
Vroeër vanjaar het ’n Afrikaanse publikasie, Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika, uit die pen van die skrywer Daniël Lötter verskyn. Resensente van hierdie boek maak melding van talle, uiteenlopende koninklikes van regoor die wêreld wat hier in ons land ’n draai gemaak het, berug of geliefd, elkeen met ’n interessante, soms komiese, storie om te vertel, want helaas, koninklikes is ook net mense. Lötter word geprys vir ’n omvattende en behoorlik nagevorste boek wat talle gegewens en feite op ’n gemaklike verteltrant weergee en wat boei en vermaak. Die FAK se Kaapse kantoor het die skrywer genader om self oor sy boek en navorsing daarvoor te kom gesels. Die FAK nooi graag FAK-vriende en belangstellendes uit na ’n aanbieding deur die skrywer van hierdie boek, Daniël Lötter. FAK Kaap-kantoor, Monte Vista
Woensdag, 4 September
18:00
R40 per persoon
Skryf in by https://forms.gle/o8F556zaxiiW63oE6 teen 30 Augustus vir logistieke doeleindes.

