Die kinder- en jeugliteratuurskryfskool in Wellington: Pieter van Zyl vertel hoe sy boek gebore is

“My ma, Nellie Winifred de Villiers van Zyl, is die rede hoekom ek so graag kinder- en jeugboeke wil skryf. … Met die vergeetagtigheid wat vir haar al meer ontstellend geraak het, het ek geweet ons tyd is min om ons projek te voltooi. Dis hoekom ek ingeskryf het vir die kinderboekskryfkursus om te slyp aan die manuskrip.”