Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Joha van Dyk (1997–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-02-12

"Ek wou ’n jong skrywer wees; ek wou vroeg begin juis omdat ek nog so baie stories het om te vertel ... " Joha van Dyk is op 2 Februarie 2025 oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Ontvoer deur Constant van der Merwe: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-02-11

"Dit voel vir my asof al sy lewenservaring die inhoud van die boek net soveel meer diepte gee. Hy skryf met selfvertroue, gee sy karakters persoonlikheid, en die storielyn is fyn en slim. Dis amper asof jy na ’n lekker reeks op jou gunstelingstroomdienste kyk, so visueel is sy skryfstyl."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Kaylene Plaatjies

Braam Peens, Kaylene Plaatjies Boeke en skrywers 2025-02-11

Hierdie onderhoud met Kaylene Plaatjies is die sewentiende en laaste aflewering oor ons biblioteke.

Cliff-hanger: Joha van Dyk het haar siel in haar woorde vasgeskryf

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-02-11

"Sy is so jonk, wat kon sy nie bereik het nie. Ek het my kop geskud. Sy het reeds baie bereik. Sy was iemand wie se potensiaal reeds gestalte gevind het."

Die nuwe taalargitektuur

Crito (Kerneels Breytenbach) Boekrubrieke 2025-02-11

"Die tendens onder resensente is die afgelope klompie jare om positief te skryf oor boeke. Resensente gee ’n reaksie op inhoud, maar selde kritiek soos dit in die sestigs en sewentigs in resensies aangewend is."

Kinderboeke: Terug skool toe met lekkerleesboeke

Magdel Vorster Kinderboeke 2025-02-11

"Vir eers, aan die begin van die skooljaar, moet daar egter gemik word na en baklei word vir … ’n positiewe verhouding met boeke en lees."

Uitnodiging: Kom kuier en fliek saam met Katinka Heyns op 15 Februarie by die FAK Kaap-kantoor

LitNet Leefstyl 2025-02-10

Die FAK onthou Dalene Matthee en huldig haar groot Afrikaanse literêre nalatenskap en nooi ons FAK-lede, vriende en belangstellendes uit na ’n praatjie deur Katinka Heyns, gevolg deur die buitelugvertoning van hierdie film. Kom luister hoe sy vertel van haar ontmoetings met Dalene Matthee en die maak van Fiela se kind die rolprent.

Persverklaring: Breyten Breytenbach se lewe en werk op 23 Februarie 2025 by die Breytenbach Sentrum in Wellington gevier

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-10

Die Sentrum kan op Sondag 23 Februarie 2025 vanaf 14:00 besoek word. Gaste kan ’n besonderse #altydbreyten-uitstalling in die galerye besigtig, en ook die boekwinkel en digterstuin besoek. Die amptelike program vind van 18:00 tot 20:00 plaas.

Die katartiese metode deur Jaco Fouché: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2025-02-07

"Tronelle van Huysen, die hoofkarakter in Die katartiese metode, word op 30 met skisofrenie gediagnoseer. Ná ontstellende gebeure word sy uit haar gesinslewe, werk, familie- en vriendekring geruk. ... Fouché skryf dikwels oor soortgelyke karakters, randfigure, ’n faktor wat sy werk onneersitbaar maak. Niemand wil tog oor vaal karakters lees nie."

Press release: Announcement of the winner of the Philida Literary Award in 2025

LitNet Books and writers 2025-02-06

Today, on the tenth anniversary of André Brink’s death (6 February) we pay tribute to his life and work and announce that the Philida Literary Award, established in his memory in 2020, goes to Hedley Twidle and is awarded to him for an oeuvre of literary excellence.

Press release: Open Book Festival and Book Lounge present Youth Fest 2025

LitNet Books and writers 2025-02-06

Open Book Festival announces its third annual Youth Festival, building on the momentum of previous years to create an even more dynamic celebration of youth literature and creativity. Youth Fest 2025 will run from 19 to 26 March 2025 and promises to bring together established and emerging voices in children’s and young adult literature, fostering a love of reading and writing among young people across Cape Town. 

Nuut by Lux Verbi: Bybelblokraaie deur Heidri Mittendorf

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers. 

New from Tafelberg: Our long walk to economic freedom by Johan Fourie

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

How did Einstein help create Eskom? Why can an Indonesian volcano explain the Great Trek? What do King Zwelithini and Charlemagne have in common? These are some of the questions Johan Fourie explores in this entertaining, accessible economic history spanning everything from the human migration out of Africa 100 000 years ago to the Covid-19 pandemic

Nuut by Tafelberg: Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan de Wet Boer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek. Want niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die houe van die lewe so goed soos ’n naby vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.

Nuut by Tafelberg: Landuit, want jy wil mos deur Zirk van den Berg

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-06

Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ’n huis vol Kapenaars om Kiwi’s te word. Hy vind homself werkloos, in ’n piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn te min en sy vrou snik snags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ’n betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou. 

Persverklaring: Louwhuis en ATKV Digskool 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-05

Die Louwhuis en Museum Sutherland bied weer die jaarlikse ATKV Digskool op 28 tot 30 Maart 2025 in die nuut gerestoureerde Louwhuis aan. Soos met die vorige digskole beloof dit om weer ’n besondere Roggeveldse ervaring te wees. Bernard Odendaal en Heilna du Plooy gaan die gespreksleiers wees. Elke kursusganger moet vooraf twee gedigte indien wat deur die aanbieders deurgewerk word vir kommentaar.

Elders gesien: Engelvere en ’n boek vol magiese realisme

Marita van der Vyver Elders gesien 2025-02-05

"En toe binge-watch ons in die Feesdae die Netflix-reeks en ek weet nóú gaan ek dit weer lees."

Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: De Wet Hugo lees voor uit Die doodgewone bure

De Wet Hugo Kinderboeke 2025-02-05

De Wet Hugo is as die wenner van NB-Uitgewers se kinderboekkompetisie van 2023 bekroon. Hier lees hy voor uit sy wenboek: Die doodgewone bure.

Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Chareldine van der Merwe lees voor uit Huisies vir muisies

Chareldine van der Merwe Kinderboeke 2025-02-05

Chareldine van der Merwe lees voor op Wêreldhardopleesdag! Die volgende boek in hierdie reeks is ook binnekort op die rakke.

Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Jaco Jacobs lees voor uit Dit is nie ’n boek nie

Jaco Jacobs LitNetKanaal op YouTube 2025-02-05

Jaco Jacobs lees voor op Wêreldhardopleesdag! Hier is ’n voorlesing vir al die kinders en vir almal jonk van gees.

Top