Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Persverklaring: Breyten Breytenbach se lewe en werk op 23 Februarie 2025 by die Breytenbach Sentrum in Wellington gevier
2025-02-10Die Sentrum kan op Sondag 23 Februarie 2025 vanaf 14:00 besoek word. Gaste kan ’n besonderse #altydbreyten-uitstalling in die galerye besigtig, en ook die boekwinkel en digterstuin besoek. Die amptelike program vind van 18:00 tot 20:00 plaas.
Die katartiese metode deur Jaco Fouché: ’n resensie
2025-02-07"Tronelle van Huysen, die hoofkarakter in Die katartiese metode, word op 30 met skisofrenie gediagnoseer. Ná ontstellende gebeure word sy uit haar gesinslewe, werk, familie- en vriendekring geruk. ... Fouché skryf dikwels oor soortgelyke karakters, randfigure, ’n faktor wat sy werk onneersitbaar maak. Niemand wil tog oor vaal karakters lees nie."
Press release: Announcement of the winner of the Philida Literary Award in 2025
2025-02-06Today, on the tenth anniversary of André Brink’s death (6 February) we pay tribute to his life and work and announce that the Philida Literary Award, established in his memory in 2020, goes to Hedley Twidle and is awarded to him for an oeuvre of literary excellence.
Press release: Open Book Festival and Book Lounge present Youth Fest 2025
2025-02-06Open Book Festival announces its third annual Youth Festival, building on the momentum of previous years to create an even more dynamic celebration of youth literature and creativity. Youth Fest 2025 will run from 19 to 26 March 2025 and promises to bring together established and emerging voices in children’s and young adult literature, fostering a love of reading and writing among young people across Cape Town.
Nuut by Lux Verbi: Bybelblokraaie deur Heidri Mittendorf
2025-02-06Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
New from Tafelberg: Our long walk to economic freedom by Johan Fourie
2025-02-06How did Einstein help create Eskom? Why can an Indonesian volcano explain the Great Trek? What do King Zwelithini and Charlemagne have in common? These are some of the questions Johan Fourie explores in this entertaining, accessible economic history spanning everything from the human migration out of Africa 100 000 years ago to the Covid-19 pandemic
Nuut by Tafelberg: Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan de Wet Boer
2025-02-06Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek. Want niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die houe van die lewe so goed soos ’n naby vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.
Nuut by Tafelberg: Landuit, want jy wil mos deur Zirk van den Berg
2025-02-06Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ’n huis vol Kapenaars om Kiwi’s te word. Hy vind homself werkloos, in ’n piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn te min en sy vrou snik snags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ’n betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou.
Persverklaring: Louwhuis en ATKV Digskool 2025
2025-02-05Die Louwhuis en Museum Sutherland bied weer die jaarlikse ATKV Digskool op 28 tot 30 Maart 2025 in die nuut gerestoureerde Louwhuis aan. Soos met die vorige digskole beloof dit om weer ’n besondere Roggeveldse ervaring te wees. Bernard Odendaal en Heilna du Plooy gaan die gespreksleiers wees. Elke kursusganger moet vooraf twee gedigte indien wat deur die aanbieders deurgewerk word vir kommentaar.
Elders gesien: Engelvere en ’n boek vol magiese realisme
2025-02-05"En toe binge-watch ons in die Feesdae die Netflix-reeks en ek weet nóú gaan ek dit weer lees."
Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: De Wet Hugo lees voor uit Die doodgewone bure
2025-02-05De Wet Hugo is as die wenner van NB-Uitgewers se kinderboekkompetisie van 2023 bekroon. Hier lees hy voor uit sy wenboek: Die doodgewone bure.
Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Chareldine van der Merwe lees voor uit Huisies vir muisies
2025-02-05Chareldine van der Merwe lees voor op Wêreldhardopleesdag! Die volgende boek in hierdie reeks is ook binnekort op die rakke.
Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Jaco Jacobs lees voor uit Dit is nie ’n boek nie
2025-02-05Jaco Jacobs lees voor op Wêreldhardopleesdag! Hier is ’n voorlesing vir al die kinders en vir almal jonk van gees.
Die tantes van Atlantis deur Philip de Vos: ’n lesersindruk
2025-02-04"Oumense soos ek is beslis nie te oud om ook die spel tussen woord en beeld te geniet nie. Dalk help dit ons om weer in voeling te kom met die magiese ontdekking van boeke soos toe ons jonger was?"
Kortliks met Stefaans: 4 Februarie 2025
2025-02-04"Als wat ek sê, klink soos ’n komplot, maar juis! Samesweringsteorieë maak goeie stories."
PenAfrican: Eurotrash by Christian Kracht – a book review
2025-02-04"Eurotrash, by the Swiss-German author Christian Kracht, is a novel of ideas and what the Germans call Vergangenheitsbewältigung (coming to terms with the past). It is about the grinding burden of having been born into tainted privilege, and the engulfing guilt that comes with that self-realisation."
Elders gesien: Dit was ’n voorreg om Joha se werk uit te gee
2025-02-03"Met hierdie proefskrif het sy gehoop om toekomstige navorsing en die bewaring van Namakwaland se mondelinge tradisie aan te moedig."
Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n lesersindruk
2025-02-03"Ek voel my weer genoop om kampvegter vir kortkuns te bly."
Elders gesien: Joha se afsterwe is ’n reuseverlies vir Afrikaans
2025-02-03"Ons onthou haar veral vir haar ongelooflike talent en inspirasie."
Elders gesien: Dit moet ’n ander Joha wees
2025-02-03"Ek het geweier om dit te glo. Dit kan nie waar wees nie. Dit moet ’n ander Joha wees. ’n Cruel grap."
