Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Chareldine van der Merwe lees voor uit Huisies vir muisies
2025-02-05Chareldine van der Merwe lees voor op Wêreldhardopleesdag! Die volgende boek in hierdie reeks is ook binnekort op die rakke.
Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Jaco Jacobs lees voor uit Dit is nie ’n boek nie
2025-02-05Jaco Jacobs lees voor op Wêreldhardopleesdag! Hier is ’n voorlesing vir al die kinders en vir almal jonk van gees.
Die tantes van Atlantis deur Philip de Vos: ’n lesersindruk
2025-02-04"Oumense soos ek is beslis nie te oud om ook die spel tussen woord en beeld te geniet nie. Dalk help dit ons om weer in voeling te kom met die magiese ontdekking van boeke soos toe ons jonger was?"
Kortliks met Stefaans: 4 Februarie 2025
2025-02-04"Als wat ek sê, klink soos ’n komplot, maar juis! Samesweringsteorieë maak goeie stories."
PenAfrican: Eurotrash by Christian Kracht – a book review
2025-02-04"Eurotrash, by the Swiss-German author Christian Kracht, is a novel of ideas and what the Germans call Vergangenheitsbewältigung (coming to terms with the past). It is about the grinding burden of having been born into tainted privilege, and the engulfing guilt that comes with that self-realisation."
Elders gesien: Dit was ’n voorreg om Joha se werk uit te gee
2025-02-03"Met hierdie proefskrif het sy gehoop om toekomstige navorsing en die bewaring van Namakwaland se mondelinge tradisie aan te moedig."
Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n lesersindruk
2025-02-03"Ek voel my weer genoop om kampvegter vir kortkuns te bly."
Elders gesien: Joha se afsterwe is ’n reuseverlies vir Afrikaans
2025-02-03"Ons onthou haar veral vir haar ongelooflike talent en inspirasie."
Elders gesien: Dit moet ’n ander Joha wees
2025-02-03"Ek het geweier om dit te glo. Dit kan nie waar wees nie. Dit moet ’n ander Joha wees. ’n Cruel grap."
Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé: Foto’s en video’s vir almal wat nie daar was nie
2025-01-31Uiteindelik wens Charl-Pierre Naudé vir Jaco Barnard-Naudé geluk met "die wonderlike skepping, raar en mooi".
Nuut by Queillerie: Ontvoer deur Constant van der Merwe
2025-01-29Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig onmiddellik agterna. Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het. Wanneer George in sy soeke na die meisie te naby aan die waarheid kom, word sy eie lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, Elena en Carla, bedreig. Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red voordat dit te laat is?
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Daniel Arendse
2025-01-29"Ons koördineer ons gemeenskapsuitreikpogings om programme te verskaf wat in die behoeftes van ons mense voorsien." Hierdie onderhoud met Daniel Arendse is die sestiende aflewering oor ons biblioteke.
Persverklaring: Bekendstelling van Lens deur Gert Coetzee by NALN in Bloemfontein – 20 Februarie 2025
2025-01-29Kom kuier saam! Gert Coetzee gesels oor sy spanningsroman Lens: Op die nuusspoor by NALN op 20 Februarie 2025 om 18:00. Charles Smith tree as gespreksleier op.
Boere by Thabazimbi en ander verhale: In gesprek met die uitgewer
2025-01-29"Kortverhaalbundels maak nie geld nie, maar die literêre waarde daarvan is soveel groter, en ek dink dis nodig om ’n platform vir opkomende skrywers te skep waar hulle blootstelling vir hul werk kan kry."
Pasverskyn: Te poenankies vir woorde deur Wendy Maartens
2025-01-28Te poenankies vir woorde is ’n unieke en inkleurboek wat fokus op idiome en gesegdes oor vriendskap, liefde en omgee. Hierdie boek is ontwerp om kinders en selfs volwassenes te inspireer om die waarde van liefde en vriendskap te vier. Met pragtige illustrasies om in te kleur en betekenisvolle idiome om te ontdek, is hierdie boek perfek vir gebruik in die klaskamer, as ’n geskenk, of as ’n interessante gesprekspunt aan die etenstafel of rondom die braaivleisvuur.
Breyten Breytenbach – ’n besinnende en kritiese waardering
2025-01-27"Kortom, dit gaan hier oor ’n voorlopige waardering (as tipe huldeblyk) wat die volgende motiewe in sy kuns en besinnende werk onder die loep neem: jeugherinneringe, ’n komplekse spiritualiteit, vervreemding en ballingskap, politieke verset en aktivisme, en taal as ruimte van mag en weerstand."
Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n resensie deur ’n jong leser
2025-01-24"Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins was ’n wonderlike ramp wat ek oor en oor wil beleef."
Die kinder- en jeugliteratuurskryfskool in Wellington: Pieter van Zyl vertel hoe sy boek gebore is
2025-01-24"My ma, Nellie Winifred de Villiers van Zyl, is die rede hoekom ek so graag kinder- en jeugboeke wil skryf. ... Met die vergeetagtigheid wat vir haar al meer ontstellend geraak het, het ek geweet ons tyd is min om ons projek te voltooi. Dis hoekom ek ingeskryf het vir die kinderboekskryfkursus om te slyp aan die manuskrip."
Elders gesien: Vernietig deur Michel Houellebecq
2025-01-23"Wat ’n monumentale werk, so anders as wat ek Houellebecq leer ken het."
Hoekom stort Koos Kombuis koud?
2025-01-23Koos Kombuis leef in die jaar 2025, maar in oranje Amerika het die moderne era skynbaar nog nie aangebreek nie. Hoe gemaak? Hoe kan skrywers hul lesers probeer verstaan? Koos deel nog vrae, maar hy het darem raad ook (nie vir die VSA nie, maar vir homself). Sy hulp kom uit twee boeke wat hy graag aanbeveel. Skakel in, dan vertel hy sommer vir jou hoekom hy deesdae koud stort.
