Uitnodiging: Boekbekendstelling van Prins deur Ryan Pedro – 30 April, The Book Lounge, Kaapstad

  • 0

“’n Bundel wat jy kan herlees en weer herlees.”

Só prys Alfred Schaffer die digter Ryan Pedro se nuutste bundel, Prins

Prins is ’n toutrekspel tussen uiterstes: liefde teenoor haat; sagmoedigheid teenoor geweld; skoonheid teenoor groteskheid; hoop teenoor uitsigloosheid.

Ryan Pedro, wat in 2021 die UJ-debuutprys vir sy bundel Pienk ceramic-hondjies gewen het, ontleed in sy jongste werk die kompleksiteit van manlikheid.

“Ek het probeer om bruin manlikheid en boyhood vas te vang, en hardheid en sagtheid te juxtapose,” het Pedro gesê. 

Kom luister gerus na Ryan Pedro en Alfred Schaffer op Woensdag, 30 April by The Book Lounge in Kaapstad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top