Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Breyten Breytenbach – aanhou beweeg en geraas maak ...
2024-11-28"Na maande se versigtige en eerbiedwaardige bekommernis van vriende kom die boodskap in die 'uur van die idiote' op 24 November 2024: Breyten het rustig oorgestap na die groot anderkant."
Herinneringe aan my oom Breyten
2024-11-27"Daar is Breyten. Hy sit in ’n klein vierkantige kamer agter ’n dik laag glas. Niemand kan hom hoor nie. Hy lyk verskriklik alleen. Hy wil nie na my kyk nie. My ma het ’n bos blomme vir hom gebring. Ek verstaan nie hoekom hy so eenkant moes wees nie. Jare later lees ek wat my ma geskryf het oor daardie verskriklike tronkjare."
Fresh off the press: Twice the glory by Lloyd Burnard and Khanyiso Tshwaku
2024-11-27The Springboks made history in France in 2023 when they became the only team to win the Webb Ellis Trophy four times. Who can forget how the Boks won by only one point in three games? Released on the anniversary of this milestone, Twice the glory by Lloyd Burnard and Khanyiso Tshwaku investigates how this remarkable victory was achieved.
Het die waarheid ook grense, of is dit absoluut?
2024-11-27"Die begrenste waarheid versus die absolute waarheid. Dit is waaraan ek oplaas gedink het toe ek gevra is om iets te skryf oor die relletjie rondom die Winckler-egpaar se beplande optrede by die Breytenbach Sentrum te Wellington. ... Het konserwatiewe mense nie gelyke reg op vryheid van spraak nie?"
Irrasioneel soos ’n droom
2024-11-27Vandeesmaand spreek Koos Kombuis sy eie donker vrese aan wanneer hy Stefaans Coetzee en George Orwell onder oë neem. Daarna gesels hy oor Breyten Breytenbach se gedigte. Breyten se gedigte is irrasioneel soos ’n droom, vertel hy. Moenie logika daarin soek nie.
Borrelgom deur Jana du Plessis Müller: ’n resensie
2024-11-26"Borrelgom is ’n grootwordverhaal wat hoofsaaklik fokus op gesinsverhoudinge en vriendskap teen die agtergrond van ’n baie lelike olifant in die vertrek, naamlik seksuele gereedmaking en teistering. Sonder enige veroordeling of moralisering slaag die skrywer baie goed daarin om haar boodskap sensitief en met genoeg lig en hoop oor te dra."
Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, ’n lesersindruk
2024-11-26"In ons huis is daar twee rakke vol kinderboeke wat jong besoekers na hartelus kan uitpak en verken. Wanneer ’n klein leeswetenskaplike dus opdaag met ’n boek wat sy gekies het, neem ek kennis. Ek neem ook kennis van die manier waarop die inhoud ontvang word."
PJ Philander (1921–2006)
2024-11-26"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son." Lees meer oor PJ Philander se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach, ’n pionier in Afrikaanse Letterkunde
2024-11-25Sy werk, wat in verskeie tale vertaal is, is steeds ’n kernonderdeel van Suid-Afrika se literêre erfenis en word wyd bestudeer, selfs as voorgeskrewe werke op skoolvlak.
Kortliks met Stefaans: My top-10 van 2024
2024-11-25"Almal soek Kersfeesleesstof of -presente. Hier is my top-10 van 2024. Ek het my keuse uit alle genres waar ek vanjaar gekuier het, saamgestel ... Ek het meestal probeer bly by boeke wat in 2024 verskyn het, maar vermeld wel twee keer ouer boeke. Ons almal koop mos ook boeke by tweedehandse boekwinkels."
Lewensreis: ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach
2024-11-25"Vir haar kon jy om die dood nie ’n wrang
vers skryf nie, want sy bly jou Ounooi.
By haar het jy geleer om om die dood nie
aan ’n mondvol bitter woorde te smul nie."
Moeg vir groet
2024-11-25"Dood is nie die stilte nie,
jy het mos gepraat van die brug
waar jy staan en wag vir die nagvoël,
waar water oor die klippe gly,
waar die dood sy stem verloor."
Altyd Breyten, die man met die groen trui
2024-11-25"Breyten het gereeld, veral naby sy verjaardag op 16 September en die jaarlikse Tuin van Digters-fees ’n gedig per e-pos gestuur. Soms met die woorde 'gebruik dit soos jy goed dink'."
Persverklaring: Die Chris Barnard-prys
2024-11-25Dit was vir ons ’n groot voorreg om vanjaar Die Chris Barnard-prys ná twee jaar te kon hervat. Nagenoeg 100 inskrywings – met uiteenlopende temas – van regoor die land is ontvang. Vanjaar se drie wenners is: Albert Maritz met "Boere by Thabazimbi", Fransjohan Pretorius met "Pasop vir die rekenaardiewe" en Curtley Pitt met "Die legendariese rugbybal".
Persverklaring: Digtersweek 2024 – Almal is dit eens, dit was ’n reusesukses!
2024-11-25"'Uit die gesprekke met die deelnemers het dit duidelik geword dat daar baie mense is wat rustig besig is om hul digvaardighede te slyp en te poets. In dié opsig het gesprekke soos dié tydens Digtersweek ’n waardevolle rol te speel in die slypproses, maar eweso as aanmoediging,' het Johan Myburg, een van die digters in die paneel van vyf, agterna gesê. Ander digters wat deelgeneem het, is Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais."
Gesprekskuns: Breytenbach se blywende, lewende nalatenskap
2024-11-25"Hy het die waarheid van hibriditeit as kern van menswees bly deurgee aan lesers oor die wêreld heen, nooit as ’n pamflet nie, maar as ’n veelkantige insig wat sy werk deurspek."
Breytenbach family press release
2024-11-24It is with deep sorrow that the Breytenbach family announces the passing of Breyten Breytenbach earlier today, Sunday 24 November 2024.
Goue lint, my storie begint: Kunsmatige Intelligensie (KI) en kinderboeke
2024-11-22"Wanneer dit kom by taal en sosiale ontwikkeling, is menslike interaksie uiters belangrik. Interaksie met ’n ouer, waar die ouer die gesprek lei en opvolg met vrae oor die storie, oor die karakters en wat die kind op die bladsy sien en hoe die kind se ervarings vergelyk met die karakters s’n, kan nie deur KI-assistente of KI self vervang word nie."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Yolandi Ellis
2024-11-21"In daardie opsig het ons alreeds verskeie uitreikaksies met welslae geloods, soos ons naskoolse leesprogram, wat daarop gemik is om die leerders met hul taalwerk te help en lees te oefen. Ons [biblioteek] bied ook temaprogramme aan waar ons boeke en stories inkorporeer met opvoerings en hardop-lees." Hierdie onderhoud met Yolandi Ellis is die twaalfde aflewering oor ons biblioteke.
Kortliks met Stefaans: Boeke wat jou asem wegslaan
2024-11-20"Hierdie boeke is (nog) nie my Kerskeuse nie; hierdie boeke gaan wel jou asem wegslaan!"
