Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Cape Flats Book Festival was ’n vibe!

Tasneem Daniels Feeste 2025-02-20

"Omtrent 20 mense in en om Mitchells Plain hettie workshop attend ennit was mashallah om te sien hoeveel mense interested is om ’n memoir te skryf en specific details oo hulle liewens oppie page te sit."

Pasverskyn: Deur die sterre gelei-trilogie deur Deneys Reitz

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-20

Deur die sterre gelei is die trilogie van Deneys Reitz se drie boeiende boeke (Kommando, Trek voort en Geen uitspan) wat die gebeure van sy merkwaardige, aksiebelaaide lewe beskryf. [Die trilogie] gee vir die leser ’n wonderlike insig in die gebeure in Suid-Afrika tussen 1899 en 1943 – gesien deur die oë van ’n vreeslose Suid-Afrikaanse avonturier wat ook ’n talentvolle skrywer was.

Lucas Mangope deur Oupa Segalwe: ’n resensie

Barend van der Merwe Resensies 2025-02-19

"Waar Mangope se openbare lewe as stormagtig beskryf kan word, met die tipiese elemente van sukses, verraad, geweld, twis, mislukking, tragedie en drama waaraan politici se loopbane dikwels gekenmerk word, is daar veel aan sy persoonlike lewe wat eweneens as stormagtig beskou kan word."

Die oorlog is verby, kameraad

Albert de Vos Boeke en skrywers 2025-02-19

"Die tragikomiese hoorspel handel kortliks oor ’n 'loser', ’n staatsamptenaar genaamd Lafras Verwey, wat droom om uit sy vaal omstandighede te ontsnap. Lafras word genader deur ’n man wat hom vra om geheimsinnige pakkies vir hom af te lewer."

Dominique Botha (1971–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-02-19

"Afrikaans kom uit die klowe, en na die klowe sal sy terugkeer. Gooi ’n klip. Plant ’n hoeksteen. Dis jou keuse. Ontspan egter. Sy is nie ’n spook nie. Sy is veldasem. Aangeblaas deur groot geeste. Onder die Skylte vannie Jirre." Lees meer oor die lewe en werk van Dominique Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Passie in Parys deur Tosca de Villiers: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-02-17

"Die storie begin tussen die lakens en daar word behoorlik gewoeker met die wellus van die lyf."

Press release: AVBOB Poetry – Mystery

LitNet Books and writers 2025-02-17

When writing a poem, do you feel you have to record everything you think and feel about a particular topic, so that your readers will know exactly how they ought to think and feel about it too? Peter Anderson, an associate professor of English at the University of Cape Town, shares a poem that shows how important mystery and understatement are to any creative enterprise.

’n Huldeblyk aan Joha van Dyk

Simone Hough In memoriam 2025-02-17

"In haar kort lewe het Joha ook swaarkry, persoonlike worsteling en seer verlies geken. En met daardie ervaring kon sy met baie volwasse insig en nuuskierigheid oor moeilike temas skryf en by die leser ’n diep emosie uitlok om die skoonheid daarin te ervaar."

Heil die Leser!: Die waarde van selfhelpboeke en motiveringslektuur

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-02-14

"Die lewe kom sonder ’n handleiding. ’n Mens word uitgelewer aan allerlei onvoorsiene uitdagings en krisisse. ... Ons, as lesers en skrywers, genees mekaar met stories. ’n Voorbeeld hiervan is ’n Vrou staan op, Ilse Verster se opvolg op haar blitsverkoper, So lyk ’n vrou."

flikker-gram, saamgestel deur Marlies Taljard: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2025-02-14

"Afgesien van die perspektiewe van digtende dokters, is die verse geskryf vanuit die oogpunt van Jan Alleman se belewenisse met mediese verskynsels in al hul gedaantes: vanuit die perspektief van die pasiënt, die toeskouer/voyeur, en die mediese werkers. Ons is almal deelgenote aan mediese praktyke ..."

Die langverwagte deur Erwin Mortier, vertaal deur Fanie Olivier – ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2025-02-14

"[Fanie] Olivier verdien lof vir sy besonder mooi poëtiese vertaling van die romans, want Mortier kan slégs deur ’n digter vertaal word."

Lucky bastard by Anthony Akerman: a review

Alan Kirkaldy Books and writers 2025-02-13

"I felt it important to present an alternative version to the highly readable one he so strongly portrays. We are all different and our experiences of, and reactions to, similar circumstances can differ widely. That said, this is probably the best book that I have read in a long time."

Pasverskyn: Wilma Stockenström: Met my wysvingertop deur Ronel Foster

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-13

Wilma Stockenström is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise. Sy is een van weinig skrywers wat ’n Hertzogprys in twee afsonderlike kategorieë kon losslaan. Sy wen dit in 1977 vir poësie en in 1991 vir fiksie. Hierdie huldigingsbundel is die 17de in die reeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.

Press release: Otto Foundation announces winners of the inaugural Children’s Book Award

LitNet Books and writers 2025-02-12

What makes The Otto Foundation’s book prize unique is that young readers play an active role in selecting the winning titles. Following a nomination process held last year, the shortlisted titles were included in the Otto Foundation’s annual Reading Relay, which is hosted every year among six schools in the District Six area in Cape Town.

Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom: ’n resensie

Barend van der Merwe Resensies 2025-02-12

"Capitec se toetrede tot die wêreld van die Suid-Afrikaanse bankwese sou uiteindelik die ander kommersiële banke dwing om hulle eie benaderinge drasties te hersien, of om al meer uit te sak en besigheid te verloor."

Kaalvoet sielsgedagtes: ’n onderhoud met Milanie Vosloo

Louise Viljoen (JBay), Milanie Vosloo Skrywersonderhoude 2025-02-12

Milanie Vosloo gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Dagstukboeke het ’n spesiale, baie persoonlike en spesifieke plek in mense se harte. Dis nie net ’n middel tot ’n doel nie. Mense lees dit oor en oor en jaar na jaar en vind – soos hulle deur hul eie reis leef – moed, krag, troos en raad."

Ontvoer: ’n onderhoud met Constant van der Merwe

Annette Havenga, Constant van der Merwe Skrywersonderhoude 2025-02-12

Constant van der Merwe gesels met Annette Havenga: "'Die storie moet my gryp; dit moet ’n verloop hê, iets om oor te wonder. Ek moet wil weet wat gaan gebeur,' verduidelik hy. 'Fancy skryf help nie as jy nie die leser se aandag vang nie. Lang beskrywings irriteer ’n mens as die storie nie vorder nie.'"

Kom saam: ’n onderhoud met Sonja Goldberg oor haar dagstukkieboeke

Louise Viljoen (JBay), Sonja Goldberg Skrywersonderhoude 2025-02-12

"Omdat die dagstukkieboek ’n kort opsomming van ’n onderwerp is wat toegelig word met ’n Bybelvers, is hierdie dan ’n ideale medium om mense (oud en jonk) by die Bybel uit te bring."

Uitnodiging: Breyten Breytenbach: woordenaar, woordnar – ’n persoonlike blik deur Francis Galloway by NALN op 13 Maart 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-12

Kom kuier saam by NALN in Bloemfontein op 13 Maart 2025. Francis Galloway spesialiseer in navorsing oor die loopbaan van Breyten Breytenbach as skrywer en openbare figuur. Sy is ook die samesteller van die huldigingsbundel, in die reeks van die SAAWK, Breyten Breytenbach: woordenaar, woordnar, wat te koop aangebied sal word tydens dié gespreksgeleentheid. 

Joha van Dyk (1997–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-02-12

"Ek wou ’n jong skrywer wees; ek wou vroeg begin juis omdat ek nog so baie stories het om te vertel ... " Joha van Dyk is op 2 Februarie 2025 oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Top