Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Shaleen Koopman

Braam Peens, Shaleen Koopman Onderhoude 2024-11-12

"Met meer boekklubs kan jy ook meer uitreikaksies aan alle ouderdomsgroepe lewer." Hierdie onderhoud met Shaleen Koopman is die elfde aflewering oor ons biblioteke.

Laat vrugte deur Johan Cloete: ’n onderhoud

Danneline Ramsden, Johan Cloete Skrywersonderhoude 2024-11-12

"Kweek ’n liefde vir lees. Lees wyd. Verbreed jou kennis. Neem waar, ervaar. Neem op die pen. Begin by die bekende en reis voort."

Witness to power deur Mathews Phosa: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2024-11-12

"Hier het ons die geleentheid om ’n kykie in die binnewerke van die man agter die naam te kry, in sy eie woorde en uit sy eie perspektief. Maar terselfdertyd trek hy ook op besonderse wyse die gordyn weg sodat ons kan sien hoe die organisasie waaraan hy sy lewe gewy het, werk."

Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-11-12

"Quinn en haar maats vlek ’n sleg ding oop, maar sal die onnies hulle steun? Dalk sal die bloedjong, vroulike Engelsonderwyser nog help, maar sal die skoolhoof hom steur aan hulle? Gaan hy die stinkryk pa’s van die stinkryk seuns ter wille wees?"

Persverklaring: Sentrumbestuurder gesoek, Breytenbach Sentrum

LitNet Boeke en skrywers 2024-11-11

Die Breytenbach Sentrum in Wellington soek tans ’n sentrumbestuurder. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudings handhaaf, op alle vlakke kan kommunikeer, gemotiveerd wees, onafhanklik en op eie inisiatief kan werk.

Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n onderhoud

Jannike Bergh, Gielie Hoffmann Skrywersonderhoude 2024-11-11

"Sosiale media het my vangnet geword – hetsy in die oomblik of later as ek notas uit my joernaal gaan verwerk het. Daar is ’n driftigheid in my skryfwerk op sosiale media wat soms verlore gaan as ek agter my rekenaar inskuif 'om te gaan skryf'." Gielie Hoffmann gesels met Jannike Bergh oor sy boek, Naam van dier dorp, wat op 16 November in Pretoria bekendgestel word.

Die gestaltes wat in ons aanwesig is deur Frik de Beer: ’n resensie

Annemarié van Niekerk Resensies 2024-11-11

"Omdat my eie boek, Onder ’n bloedrooi hemel, ook onder andere oor so ’n reis gaan; omdat ek ongeveer dieselfde generasie as De Beer is, ons albei binne konserwatiewe Afrikanergesinne grootgeword het, ons albei jare lank in die akademie gewerk het en ons bevraagtekening van die 'gestaltes wat in ons aanwesig is' konflik met ons pa’s veroorsaak het, het sy boek my geïnteresseer."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2024

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2024-11-08

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid: ’n lesersindruk van Sakkie Spangenberg se epistomologie, hermeneutiek en Christologie

Maryna Blomerus Lesersindrukke 2024-11-07

"Die oëverblindery wat gepleeg word, is om die enorme komplekse proses waardeur die evangelies uiteindelik saamgestel is eenvoudig te laat lyk. Spangenberg noem nie die derduisende kopieë van kopieë wat deur tallose kopieerders met die hand oorgeskryf is nie en hy skep byna die indruk dat ’n groepie mense uit die staanspoor om ’n tafel gesit en saamgekonkel het."

Troep: Die kleingeskiedenis van ’n oorlog

Freek Robinson, Bun Booyens Onderhoude 2024-11-07

Bun Booyens is die samesteller en redakteur van Troep. Die dinge wat hulle saamdra. Hy vertel aan Freek Robinson hoe hy te werk gegaan het om gewone mense se stories na te speur en om seker te maak dat ’n groot aantal mense se eie oorlogstories in hierdie boek opgeneem word.

Persverklaring: Die Wasgoedlyn hou makietie met woorde en musiek by die Koelkamers in Paternoster

LitNet Musiek 2024-11-06

Kom geniet ’n naweek met woorde en musiek by die Koelkamers op Paternoster van 15 tot 17 November 2024: met musiekkonserte deur Anton Goosen, Koos Kombuis, Frazer en Deniel Barry, Churchil Naudé, Jolyn Phillips, Bacchus Nel, Riku en Jackie Lätti en ’n bloemlesing en boekgesprek met Marthie Momberg, Koos Kombuis, Riku Lätti en Churchil Naudé.

Photo gallery of Book Town Featherston, New Zealand

Darryl David Books and writers 2024-11-06

Darryl David is the organiser of numerous book festivals in South Africa. This year he delivered the keynote address at the biannual conference for the International Organisation of Book Towns of New Zealand at the national Book Town in Featherston, which is an hour’s drive from Wellington. He shares some of his photos of the visit to New Zealand with LitNet’s readers.

Persverklaring | Ian Roberts: Is dit jý? Avonture voor en agter die skerms – kom vind uit by NALN

LitNet Leefstyl 2024-11-06

Kom kuier saam! Ian Roberts gesels oor sy outobiografie en maak musiek saam met Barry Steenkamp en Ruben Samuels op 16 November 2024 om 10:00 by NALN.

In reaksie op Koos Kombuis se lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg

Maryna Blomerus Boeke en skrywers 2024-11-06

"Van alles wat deur die mees onlangse wetenskap blootgelê is, moet die mees belangrike stukkie kennis wees dat ons min of meer niks weet van wat te wete is nie. Ons het steeds geen benul wat die dinge naaste aan ons is nie: lewe en bewussyn."

Pasverskyn: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander

LitNet Boeke en skrywers 2024-11-06

Die moed loop hoog wanneer die twintigjarige Eron Verberger en sy pa, Gibor, saam met ’n skip terugkerende vlugtelinge vanaf die toevlugshawe in Afrika na hul vaderland, Gabriëllië, vaar. As honderdste Bergengel is Eron ’n visionêre versetleier en gewilde intellektuele rebel, maar hy word tot die uiterste getoets wanneer dit blyk dat die ou voorspellings oor die Uitdooftyd waar word.

Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Chris van der Merwe Resensies 2024-11-06

"'Uit Afrika altyd iets nuuts' – so lui ’n ou Romeinse gesegde. Dit sou ’n mens ook van die Afrikaanse letterkunde kon sê. In ’n literêre landskap oorgroei met misdaadromans het daar so pas ’n debuutroman verskyn wat nuut en anders is: Die onsigbare van PJO Jonker. Vir my ’n verademing."

Madibaland @ Bookbedonnerd 2024: Geliefdes, kom laat ons lees

Clinton V du Plessis Boeke en skrywers 2024-11-06

"Lank lewe die saliges, dié wat lees, die Bookbedonnerd-familie, want aan hulle behoort die biblioteeksaal op Richmond en die verbeelde Melkweg besaai met verse en stories."

Quinn se jaar van kwik: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout Skrywersonderhoude 2024-11-06

"Op ’n manier maak dit nie saak wat later in jou lewe gebeur nie, jou hoërskooljare word ’n soort bloudruk vir jou lewe. Dis waarom elke jeug- of jongvolwassene-boek wat ek skryf, dieselfde subliminale boodskap dra: Jy is oukei net soos jy is!"

Topsy Smith (1914–1985)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-11-06

"Ophou skryf, sal ek nie maklik nie en selfs die hartoperasie sal my nie langer as wat nodig is van my pen en papier weghou nie." Lees meer oor Topsy Smith se lewe en werk in hierdie ATKV|LitNet-Skrywersalbum, opgestel deur Erika Terblanche.

Blake gesels oor sy Jopie-boek by die Breytenbach Boekklub

Albert Blake, Evert Kleynhans, Engela Duvenage Skrywersonderhoude 2024-11-05

"Die meerderheid Suid-Afrikaners sal nie weet wie Jopie Fourie is nie. Daar is ook mense wat die omstrede gebeure onder die mat inskuif en vra waarom ons in 2024, in ’n land vol probleme, moet terug delf in die verlede."

Top