Uitnodiging: Boekbekendstelling van Breekpunt deur Marie Lotz – Oude Leeskamer, 28 Augustus 2024

  • 0

Sluit aan by Jonathan Amid en Marie Lotz in Jannie se Leeskamer vir die boekbekendstelling van Breekpunt. Kom deel in die ondersoek na wat dit verg om meesleurende en spannende speurtogte te skep wanneer Jonathan die spanningsfiksieskrywer en vryskuttaalpraktisyn onder die soeklig plaas. Marie Lotz is bekend vir haar spanningsromans Roofdier, Polsslag en Maalkolk. Breekpunt is die eerste van haar romans wat by Penguin Random House verskyn.

Taal: Afrikaans

Woensdag 28 Augustus vanaf 17:30/18:00 tot 19:30 in Jannie se Leeskamer.

E-pos vir Délani by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top