Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Wanneer jy deur God verlaat voel ... Toevlug deur Louise Viljoen: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-01-03

"Daar is baie wat in hierdie boek se guns tel: goeie taalgebruik, lekker vars idees en lekkerlees-sinne. Die skrywer is nie verniet ’n joernalis en resensent nie. Sy kan met woorde toor."

Lou-Marié Kruger in conversation with Azille Coetzee about Desire at the end of the white line

Lou-Marié Kruger, Azille Coetzee Books and writers 2025-01-03

"My decision to render my own body, sexual desires and erotic imagination present in this text is an attempt at making the personal and the sexual legible as political and theoretical in the thinking that I am doing."

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2025-01-02

"Maar hoekom 40 jaar in ’n gewelddadige huwelik bly?"

Waar die doringbome sing deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2024-12-23

"Trilogieë, of dit nou in die vorm van boeke of films is, eindig nie altyd goed nie. In die geval van Parker se Laeveld-reeks sal enige mens wat die eerste boek geniet het, waarskynlik by die hele reeks aanklank vind."

Fresh off the press: The Traveller: Crossing borders and connecting Africa by Thebe Ikalafeng

LitNet Books and writers 2024-12-18
Thebe Ikalafeng is a branding icon who set the agenda for the industry at the dawn of our democracy and continues to pioneer it to this day. As the founder of Brand Africa, the African continent is now a major focus in his life's mission. He is The Traveller, having touched soil on every African country. From Kimberley to the world, his mission is impact.
 

Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Hein Willemse Resensies 2024-12-18

"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."

Op Breyten Breytenbach se nalatenskap in Oxford

Luan Staphorst Menings 2024-12-18

"Wat die registeroptekenaars nie blyk te begryp het nie, is dat dit in Yolande se eie skrif is – dat ons hier, deur hierdie inskrywing, beide Breyten en sy beminde se handskrifte in Oxford sien verewig is."

Map cards for Africa by Ilze Brüggemann: a review

Ilse Verster Books and writers 2024-12-18

"Map cards for Africa is basically built on three narrative levels: firstly, the story of Ilze Brüggemann’s reconstruction of a postcard collection, which belonged to her grandmother with the same name; secondly, the clarification of terminology regarding postcards, stamps and maps; and thirdly, a lesson in history and geography, mostly in the South African context."

Net ’n bietjie stilte

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-12-17

Koos Kombuis smag na stilte. Tussen die blaaie van ’n boek kán ’n mens rus kry, vandaar sy aanbevelings.

Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-12-17

"Menige kinderboek bestaan uit ’n storie in woorde en ’n storie in prente. Albei is belangrik. Prente in kinderboeke is nie bloot mooi tekeninge nie. ’n Goeie kinderboekillustreerder dra aktief by tot die verhaal deur tekeninge weer te gee wat meer doen as bloot die storie hervertel."

Onsigbares en gelukkige eindes: ’n gesprek tussen PJO Jonker en Hennie Aucamp

Albert de Vos Lesersindrukke 2024-12-17

"Met die lees van die volgende twee uiteenlopende verhale het ek nie ’n gevoel van prekerigheid ondervind nie, maar aansporing tot selfondersoek was daar beslis."

Donkerster deur Annerle Barnard: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-12-17

"Annerle Barnard kán skryf. Dis nie altemit nie en met hierdie heerlike spanningsverhaal sal sy waarskynlik nóg lesers wen."

Persverklaring: Stories ingewag vir 10de Woordfeeskortverhaalkompetisie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-12-17

Skryf nou in vir die Stellenbosch Woordfees 2025 se kortverhaalkompetisie – jy wen dalk R30 000. Hierdie bundel het ’n literêre instelling geword en "dien as ’n soort jaarboek waarmee Afrikaanse skrywers iets van die spesifieke tydsgees weerspieël met elke oes kortverhale," sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees.

Persverklaring: Annelie Botes se wêreld van woorde was ’n amulet teen seerkry

LitNet Boeke en skrywers 2024-12-13

Annelie se koerantrubrieke was tot op die laaste pitkos vir lesers. Dít was die skryfwerk wat haar onverdunde genot verskaf het: om van die alledaagse kom en gaan, lag en huil, ’n storie te maak. Tot op die laaste dae van haar aardse reis het sy hierdie gedagtes met haar lesers gedeel.

Kinderboeke vir die Kerskous

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-12-13

"Die mooiste en lekkerste vakansies hoef nie net te gaan oor wat geëet is, speletjies, uitstappies, wat daai onmoontlike nefies weer dié jaar aangevang het of die familie van oorsee se gawe geskenke nie. Stories en vakansieboeke kan ook deel wees van baie spesiale vakansieherinneringe."

Huldeblyk: Annelie Botes

Melt Myburgh In memoriam 2024-12-13

"Sy het generasies lesers aan die lees gehou, en generasies mense laat lag, laat huil en soms laat stik. Maar altyd met onvoorwaardelike liefde vir almal met wie sy te doen gekry het."

Elders gesien: Annelie Botes het stories en mense geken

Sidney Gilroy Elders gesien 2024-12-13

"In 2014 het jy my onder jou vlerk geneem en aangebied om met my skryfwerk te 'interfereer'."

Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Chareldine van der Merwe Kinderboeke 2024-12-13

"Dit is vir my nogal lekker om oor hierdie storie en tema te gesels, want ek dink almal kan hierby aanklank vind en het hul eie storie oor muise, en meer spesifiek die tandmuis. ... En dan bly dit natuurlik ’n bonus as dit ’n lekker storie is wat kinders kan geniet en binne hul verwysingsraakwerk is."

Ditch mediocrity deur Heléne Smuts, ’n resensie

Annette Havenga Resensies 2024-12-13

"Ditch mediocrity is propvol wenke en die skrywer bied waardevolle lesse vir entrepreneurs, leiers en spanlede in alle stadiums van hul reise aan. Sy praat oor imposter syndrome en verduidelik dat dit meer algemeen is as wat ons besef."

One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie

Elsibe Loubser McGuffog Resensies 2024-12-13

"Hierdie boek is saamgestel deur Louisa Holst (wat bekend is vir haar Air fryer-kookboek), en die geregte is gepas vir familie-etes. Die eenvoud van die resepte sal baie mense aanstaan. Van die disse lyk vir my te vanselfsprekend, maar vir ’n onervare kok sal dit nuttig te pas kom."

Top