Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Intimiteit op Afrikaanse TV skuif grense
2024-11-04"Intieme tonele en sekstonele is slegs toneelspel, maar dit is die hele produksiespan se werk om dit eg te vertoon. Die onus om dit so gemaklik moontlik te maak vir die hele span rus op die skouers van die intimiteitskoördineerder."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met René Schoombee
2024-11-04"Ek is die trotsste op hoe ons Durbanville Biblioteek getransformeer het in ’n sosiale kern wat mense van alle ouderdomme en agtergronde bymekaarbring. Om te sien hoe die biblioteek gegroei het van ’n plek waar boeke uitgeneem word na ’n plek waar werklik ’n verskil in die gemeenskap gemaak word." Hierdie onderhoud met René Schoombee is die tiende aflewering oor ons biblioteke.
Elders gesien: Kinderboeke deur kunsmatige intelligensie geskep?
2024-11-04"Gebruik KI vir pret, maar koop vir jou kinders boeke wat deur regte, egte skrywers geskryf en deur regte, egte illustreerders geïllustreer is. Hulle is immers regte, egte lesers wat regte, egte boeke verdien."
"Hoekom maak skrywers soms hulle stories so ingewikkeld?"
2024-11-01"Juis hierom is daar ook 'moeilike letterkunde' nou noodsaaklik. Om ons te dwing om weer te dink, om onhaastig te oordeel, om versigtiger te wees in ons oordeel en besluite."
Persverklaring: LAPA-Jeugromankompetisie 2025
2024-11-01LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om al daai wonderlike stories wat die wêreld vol lê, op te raap, neer te skryf en met ons en ons lesers te deel. Jy het meer as ’n jaar tyd om seker te maak jy kom in aanmerking vir een van die fantastiese pryse ter waarde van R60 000. Inskrywings sluit 30 November 2025.
Press release: Winners of the 2024 Sunday Times Literary Awards announced
2024-11-01The winners of the annual Sunday Times Literary Awards were announced last night in Johannesburg, where author Johnny Steinberg was the recipient of the Sunday Times Non-Fiction Award for his work, Winnie and Nelson: Portrait of a marriage (Jonathan Ball Publishers). Andrew Brown received the Sunday Times Fiction Award for The bitterness of olives (Karavan Press).
Madibaland @ Bookbedonnerd Literary Festival 2024: an interview with Darryl David
2024-10-31"Book Town Richmond is like the Cheers bar in Boston. It's a place where everybody knows your name."
A personal letter about Madibaland @ Bookbedonnerd Literary Festival 2024: Kia ora, Karoosters
2024-10-31"By visiting New Zealand, I realised that despite all the challenges we face in South Africa, Book Town Richmond is a shining light among Book Towns of the world. And I feel ashamed that I even contemplated closing the book on possibly the greatest fairytale in the history of book culture in South Africa."
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander – Kaapstad, 16 November
2024-10-31Die Bergengel gaan op reis. Kom vier die einde van die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n oggend van stories, musiek en Gabriëllië-geïnspireerde eetgoed. Carina gaan met Jonathan Amid in gesprek wees en al vier boeke in die reeks en ’n aantal inksketse wat op die boeke gebaseer is, sal te koop wees.
Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange
2024-10-31"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."
Persverklaring: Digtersweek 2024 – kom leer by die meesters om te dig
2024-10-31Digtersweek 2024 bevat ’n paneel bekroonde digters en bied vir elke voornemende en ontluikende digter die ideale geleentheid om hul vaardighede te slyp en hul kennis uit te bou. Die paneel bestaan uit bekroonde digters soos Johan Myburg, Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais.
Het van Verlangekraal: ’n onderhoud met Leon van Nierop
2024-10-30"Met elke reïnkarnasie het ek net meer respek vir Het gekry en wou ek haar verhaal volledig vertel en reg aan haar as volledige, geskakeerde mens laat geskied. Sy was in die oorspronklike roman grootliks net ’n 'probleemkind'. In my verwerking hoop ek dat mense haar beter sal verstaan en haar selfs as ’n onwaarskynlike heldin, selfs ’n soort rolmodel, sal sien om te wys niks is onmoontlik as jou hart op die regte plek sit nie. Maar hulle moes haar tragedie verstaan."
Pasverskyn: Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout
2024-10-30Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.
The end of Eden: Wild nature in the age of climate breakdown by Adam Welz: a book review
2024-10-30"Welz is a zoologist, a biologist, a nature conservationist, but perhaps most tellingly – by his own admission – an old-fashioned naturalist. His stories are woven with a sense of wonder for the world he loves, something that sets him apart from other scientists in his field."
Eerste slukkie: Het van Verlangekraal deur Leon van Nierop
2024-10-30"Hoe dikwels het sy nie onder die sterrehemel gestaan en haar vergaap aan al die sterre nie. ’n Paar keer het sy ’n ster sien verskiet, dan wens sy sy kan daardie ster wees wat met so ’n blink stert agterna die ewigheid inskiet. Sy het ook al vliegtuie dopgehou wat na verre stede reis. As sy maar net eendag op een van hulle kan wees."
Marlene le Roux (1934–)
2024-10-30"Ek pas ook dissipline toe in die skryfproses. Wanneer dit tyd is om voor die rekenaar te gaan sit, doen ek dit en ek staan nie weer op voordat ek iets uitgerig het nie. Soms is die vrug op die inset gering, want skryf is nie altyd maklik nie." Lees meer oor Marlene le Roux se lewe en werk in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Koos Kombuis gesels oor verlange en verval
2024-10-30In hierdie video gesels Koos Kombuis oor twee boeke wat hom laat kopkrap het. Ian Voges se Beelde en verval neem ons terug na die dae van Eschel Rhoodie. Daar is heelwat partytjies en los meisies by betrokke. Die tweede is PJO Jonker se blitsverkoper, Die onsigbare.
Persverklaring: Uitnodiging om Kersgeskenke aan kinders in die Oos-Kaap te skenk
2024-10-30Aangesien hierdie leerders uit geïsoleerde omgewings kom met beperkte toegang tot die kunste, bring die Jakes Gerwel Stigting, in samewerking met die Suidoosterfees, ook kinderopvoerings na die skole en bied vakansieprogramme aan met woordspeletjies, kospakkies, gesigverf en meer.
Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin
2024-10-29"Daar is heelwat gedigte in Soekenjin wat ek nog moet ontrafel, maar oor die algemeen is die gedigte heel toeganklik vir ’n nie-letterkundige soos die uwe. Gedigte oor die lus, liefde, lewe en die soektog van die moderne mens met sy internet, WhatsApp, Google, Tinder en ander dinge waarvan ’n Baby Boomer soos ek nie eers weet nie."
Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024)
2024-10-29Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.
