontein en op die Vrystaatse platteland, die kwessie van deelboerdery wat toenemende weerstand by wit boere uitgelok het, en die interne spanning in Natal wat ook tot die Bhambatha-opstand van 1906 gelei het.

Luisterverhale: "Die Rachelsporsie" deur Riana Scheepers, voorgelees deur Rolanda Marais

Riana Scheepers, Rolanda Marais Luisterverhale 2024-04-24

Rolanda Marais lees Riana Scheepers se verhaal "Die Rachelsporsie" voor. Die verhaal het oorspronklik in Dulle Griet, in 1991 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.

Persverklaring: Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns

LitNet Feeste 2024-04-24

Die ATKV-Kuns-en-boeke-oase by Innibos is vanjaar opnuut die toevlugsoord vir lesers en liefhebbers van die skone kunste ná ’n afwesigheid verlede jaar. Eweneens word die ATKV-Boeke-crawl ook weer op Kaapsehoop gehou, en dit is sommer swaargewigte in die skrywers- en musiekwêreld wat daaraan deelneem.

Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2024-04-23

"In hierdie bundel is daar sterk aanduidings van [Cas Vos se] besondere mensekennis. In Wisselende stemminge word die mens se lewensomstandighede uitgebeeld. Donker tye en belewenisse word afgewissel met verwysings na menslike verhoudinge. Die liefde is hierin sentraal."

Die lewe is ’n plek deur Estelle Brits: ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2024-04-23

"Daar is meer verhale wat jy met ’n knop op die maag lees en die einde wil uitstel, maar jy kan nie. Die lewe gebeur en die lewe is ’n plek. Die liefde in verskeie vorme is inderdaad deel van die lewe en die bundel sluit dit ook in."

World book day: Four young-adult (YA) authors chat about their work

Izak de Vries, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Hannes Barnard, Fanie Viljoen Books and writers 2024-04-23

"I was asked to speak about young-adult fiction (YAF). It is a topic I am passionate about, and I love reading YAF, but I am really old. That was one of the reasons I asked four YA authors to share their views on their own writing with the girls. The authors agreed to share their insights with the rest of the country on World Book Day."

Wat beteken Wêreldboekedag vir boekemense?

Naomi Meyer, Cliffordene Norton, Sidney Gilroy, Jaco Jacobs, De Wet Hugo, Rudie van Rensburg Boeke en skrywers 2024-04-23

Dis Wêreldboekedag op 23 April. ’n Paar skrywers vertel wat dit vir hulle beteken.

Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter!

Naomi Meyer, Miemie du Plessis, Nadine Petrick, Nicol Stassen, Simone Hough Kinderboeke 2024-04-23

Wil jy Niki Daley se Jamela of Jaco Jacobs se zombie uit Oupa Zombie wees – of dalk ’n Storiemuis uit die luisterboeke? Wat van Liewe Heksie? Die Babalela? Of Asterix? Elke jaar tydens Wêreldboekedag sien mens bekende karakters uit Engelstalige kinderboeke hul opwagting by skole maak, wanneer laerskoolkinders uitgenooi word om die dag te vier en soos ’n gunstelingkinderboekkarakter aan te trek. Waar is ons Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse kinderboekkarakters om saam te speel?

Persverklaring: Wêreldboekedag – maak van lees ’n fees

LitNet ATKV-Portaal 2024-04-23

“Die VVA (Vriende vir Afrikaans) het verskeie projekte om ’n leeskultuur te skep met die oog daarop om kinders in woordryke omgewings te laat grootword,” vertel Chareldine van der Merwe aan Zerelda Esterhuizen.

CJ Langenhoven (1873–1932)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-04-23

“Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie.”

Tinnitus: my near north (on The near north by Ivan Vladislavic)

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2024-04-19

"The near north is a book of memory, about life and death, joy and sadness, spatial geography and the thinking and not thinking behind human settlements."

Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-04-19

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.

Pasverskyn: Sanri Steyn – omnibus 3 deur Theresa van Baalen

LitNet Boeke en skrywers 2024-04-18

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Luisterverhale: "fascistiese pampoen" deur Breyten Breytenbach, voorgelees deur Marcel van Heerden

Breyten Breytenbach, Marcel van Heerden Luisterverhale 2024-04-18

Marcel van Heerden lees Breyten Breytenbach se verhaal "fascistiese pampoen" voor. Die verhaal het oorspronklik in Katastrofes, in 1964 deur Human & Rousseau uitgegee, verskyn.

Top