Koos Kombuis het in Namibië gaan toer, waar hy ook boekwinkels besoek het. Vandeesmaand lees hy twee skrikwekkende boeke – een handel oor die oorlog in Gaza en die ander oor ’n fiktiewe apokalips in die VSA. Daar is darem ’n derde een ook – een wat hom laat grinnik van die lekkerkry.