Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Lesersindruk: Uit genade, bo verdienste deur Gert Opperman
2025-03-10"Opperman sou daarna altyd geassosieer word met die suksesvolle operasionele aanwending van perde; en gesien word as beskermheer van die berede funksie van die weermag."
Persverklaring: Die PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun nog vyf vertalings van Afrikaanse werke
2025-03-10PEN Afrikaans maak graag bekend dat, na afloop van die aansoeke wat in November 2024 ontvang is, die PEN Afrikaans Vertaalfonds vyf vertalings van Afrikaanse werke ondersteun (onderskeidelik in Nederlands, Frans, Bulgaars, Spaans en Albanees).
I live in the slums by Can Xue: a reader’s impression
2025-03-10"Can Xue’s writing operates on the logic of dreams, and as such, the experience of reading I live in the slums is one of continuous disorientation."
Pharos se grondslagfasewoordeboeke: ’n onderhoud met Annemie Stoman en Delana Fourie
2025-03-07"Enigiemand wat nuuskierig en leergierig is oor taal, kan delf in die enorme woordeskatkis wat Pharos se produkte bied, hetsy ten opsigte van Afrikaans of ten opsigte van die ander tien geskrewe landstale."
Hoekom is Afrikanermense so bang vir ... dít?
2025-03-07"Blykbaar is pienk kleintoontjies ’n sigbare teken van ’n goeie sessie lakenvastrap. Dit mag dalk net jou uitsig op die lewe ook rooskleurig laat."
Press release: Amazwi Literature Heritage Ecology Conference programme
2025-03-06The programme for Amazwi’s 2025 Literature Heritage Ecology Conference has arrived. There is a great range of papers from a wide range of disciplines.
Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers
2025-03-06Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.
In watter saal word gepraat? Hoe ver trek die klank?
2025-03-05"’n Mens kan nie regtig vir die Noorde skryf nie. Jy kan of behoort net te skryf wat jy noodsaaklik vind om te skryf, op die manier wat dit eis om geskryf te word, terwyl die onderbewuste dikteer."
Omvormie norm: Standaardafrikaans als voertaal
2025-03-05"’n Standaardvariëteit issie net ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel, soes wat ons deesdae aanvaar, nie. As dit die case was, sou Langenhoven nie in sy pleidooi virrie standaardisering van Afrikaans die taal as ’n witmanstaal beskryf het nie."
Afrikaans se talle tonge
2025-03-05"Soos Small, glo ek dat Afrikaans aan almal behoort wat die taal praat, ongeag dialek of tongval. Die onskuld van Namakwa-Afrikaans, die eerlikheid van Griekwa-Afrikaans, die humor van Kaapse Afrikaans, tesame met sy ontronde Bolandse Afrikaans met sy Bolandse bry, is almal boustene van ’n taal wat ons ons eie noem, juis omdat dit ons saambind en nasiebou bevorder."
Resensent of smaakmaker – edelmetaal of klatergoud?
2025-03-05"Die woord kritiek verwys na die vermoë om te analiseer, ’n geldige, eie opinie te vorm én dit te substansieer aan die hand van literêre teorieë."
Laster en belediging: ’n oorsig oor tersaaklike regsbeginsels
2025-03-05"Selfs indien die eiser daarin geslaag het om te bewys dat die bewerings wat die skrywer gepubliseer het, na hom/haar verwys en volgens bogenoemde benadering as lasterlik bestempel kan word, beteken dit nie sonder meer dat die skrywer aanspreeklik is nie."
Die LitNet Afrikaanse Skrywersberaad
2025-03-05In 2024 is die eerste fase van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied ter viering van LitNet se kwarteeubestaan. Steeds gaan dié gesprek voort as die LitNet Afrikaanse Skrywersberaad.
Klaas Steytler (1922–1998)
2025-03-05"As jy die dag nie weet wat om te skryf nie, ontleed jy die situasie. Jy doen daaglikse vingeroefeninge, dis baie belangrik. Maar die drif moet daar wees, die beweging in die derms." Lees meer oor Klaas Steytler se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
New from Penguin: Canary by Onke Mazibuko
2025-03-04Nuut by Human & Rousseau: Keur 10 – Plek van die bittermaan en Kamer van die stormwind deur Helene de Kock
2025-03-04In Plek van die bittermaan besluit die beeldskone Tessa, ’n ongetroude enkelma, om met haar seuntjie stad toe te vlug waar sy “anoniem” sal kan wees. Maar dis nie so maklik nie en sy word voor hartverskeurende keuses gestel. In Kamer van die stormwind moet die jong Jessica afskeid neem van haar man wat ná ’n rugbybesering al maande in ’n koma is. Maar ten spyte van die hartseer, bly sy steeds deel van die stroom van die lewe.
Nuut by Jonathan Ball: Outopsietafel: Stories van ’n forensiese patoloog in Afrika deur Ryan Blumenthal
2025-03-04As ’n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het.
Pasverskyn: Dink jouself gelukkig deur Pieter van Jaarsveld
2025-03-04Gelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.
Elders gesien: Dis waar die fondasie gelê is
2025-03-03"Noudat ek my is’e en my are’s grotendeels onder beheer het, keer ek vandag terug na my wortels. Dit voel soos ’n tuiskoms."
Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer: ’n resensie
2025-03-03"Ware vriendskap gee nie om of jy arm of ryk is nie. ... Hierdie roman ondersoek die hart van ’n vrou wanneer sy op haar broosste is. En vriendskap van jou hartsvriendinne wat jou koester, soms reguit kan praat, maar jou altyd wil beskerm – selfs teen jouself."
