Uitnodiging: Kom kuier en fliek saam met Katinka Heyns op 15 Februarie by die FAK Kaap-kantoor

  • 0

Die bekende Afrikaanse skrywer Dalene Matthee is vanjaar 20 jaar gelede, op 20 Februarie 2005, oorlede. Haar skrywersloopbaan het 13 boeke opgelewer waarvan die bekendstes, haar vier bosboeke oor die Knysnabosse was, Kringe in ’n bosFiela se kindMoerbeibos en Toorbos.

Vir meer as 20 jaar was Kringe in ’n bos en Fiela se kind as voorgeskrewe boeke op skool gelees. In 1988 word die rolprent, Fiela se kind, uitgereik met die bekende aktrise en regisseur Katinka Heyns as die rolprentvervaardiger.

Die FAK onthou Dalene Matthee en huldig haar groot Afrikaanse literêre nalatenskap en nooi ons FAK-lede, vriende en belangstellendes uit na ’n praatjie deur Katinka Heyns, gevolg deur die buitelugvertoning van hierdie film. Kom luister hoe sy vertel van haar ontmoetings met Dalene Matthee en die maak van Fiela se kind die rolprent.

Wanneer: Saterdagaand 15 Februarie
Tyd: 17:30
Waar: FAK Kaap-kantoor, Monte Vista, Plattekloofstraat 117C
Koste: R80 per persoon
Bring saam: ’n Buitelugkampstoel

Skryf in  teen 11 Februarie by die volgende skakel om jou plek te verseker: https://forms.gle/KfDUwTeQjY2CynoE6

Besoek en volg gerus ons FAK Kultuurnetwerke: Suid FB-blad by: https://www.facebook.com/profile.php?id=61558453944220

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top