Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Huldeblyk: Annelie Botes
2024-12-13"Sy het generasies lesers aan die lees gehou, en generasies mense laat lag, laat huil en soms laat stik. Maar altyd met onvoorwaardelike liefde vir almal met wie sy te doen gekry het."
Elders gesien: Annelie Botes het stories en mense geken
2024-12-13"In 2014 het jy my onder jou vlerk geneem en aangebied om met my skryfwerk te 'interfereer'."
Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n onderhoud
2024-12-13"Dit is vir my nogal lekker om oor hierdie storie en tema te gesels, want ek dink almal kan hierby aanklank vind en het hul eie storie oor muise, en meer spesifiek die tandmuis. ... En dan bly dit natuurlik ’n bonus as dit ’n lekker storie is wat kinders kan geniet en binne hul verwysingsraakwerk is."
Ditch mediocrity deur Heléne Smuts, ’n resensie
2024-12-13"Ditch mediocrity is propvol wenke en die skrywer bied waardevolle lesse vir entrepreneurs, leiers en spanlede in alle stadiums van hul reise aan. Sy praat oor imposter syndrome en verduidelik dat dit meer algemeen is as wat ons besef."
One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie
2024-12-13"Hierdie boek is saamgestel deur Louisa Holst (wat bekend is vir haar Air fryer-kookboek), en die geregte is gepas vir familie-etes. Die eenvoud van die resepte sal baie mense aanstaan. Van die disse lyk vir my te vanselfsprekend, maar vir ’n onervare kok sal dit nuttig te pas kom."
In conversation with Siphiwe Gloria Ndlovu about The creation of half-broken people
2024-12-13"Polite society is very much concerned with the appearance of things – how things seem to be – and not how things really are. Therefore, polite society is living a non-reality in real time and making the thing that is not real seem real, and that act of alchemy actually makes a lot of violence that everyone has to be silent about, otherwise the illusion will be destroyed."
Pasverskyn: Harry Potter en die Beker Vol Vuur deur JK Rowling, vertaal deur Janie Oosthuysen
2024-12-11Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet lewensgevaarlike take uitvoer en drake en donkertowenaars trotseer ...
Goue lint, my storie begint: Kinder- en jeugboeke – film of boek?
2024-12-11"As leser het jy die vryheid van jou eie verbeelding om karakters, plekke en dinge te 'sien' soos jy dink en jou verbeel hoe dit moet lyk ... Die vraag wat eintlik gevra moet word, is watter medium vertel die storie die beste?"
’n Kersfeeskomplikasie deur Dina Botha: ’n resensie
2024-12-10"Dina Botha is nie verniet die onbetwiste koningin van Romanzas nie."
Haas en Harriët deur Susan Coetzer: ’n resensie
2024-12-10"Die onheilspellende ondertoon van die boek kom sit egter vroeg-vroeg op die krop van jou maag, hoewel die skrywer aanvanklik nie veel verklap nie ... Die lang, uitgerekte somerdae waar jy wens die tyd wil vinniger omgaan na iets lekkerder toe; die dameskroeë waar net grootmense kon ingaan en kinders buite melkskommels of koeldrank kon geniet, sonder ouertoesig, want dit was 'veilig'."
Bloedbroers: na die slagveld van Smokeshell en terug deur Deon Lamprecht: ’n resensie
2024-12-10"Dis nie net nóg ’n kroniekskrywing van die Bosoorlog [nie] ... Dit staan juis vir my uit omdat dit die kwessie van genesing, en nie net oorlewing in ’n gevegsituasie nie, aanpak. Die talle veterane van die Grens-/Bosoorlog kan werklik baat daarby vind om dit te lees."
Cliff-hanger: Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout – ’n resensie
2024-12-10"Zelda Bezuidenhout se Quinn se jaar van kwik – een van die naaswenners van LAPA se 2023-Jeugromankompetisie – beleef ’n oomblik en dis elke oomblik van daardie aandag waardig."
Lucky bastard by Anthony Akerman, a reader impression
2024-12-10"Who would not be angry? One day, you are descended from royalty; the next day, you are a nobody with absolutely no idea who your parents are."
PenAfrican: The equality of shadows by Charl-Pierre Naudé – a book review
2024-12-10"Almost everyone in the book, including the unreliable narrator, is delusional in their own unique ways. As the causes of delusion are revealed, we see that at the head of the hydra’s hands of delusion is the greatest delusion this country has ever undertaken: apartheid."
Repliek: Om aan te kondig dat ek my intussen bekeer het
2024-12-09"nie dat dit nou meer saak maak nie
want Hans Wors is finaal dood jis"
Hierdie is ’n boek oor monsters: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
2024-12-09"As skrywer van die boek het ek my bes probeer om hulle op hul plek te sit, maar julle sal self moet lees en besluit of hierdie ’n boek oor feetjies of ’n boek oor, wel, monsters is."
In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is
2024-12-09"Ek stem wel met Spangenberg saam dat daar fout is met die kerk, maar nie met wat dit is nie. Die probleem lê nie by die Christelike leerstellings of by die meesterverhaal nie, maar by die kerk self. Dis ’n drastiese stelling, maar laat my asseblief toe om te verduidelik."
Heil die Leser!: Oor kortkuns, briewe en toesprake
2024-12-06"Toesprake is, vir die interessantheid, ook ’n literêre subgenre en beklee as sulks ’n unieke plek in die kanon van retoriek, redenaarskuns en letterkunde." Nini Bennett-Moll skryf oor die kuns van kortkortverhale (Op die kantlyn deur Marnus Kok), briefromans (Hallo, Ma deur Chrisna Beuke-Muir) en toesprake ("Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp).
Troep, saamgestel deur Bun Booyens: ’n resensie
2024-12-06"Ek, die resensent, en duisende ander voormalige dienspligtiges soos ek, weet vandag alte goed hoe gelukkig ons was om ongeskonde deur alles te kon kom. Juis daarom is dit nodig om hieroor te skryf. Noodsaaklik, ter wille van begrip vir hulle wat nie andersins ’n stem sou hê nie."
