Persverklaring: Picture this – Ons is op soek na uitstaande ontluikende illustreerders

  • 2

Is jy een van die inspirerende prenteboekillustreerders na wie ons op soek is? Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat saam ’n storie vertel. Dit kan ’n bestaande of jou eie storie wees. Sluit die teks in wat by elke illustrasie pas, asook ’n kort opsomming van die hele storie (hoogstens 250 woorde). Stuur dit as ’n Word-dokument.

Sluitingsdatum vir aansoek: 30 Mei 2025

Vir meer inligting of om jou werk op te laai, besoek www.wwpbic.com of stuur ’n e-pos aan reon@proteaboekhuis.co.za. 

  • Jy mag nie illustrasies inskryf wat al voorheen gepubliseer is nie.
  • Jy kan enige tegniek of medium gebruik.
  • Jy mag slegs inskryf indien jy nog nooit vantevore ’n prenteboek by ’n gevestigde uitgewery gepubliseer het nie. Jy mag wel inskryf indien van jou illustrasies al voorheen in opvoedkundige boeke of in ander formate of genres verskyn het (byvoorbeeld in digbundels, volwasse fiksie of op boekomslae).
  • Ten einde kommunikasie vir al die beoordelaars te vergemaklik, moet die meegaande teks in Engels wees.

Laai jou illustrasies en teks op by www.wwpbic.com. As jy die eerste digitale keuringsrondte slaag, sal ons jou vra om drukstukke van jou werk te stuur. ’n Professionele groep beoordelaars sal die drie beste inskrywings kies. Die uitslae sal in Junie 2025 op hierdie webtuiste bekendgemaak word. Wenners sal ook per e-pos ingelig word. Wenkunstenaars se werk sal deel uitmaak van ’n reisende tentoonstelling in die deelnemende lande en die finale keuse van wenillustrasies sal ook in ’n internasionale katalogus gepubliseer en aan bekende internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs in 2026 voorgelê word – ’n uitstekende geleentheid vir kunstenaars om internasionale blootstelling te verkry.

  • 2

Kommentaar

  • Helene Pretorius

    Meer info asb:
    * Mag die teksskrywer en die illustreerder twee persone wees wat saamwerk?
    * Watter grootte moet die oorspronklike kunswerke wees?
    * Stuur asb vir my ’n inskrywingsvorm.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top