Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Nuut by Tafelberg: Rebecca deur Wilna Adriaanse

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-03-20

Op 25 is Rebecca Fagan in besit van ’n regsgraad, ’n rugsak, ’n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op ’n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy ’n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek ’n "regte" werk. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ’n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na ’n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen.

Johann Lodewyk Marais (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-03-20

"Niemand kan sommer net gaan sit en skryf nie. Jy moet mos weet hoe ’n gedig aanmekaar steek en hoe die verskeie soorte gedigte lyk. Daarom ag ek myself en my tydgenote anders as die Sestigers. Hedendaagse digters het tegniek weer ontdek." Lees meer oor Johann Lodewyk Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Die Khoi-San se eeue-oue trauma

Willa Boezak LitNet-skrywersberaad 2025-03-20

"Bowenal is ons geloof gegrond in Tsui //Goab, die Gewonde God wat empaties saam met ons treur."

Oor Griekwa-Afrikaans

Hans du Plessis LitNet-skrywersberaad 2025-03-20

Op Vrydag 20 September 2024 het Hans du Plessis ’n praatjie by die Etienne van Heerden Veldsoirée gelewer waarin hy meer vertel het oor navorsing wat hy en Christo van Rensburg gedoen het oor Griekwa-Afrikaans. Dit was een van sy laastes. Hans is ’n maand later in Potchefstroom oorlede.

Ons moet mekaar kry by: Wat bedoel jy?

HemelBesem LitNet-skrywersberaad 2025-03-20

As HemelBesem wil hy deur sy skeppings die bestaande idees rondom woordbetekenisse verruim. Eers dán, wanneer nuwe betekenis by die bestaande template gevoeg word, kan ons mekaar begin verstaan. Dan kan ons ook ons eie menswees begin omarm.

Die oop gesprek, die toe debat en die vernietiging van mense

Fanie Olivier LitNet-skrywersberaad 2025-03-20

"Die gebruik deur die sogenaamde alternatiewe groeperings, die woke mense soos hulle hulleself noem, om binne kultuuroorloë persone of instansies met sterk opponerende menings te neutraliseer deur middel van iets wat bekend geword het as 'cancel culture', is goed bekend."

Uitnodiging: Breyten Breytenbach se gedigte voorgelees deur Antoinette Kellermann, 22 Maart in Wellington

LitNet Boeke en skrywers 2025-03-19

Antoinette Kellermann lees gedigte deur Breyten Breytenbach voor by die Breytenbach Galery in Wellington op 22 Maart 2025. Toegang is R100 en sluit ’n glas wyn in.

Fresh off the press: The Mavericks by Stephen Cranston

LitNet Books and writers 2025-03-18

How the three independent asset managers of Coronation, Investec (later Ninety One) and Allan Gray, dubbed the CIA, came to dominate and continue to dominate the South African asset management industry, particularly the pension fund market.

El Bowie Bakery by Toni Viva Muñoz: a reader’s impression

Adean van Dyk Books and writers 2025-03-18

"Toni Viva Muñoz’s debut nonfiction children’s book for nine- to 11-year-old readers tackles a big issue with as much poise and enchantment for its intended young readers, as for conveying the gut-punching complexities of life on the border to adult readers."

Dalk vandag deur Karel Prinsloo: bundelbekendstellingsverslag

Carla van der Spuy Boeke en skrywers 2025-03-17

"Dalk is vandag die laaste dag van jou lewe, selfs van die wêreld se bestaan. Hoe gaan jy dit dan hanteer?" Carla van der Spuy het die bekendstelling van Karel Prinsloo se digbundel, Dalk vandag, in Pretoria bygewoon.

Periscope: An overview of the Books on the Bay festival 2025

Diane Awerbuck Books and writers 2025-03-17

"Books on the Bay this weekend in Simonstown was a pretty special literary festival. Run with great vigour, insight and love by Darryl David, David Attwell and Karin Cronje, it brought together 30 South African and international writers and matched them with expert interviewers."

’n Vriendskap wat woorde te bowe gaan: ’n lesersindruk van Mayflies deur Andrew O’Hagan

Jannes Erasmus Lesersindrukke 2025-03-17

"Daar is ’n soort liefde tussen twee mans wat buite konvensionele definisies bestaan. Dit is onuitgesproke, maar tog maak dit sin; gevul met oneerbiedigheid, maar ook toewyding."

Persverklaring: Picture this – Ons is op soek na uitstaande ontluikende illustreerders

LitNet Boeke en skrywers 2025-03-17

Is jy een van die inspirerende prenteboekillustreerders na wie ons op soek is? Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat saam ’n storie vertel.

Goue lint, my storie begint: Watter boeke koop ek vir my gretige of sukkelende kinderlesers?

Anke Theron Kinderboeke 2025-03-17

"Hoe weet jy of hierdie of daardie boek ’n goeie keuse vir die jong leser in jou lewe is? In hierdie aflewering van 'Goue lint, my storie begint' sal daar enkele riglyne gegee word oor waarna om te kyk en waarvoor om uit te kyk."

Leeumens deur Rudie van Rensburg is ’n uitsonderlike Kassie-avontuur: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-03-14

"Kassie en Rooi is al volksbesit en dit voel asof mens hulle ken, by hulle kan gaan braai op ’n Vrydagaand en hoor hoe dit met hul nuutste saak gaan. Maar daar is iets anders aan hoe [Van Rensburg] Leeumens aangepak het."

Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n Naglange gesprek

Chris van der Merwe Boeke en skrywers 2025-03-14

"Rossouw het in sy roman die feite omvorm om by algemene waarhede te kom, by dinge wat 'eintlik vir alle mense so werk': die aard en verwerking van trauma; die waarde van stilte en meditasie; die belang van selfontlediging; ’n luisterende lewenshouding; en rituele. Hy wil aan die leser ’n modus vivendi bied: Die beste manier om te lewe."

Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2025-03-14

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Zirk van den Berg se Landuit want jy wil mos – oor gemeenskap, ontheemding en tuiste

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-03-14

"Vir Afrikaners van ons geslag bly die nasleep van die vorige politieke bedeling dat ons in ons eie land gekonfronteer word met die vraag of ons moet bly en of ons moet gaan. Weens die abnormale normaliteit van ons jeug, wil-wil ek dink dat dit abnormaal is dat énige mens voor so ’n keuse te staan moet kom."

Quo vadis, o quo vadis?

Lizette Rabe LitNet-skrywersberaad 2025-03-13

"Ja, natuurlik, neem kennis van daardie swart wolf en alle moontlike kakistokratiese, outokratiese, megalomaniese, narsistiese (klem op nar) geklikhede, plaaslik en globaal. Skryf daaroor sodat ons gewone mense kan verstaan wat aangaan op hierdie planeet van ons wat by die dag meer uit sy baan spin. Maar moenie histeries raak oor al die histeriese goed wat kwytgeraak word nie."

Oor ons trane, nou – en die mistiese groot trek

Johann Rossouw LitNet-skrywersberaad 2025-03-13

"Nee, die beloofde land is net hier tussen ons, net hier waar dit al verkennend onder ons voete vorm aanneem en ons help om mekaar behoorlik te kan sien, omlyn deur ons wonde, littekens en kanniedoodskap."

Top