Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Pasverskyn: Dink jouself gelukkig deur Pieter van Jaarsveld

LitNet Boeke en skrywers 2025-03-04

Gelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

Elders gesien: Dis waar die fondasie gelê is

Annie Olivier Elders gesien 2025-03-03

"Noudat ek my is’e en my are’s grotendeels onder beheer het, keer ek vandag terug na my wortels. Dit voel soos ’n tuiskoms."

Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-03-03

"Ware vriendskap gee nie om of jy arm of ryk is nie. ... Hierdie roman ondersoek die hart van ’n vrou wanneer sy op haar broosste is. En vriendskap van jou hartsvriendinne wat jou koester, soms reguit kan praat, maar jou altyd wil beskerm – selfs teen jouself."

Adam Small festival 2025: A photo gallery

Darryl David Books and writers 2025-02-27

The 2025 edition of the Adam Small festival was staged in Pniël from 21 to 23 February. Festival impresario Darryl David shares his thoughts and photographs.

Desire at the end of the white line by Azille Coetzee: video of the book discussion

Lou-Marié Kruger, Azille Coetzee Books and writers 2025-02-27

In Desire at the end of the white line Azille Coetzee examines a range of contemporary Afrikaans popular culture texts to demonstrate how the stories that white Afrikaans women tell about themselves keep them white and apart. In this video, she discusses her research with Lou-Marié Kruger. AB Jantjies was the videographer for LitNet.

Konkel deur Pieter Marais: ’n resensie

Jean Meiring Resensies 2025-02-27

"Pieter Marais se dunnerige debuutroman Konkel is verlede jaar met die Jan Rabie-Rapport-prys bekroon. ... Ek hoop dat Marais reeds ’n tweede boek aan ’t skrywe is."

Goed, swak, toeganklik of gelaagd?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-02-27

Koos Kombuis vra of toeganklikheid of gelaagdheid in ’n teks gelyk is aan dit wat goed of swak is. Hy het onlangs vier boeke gelees en gee sy opinie oor elk, gemeet aan bovermelde vrae.

’n Rand vir ’n tand deur Chareldine van der Merwe: foto’s en video van die boekbekendstelling

Réney Warrington Kinderboeke 2025-02-27

Chareldine van der Merwe se volgende kinderboek, ’n Rand vir ’n tand, is onlangs in Gauteng bekendgestel. Réney Warrington was daar en het foto’s en ’n video gaan neem.

Breyten se lewensviering in Wellington: ’n lewe van woorde en vryheid

Jean Oosthuizen Menings 2025-02-26

"Mens sou kon gesê het: 'Stil broers, daar gaan ’n man verby' toe daar die afgelope Sondag by die Breytenbach Sentrum in Wellington hulde gebring is aan Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui. Maar stilte was nie van pas nie. In Ounooi se tuin by die Bôrdienghuis waar Breyten grootgeword het, was daar ’n feestelike atmosfeer om sy lewe te vier. Sy teenwoordigheid was te tasbaar, sy nalatenskap te ryk om hom stil te huldig."

#altydbreyten 23 Februarie 2025, Breytenbachsentrum, Wellington – ’n fotobeeld

Engela Duvenage Boeke en skrywers 2025-02-26

Die Suid-Afrikaanse viering van die lewe en werk van Breyten Breytenbach rondom die tema #altydbreyten is op 23 Februarie 2025 by die Breytenbachsentrum op Wellington gehou. Engela Duvenage het hierdie fotobeeld saamgestel.

Pasverskyn: Leeumens deur Rudie van Rensburg

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-26

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep. Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind.

Die vyf susters deur Eleanor Baker: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-02-25

"Hierdie skeefgetrekte gesin het my vir ’n dag lank laat vergeet hoe ek al my rekeninge gaan betaal. Dit is woordlekkerte op steroïde."

Inwonende skrywer vir LitNet se Kommadagga-slypskool: Siphiwe Gloria Ndlovu

LitNet Slypskole 2025-02-24

Die Jakes Gerwel Stigting bied, in vennootskap met Huisgenoot en LitNet, ’n mentorskapprogram aan belowende opkomende kortverhaalskrywers.

Ligspoor deur Juan Coetzer: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2025-02-21

"Ligspoor het my aandag getrek toe dit onlangs op Versindaba verskyn het as nuwe publikasie, tot my verbasing, want as ’n reël plaas Versindaba bundels uitgegee deur hoofstroomuitgewers."

Nuut by Lapa: Die ware avonture van Adelie & Rylie: Die MOEsters deur Felicia Snyman-Du Toit

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-20

In Die MOEsters gaan Adelie en Riley se gesin almal saam op vakansie. Hulle bly op ’n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is ... Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom?

Nuut by Human & Rousseau: Die vyf susters deur Eleanor Baker as Alex Muller

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-20

Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was. Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker. Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks spanningsverhale deur Eleanor Baker. ’n Skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan. 

Cape Flats Book Festival was ’n vibe!

Tasneem Daniels Feeste 2025-02-20

"Omtrent 20 mense in en om Mitchells Plain hettie workshop attend ennit was mashallah om te sien hoeveel mense interested is om ’n memoir te skryf en specific details oo hulle liewens oppie page te sit."

Pasverskyn: Deur die sterre gelei-trilogie deur Deneys Reitz

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-20

Deur die sterre gelei is die trilogie van Deneys Reitz se drie boeiende boeke (Kommando, Trek voort en Geen uitspan) wat die gebeure van sy merkwaardige, aksiebelaaide lewe beskryf. [Die trilogie] gee vir die leser ’n wonderlike insig in die gebeure in Suid-Afrika tussen 1899 en 1943 – gesien deur die oë van ’n vreeslose Suid-Afrikaanse avonturier wat ook ’n talentvolle skrywer was.

Lucas Mangope deur Oupa Segalwe: ’n resensie

Barend van der Merwe Resensies 2025-02-19

"Waar Mangope se openbare lewe as stormagtig beskryf kan word, met die tipiese elemente van sukses, verraad, geweld, twis, mislukking, tragedie en drama waaraan politici se loopbane dikwels gekenmerk word, is daar veel aan sy persoonlike lewe wat eweneens as stormagtig beskou kan word."

Die oorlog is verby, kameraad

Albert de Vos Boeke en skrywers 2025-02-19

"Die tragikomiese hoorspel handel kortliks oor ’n 'loser', ’n staatsamptenaar genaamd Lafras Verwey, wat droom om uit sy vaal omstandighede te ontsnap. Lafras word genader deur ’n man wat hom vra om geheimsinnige pakkies vir hom af te lewer."

Top