Mia Oosthuizen, in samewerking met Anne-Ghrett Erasmus-Coetzee, bied hul derde kinder- en jeugliteratuurskryfskool aan. Hierdie omvattende kursus duur 12 maande en bied aan skrywers die unieke geleentheid om aan die hand van gespesialiseerde hulp jou storie-idee te ontwikkel tot ’n afgeronde manuskrip, reg vir voorlegging aan ’n uitgewershuis.
Teen net R2500 per maand kan jy jou skryfdrome vlerke gee en jou naam op boekrakke sien.
Die kursus begin Saterdag 25 Januarie 2025. Die kostes sluit in:
- Kursusmateriaal
- Een kontaksessie per maand op ’n Saterdag by die Ampie Teater (Murraystraat 11) op Wellington
- Koffie, tee en middagete word bedien
- Persoonlike en deurlopende terugvoer op skryfwerk
- Gassprekers soos van toepassing.
Naas die skryfoefeninge en kreatiwiteitsoefeninge wat skrywers elke maand tydens die kontaksessie voltooi, moet jy ook gedurende die maand ’n meer omvattende skryfopdrag voltooi. Mia Oosthuizen gee aan elke skrywer terugvoer aan die hand van ’n leesverslag, spoorveranderinge en notas.
Kyk net na die sukses van die kursus se alumni:
- Troula Goosen kom tweede in LitNet se Wetenskapfiksiekompetisie (2024).
- Troula se manuskrip wat sy tydens die skryfskool begin het, is aanvaar vir publikasie by ’n uitgewershuis en verskyn in 2026.
- Madelein Venter kom derde in LitNet se Wetenskapfiksie kompetisie (2024).
- Elsibe McGuffog publiseer in 2023 Katja se kattesalon, en het ’n aantal manuskripte reg vir publikasie na die skryfskool.
- Dineke Volschenk ontvang welverdiende erkenning by die uitgewers en beoordelaars na die LAPA Jeugromankompetisie.
- Pieter van Zyl gaan van krag tot krag met sy joernalistieke werk. Sy jeugboek, Harte van ’n seekat, is Maart op die rakke.
- Jeaneldé Mouton is ’n naam wat jy moet dophou! Sy verwag binnekort terugvoer op haar manuskrip wat sy voorgelê het aan ’n uitgewershuis.
Daar is plek vir 10 kursusgangers, so moenie wag nie.
Stuur iets wat jy geskryf het saam met ’n motivering oor hoekom jy die skryfkursus wil bywoon, voor of op 21 Januarie 2025 na Mia Oosthuizen (miaoosthuizen@gmail.com) of Anne-Ghrett Erasmus-Coetzee (galery@breytenbachsentrum.co.za).
Lees ook:
Die kinder- en jeugliteratuurskryfskool in Wellington: Pieter van Zyl vertel hoe sy boek gebore is
Elsibe Loubser McGuffog gesels met Naomi Meyer oor Katja se kattesalon.
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2025: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Troula Goosen se terugvoer