Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Persverklaring: Die derde kinder- en jeugliteratuurskryfskool is om die draai!
2025-01-23Teen net R2500 per maand kan jy jou skryfdrome vlerke gee en jou naam op boekrakke sien. Die kursus begin Saterdag 25 Januarie 2025.
Annelie Botes (1957–2024)
2025-01-23"Ek glo nie aan daardie storie van vreeslike inspirasie nie. Skryf is eenvoudig harde werk. Elmboog-ghries, dis waaroor dit gaan – soveel te meer omdat skryf op selfdissipline berus." Lees meer oor die lewe en werk van Annelie Botes in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Fresh off the press: Sir Herbert Baker: A biography by John Stewart
2025-01-21Architect Sir Herbert Baker left an indelible mark on South Africa and much of the British Empire in the first half of the 20th century. This is the first full biography from childhood and was written with full cooperation from his family and with access to his archive and private papers.
Vrypostige verslag van ’n (ydele) debuutdigter
2025-01-20"Ja, ek het en sal aanhou skryf omdat ek die aanstuwing voel. Ek was sonder twyfel oormoedig en oorgeesdriftig in 2024, maar gun my die luukse en dwaasheid daarvan."
Die hol gevoel deur RR Ryger: ’n lesersindruk
2025-01-20"Toe RR Ryger se Die hol gevoel die eerste keer gepubliseer is, was dit soos ’n knie in regse knaters. Daar is tans weer hopeloos te veel regse knaters wat luidrugtig rondswaai. Die heruitgawe van Die hol gevoel kom op ’n baie goeie tyd."
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg as koel en welberedeneerde versameling, ’n lesersindruk
2025-01-20"Omdat godsdiens bepaalde psigologiese en kulturele dimensies het, sal die kerk nie verdwyn nie. Gemeenskappe is verknog aan tradisie, maar weens die ontploffing in kennis sal die kerk se historiese meesternarratief van sondeval-verlossing-eindoordeel waarskynlik toenemend herverpak word."
In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys
2025-01-20"Vanaf 1979 kan hy as hoof van Nedbank Groep se taaleenheid en later as dokumentasiehoof, tot sy uittrede in 2007, sy passie en loopbaan kombineer en ’n tasbare bydrae tot doeltreffende kommunikasie op hoofsaaklik finansiële gebied, en veral die ontwikkeling en standaardisering van saketerminologie, lewer."
Geloofsgedigte deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2025-01-20"Die Psalms speel en behoort so ’n belangrike rol te speel in die kerk en die Christelike gemeenskap dat die volledige en betekenisvolle bydrae van Cas Vos tydig en waardevol is."
Goue lint, my storie begint: Die effek van lees op kinders se breine
2025-01-17"Lees is een van die vaardighede wat jou brein kan bemeester wat soms as vanselfsprekend aanvaar word. Ons verwag dit reeds van kinders vanaf sewejarige ouderdom om te kan lees. Maar wat presies gebeur in jou brein wanneer jy lees?"
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Charlotte Manuel
2025-01-16"Kinders kan nou ook hul opvoedkundige programme kom doen, byvoorbeeld Greenshoots, ’n aanlyn wiskundeprogram wat laerskole gebruik en wat ook op ons rekenaars beskikbaar is. Ons het ook ons gebruikers wat aanlyn vergaderings bywoon, onderhoude doen en werksoekers kom sien watter geleenthede daar is. Ons as kleindorpiebiblioteke bied lewensbelangrike dienste aan ons gemeenskappe, omdat almal nie toegang elders het tot al hierdie geriewe nie." Hierdie onderhoud met Charlotte Manuel is die vyftiende aflewering oor ons biblioteke.
Die hele storie: ’n memoir deur Karin Kortje en Lester Walbrugh – ’n resensie
2025-01-16"Sy skryf oor die moord. Ek hoef nie eens in detail te gaan nie. Enigeen wat Karin Kortje se verhaal ken, weet van die moord. Die hele storie is ’n aangrypende verhaal, met al die elemente van ’n Hollywood-sprokie."
Dibi Breytenbach begogel met Heks: ’n lesersindruk
2025-01-15"Die boek is in die eerstepersoon geskryf en dis beslis ’n aanwins en toonkrullekkerte om insae in die hoofkarakter se interne dialoog en binnegesprekke te hê. Hierdie juweeltjies sluit haar wroeging en plesier van ’n ongeoorloofde verhouding in."
Noord van Malelane deur Hennie Nortjé: ’n lesersindruk
2025-01-15"Brevity is the soul of wit, en Hennie Nortjé kán beide bondig en skerpsinnig wees. Humor, of gevatheid, lê natuurlik in die implikasie; die leser moet sy eie antwoord vind en daardeur verras word."
Pasverskyn: Harry Potter en die skatte van die dood deur JK Rowling, vertaal deur Kobus Geldenhuys
2025-01-15Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die laaste stryd moet begin ...
NB-Uitgewers en Jonathan Ball Publishers gooi kragte saam
2025-01-14"Ons is Suid-Afrikaanse uitgewers en ons gee boeke uit vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor – dit bly ons primêre mark en deurentyd word kulturele en gemeenskaplike waardes vooropgestel."
Heil die Leser!: Vertaalkuns as tweespraak – Mario Relandini en Rina Cascione
2025-01-14"Die gruwels van die oorlog word deurlopend gejukstaponeer met die vaderfiguur wat bo alles uittroon en as betowerende memoires geboekstaaf word. Dié roman is ’n moet-lees wat tot op die laaste bladsy ’n sekulêre gebed word aan ’n ouer wat nooit vergeet sal word nie."
Breyten Breytenbach (1939–2024)
2025-01-14"Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis."
Uitnodiging: Bekendstelling van Soos Abraham deur Gerhard Kruger en Franco Kruger
2025-01-14Die SA Akademie nooi alle belangstellendes uit na die bekendstelling van Soos Abraham: Die verhale van agt Kruger-gesinne deur Gerhard Kruger en Franco Kruger op 23 Januarie in Pretoria.
Cliff-hanger: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn
2025-01-13"Dit is nie die eerste keer dat ek ’n boek lees oor die morele en fisieke gevolge van dwelmmisbruik nie, maar Gif stel opnuut belangrike vrae. Het ons as samelewing steroïdegebruik so genormaliseer? Dit is vir my sinvol hoe die boek hierdie etiese grense ondersoek, veral as dit op jonger lesers gemik is."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Talita Viola
2025-01-13"Die stigting van boekklubs, waar hul die geleentheid het om skrywers te ontmoet en oor nuwe boeke te hoor, is ook baie gewild." Hierdie onderhoud met Talita Viola is die veertiende aflewering oor ons biblioteke.
