Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2024-10-17

"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."

UJ-prys 2024: SJ Naudé se toespraak by die bekroning van Van vaders en vlugtelinge

SJ Naudé Boeke en skrywers 2024-10-16

Die 2024 UJ-prys is op 20 September toegeken aan SJ Naudé vir sy roman Van vaders en vlugtelinge. Lees die skrywer se aanvaardingstoespraak tydens die seremonie hier.

UJ-prys 2024: Commendatio vir SJ Naudé se Van vaders en vlugtelinge

Janien Linde Boeke en skrywers 2024-10-16

Die 2024 UJ-prys is op 20 September aan SJ Naudé toegeken vir sy roman Van vaders en vlugtelinge. Lees Janien Linde se commendatio wat tydens die geleentheid gelewer is.

Goue lint, my storie begint: Die impak van tegnologie op kinders en boeke

Anke Theron Kinderboeke 2024-10-16

"Hierdie rubriek vel geen oordeel oor hoe jy verkies om jou leesstof te lees nie. Of hoe jy kies jou kind moet lees nie. Waarvan ouers, onderwysers en almal wat by kinders betrokke is, bewus moet wees, is hoe die gebruik van tegnologie hulle ontwikkeling kan beïnvloed."

Your ultimate personal finance guide by Johan Gouws: a review

Barend van der Merwe Books and writers 2024-10-15

"In Your ultimate personal finance guide, the key, as in much else in life, seems to be self-exploration and self-knowledge. Defining your own ideals, vision and boundaries, identifying strengths and addressing weaknesses can set one on a path of success. Having a plan, even if it is not a good plan, is always preferable to having no plan, particularly when it comes to personal finances."

Die Meerkat-reeks deur Mart Meij en Beatrix de Villiers: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2024-10-15

"Die altesaam 13 stories vir graad 1, 15 stories vir graad 2, en 19 stories of feitestukke vir graad 3 behels leesstukke wat fabels, grappies, feitestukke, advertensies en voorbeelde van aanlyn  en/of elektroniese kommunikasie insluit. Praat- en leesaktiwiteite en speletjies tussendeur maak dit makliker vir leerders om leesbegrip in te oefen en dra daartoe by dat nuwe taalvaardighede aangeleer word."

Pasverskyn: "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-15

Hierdie boek is voorwaar jou eenstopgids vir alles oor toesprake. "Dames en here" is die boek wat jou oa gaan help met redenaars, debatte, toesprake soos bedankings-, motiveringstoesprake ens, onderwerpontleding, wenke om toesprake te skryf en aan te bied, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies, en nog vele meer. Streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika gee ook wenke vir onderwysers oor hoe om ’n debat- of redenaarskompetisie te reël

Press release: SALA announces the 2024 shortlisted nominees

LitNet Books and writers 2024-10-15

The 19th South African Literary Awards will celebrate a literary milestone when more than 30 authors are honoured for their contributions to South African literature at a gala dinner at the Ditsong National Museum of Cultural History in Tshwane on 7 November 2024.

Heil die Leser! Die huwelik tussen woord en beeld: vier ekfrastiese bundels

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2024-10-14

"Die afgelope paar maande het daar ’n stewige oes digbundels met ’n ekfrastiese inslag verskyn ... Vereenvoudigd dui ekfrasis op die digterlike gesprekvoering tussen die beeldende kuns en poësie. Digters skryf beeldgedigte na aanleiding van skilderye, foto’s, beeldhouwerke en ander visuele media." Nini Bennett-Moll bespreek Stil gesprek, Vlindervreter, Digby en Gekaapste stad.

PenAfrican: Place by Justin Fox and places of the heart

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2024-10-14

"Sitting at the fireplace of Victorian Manor Hotel on one of those rather bitterly cold Karoo nights, I flattered my imagination with the idea that Schreiner once sat before the same fire or on the stoep of the hotel, where, according to Fox, the farmers used to come for gossip and a sip of brandy; this made things come alive in a special way for me."

Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Cliffordene Norton Resensies 2024-10-14

"Wat ek waardeer het, was hoe outentiek die dinamika van die vriendskap tussen Tobi, Dean en Rowan voel. Dit is werklik hoe tieners optree, en ek dink jonger lesers sal maklik met Tobi se avontuurlustige, impulsiewe aard kan vereenselwig. Dit is ’n prettige, ligte leeservaring wat baie aanhangers onder die jeug sal vind."

Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo: ’n gesamentlike resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-10-14

"Tien van die agtien hoofstukke van Die maniese muskietmoles is slothoofstukke. Daar is met ander woorde tien eindes – weliswaar nie almal positief nie, maar wel bevredigend. Sommige van hierdie eindes, hoewel nie oop nie, laat ook steeds ruimte vir interpretasie. Benru se boomskok eindig oop en al wat ek daaruit kan aflei, is dat die verhaal nog nie klaar is nie en daar ’n opvolgtitel sal wees."

Uitnodiging: Boektoer van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander | Pretoria-bekendstelling, 24 Oktober

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-11

Kom vier die einde van Die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n aand van stories, musiek, Gabriëllië-geïnspireerde kos en wyn. Kom in feesklere, soos ’n karakter uit Die Bergengel-boekreeks. Dit vind plaas by Kleinkaap Boutique Hotel in Centurion, Pretoria, op 24 Oktober om 18:00 vir 18:30.

Boekbekendstellings: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander – Die Bergengel gaan op reis

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-11

Die Waterplek: Gabriëllië is die vierde en laaste boek in Carina Stander se Bergengel-reeks. Die skrywer neem die boek op reis, en neem ook afskeid van die reeks – boekbekendstellings vind plaas in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Swellendam, Knysna en Nature’s Valley.

Invitation: Book launch – What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange on 17 October in Somerset-West

LitNet Books and writers 2024-10-11

You are invited to the book launch of What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange. Adriaan Basson will be in conversation with Zelda la Grange on Thursday, 17 October 2024 at 18:00 for 18:30 at Exclusive Books (Somerset Mall) in Somerset-West.

Nuut by Human & Rousseau: Kinkels en keuses 3: Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo, illustrasies deur Stephen Wallace

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10

WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in ’n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle die Drie Muskiete! En hulle moet ’n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.

Nuut by Tafelberg: Ben breek weg deur Christien Neser

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit weer “normaal” sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy weer sy ouers sal sien nie, en die graad 7-jaar waarna hy en Alvin so uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding. Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. ’n Diepsinnige, dog ligte grootwordstorie.        
 

Dié brakkie het nog baie blaf

Crito (Kerneels Breytenbach) Boekrubrieke 2024-10-10

"Helaas is daar onder Afrikaanse boekresensies besonder goeie voorbeelde van bad writing."

Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-10

Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.

Maritha Snyman (1952–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-10

"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."

Top