
Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp (Penguin Random House SA, 2025)
Titel: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika
Skrywer: Rudi Steenkamp
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Julie 2025)
ISBN: 9781779890238
Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon, wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie.
Ontmoet ’n spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip, nog een wat as ’n mier vermom is ... en meer as vyftig ander – van die welbekende Langbeenspinnekop tot die pragtige Blomkrapspinnekop, stekelrige Krimpvarkiespinnekop en goedgekamoefleerde Basspinnekop.

