’n Gedetailleerde program van die Etienne van Heerden Veldsoirée

  • 2

Die Etienne van Heerden Veldsoirée vind plaas van 25 – 27 Julie 2025. Hier volg ’n gedetailleerde uiteensetting van die sprekers, hulle onderwerpe, wanneer hulle optree en waar hulle optree.

Vrydag 25 Julie

09:00 tot 12:30 – ATKV-skryfskool (slegs vir diegene wat vooraf bespreek het)

Meld asseblief aan by die Victoria Manor se ontvangs.

  • Prosa, aangebied deur Hannes Barnard, in die Biblioteek aan die einde van die wêreld
  • Poësie, aangebied deur Bernard Odendaal, in die raadsaal van die Victoria Manor

13:00 tot 13:45: Middagete by Buffelshoek DiRosie Lodge

(Koste R100 per persoon, betaalbaar by Buffelshoek. ’n Kontantkroeg is ook beskikbaar.)

Buffelshoek is net meer as 16 km van die hotel af. Vra gerus by die hotel vir besonderhede oor hoe om daar te kom.

13:50 tot 17:45: Gespreksessies by Buffelshoek DiRosie Lodge (Gratis)

  • 13:50 Opening
  • 14:00 Frederik de Jager: Die storie van ’n storie van roman tot draaiboek (Frederik de Jager het bekend geword as uitgewer en redakteur. Tussendeur was hy artikelskrywer, resensent, vervaardiger van dokumentêre TV-programme, keurder en beoordelaar. Sy rubrieke is ook in boekvorm uitgegee.)
  • 14:30 Albert Grundlingh: Frederik Van Zyl Slabbert, ’n dissidente Afrikaner oor Afrikaner-identiteit (Albert Grundlingh is ’n emeritus professor en navorser aan die Universiteit Stellenbosch. Hy spesialiseer in sosiale en kultuurgeskiedenis met ’n besondere belangstelling in oorlog en die samelewing.)
  • 15:00 Darryl David: Die dertig grootste romans in Afrikaans (Darryl Earl David is ’n akademikus en die skrywer van ’n groot aantal boeke, maar hy is veral bekend as die man wat boekfeeste stig. Darryl is ook die stigter van die Etienne van Heerden Veldsoirée.)
  • 15:30 PJO Jonker: Die hele wêreld is op Erfdeel vandag (Philip Jonker is ’n wynboer, maar PJO Jonker is ’n skrywer op ’n plaas naby Koffiefontein. Sy opspraakwekkende roman Die onsigbare het hom baie sigbaar gemaak.)
  • 16:00 Pouse
  • 16:15 Peter Vale: 1947, no everyday year (Peter Vale is a senior research fellow at the Centre for the Advancement of Scholarship, University of Pretoria, and visiting professor of International Relations at the Federal University of Santa Maria in Brazil. He served many academic institutions in various countries and is a former vice-rector for Academic Affairs at the University of the Western Cape.)
  • 16:45 Hein Willemse: “Haal af bitsje bitsje en maak ope die omwoelsels” – vroeë Arabies-Afrikaanse tekste (Hein Willemse het letterkunde en algemene literatuurwetenskap aan die Universiteit van Pretoria gedoseer. Hy publiseer hoofsaaklik oor kanonisering, kreolisering, marginalisering, die biografie en die outobiografie. Hy het ook as besoekende professor aan verskeie universiteite in Afrika, Europa, Latyns-Amerika en die VSA gedien.)
  • 17:15 Hein Viljoen: Cappuccino of flat white: Literêre waardes en die kanon tussen resensente en smaakmakers (Hein Viljoen is navorsingsgenoot in die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks en afgetrede professor: Afrikaans en Nederlands. Hy is ’n gegradeerde navorser en skrywer van talle akademiese artikels en hoofstukke in boeke. Hy is ook ’n gepubliseerde digter.)

18:00 tot 19:00 Aandete in die Victoria Manor (Koste R200 per persoon)

19:15 tot 21:20 Gespreksessies in die Victoria Manor

(Koste R50 per persoon, maar gratis vir sprekers en deelnemers aan die ATKV-skryfskool)

  • 19:15 Rory Riordan: The paradox of the biographer (Rory Riordan used to be a businessman, but the bank took away his facilities when the state of emergency struck. He then co-founded and became chief executive of the Human Rights Trust. He was active in local politics, is the author of Apartheid’s Stalingrad and has just completed a manuscript on Athol Fugard.)
  • 19:45 Burgert Senekal: Die donker kant van die taal: Afrikaanse doods- en swartmetaal (Burgert Senekal is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat, in die Departement Rekenaarwetenskap en Informatika en die Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging. Sy navorsing fokus op netwerkwetenskap, komplekse sisteme, en die digitale geesteswetenskappe, met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde, film, musiek en kultuur. Hy het ’n uitgebreide publikasierekord.)
  • 20:15 Andile Bhali: Volksliedjies, deel 1 (Andile Bhali was in die Drakensbergse Seunskoor. Hy is tans ’n orrelis in die NG Kerk en hy bevorder toerisme in die Oos-Kaap.)
  • 20:30 Luna Paige: Om die sterflikheid van blomme en mense (Luna Paige is ’n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en storieverteller. Sy glo in die positiewe maatskaplike impak wat die kunste aan ’n samelewing kan bied. Sy het al verskeie CD’s gemaak en tree gereeld in Suid-Afrika en Europa op.)
Saterdag 26 Julie

08:00 tot 10:00 – ATKV-skryfskool (slegs vir diegene wat vooraf bespreek het)

  • Prosa, aangebied deur Hannes Barnard, in die Biblioteek aan die einde van die wêreld
  • Poësie, aangebied deur Bernard Odendaal, in die raadsaal van die Victoria Manor

10:30 tot 12:30: Gespreksessies in die Victoria Manor

(Koste R50 per persoon, maar gratis vir sprekers en deelnemers aan die ATKV-skryfskool)

  • 10:30 Alywn Roux: Brief en repliek: Beeldvorming van (Suid-) Afrikaanse digters in die Lae Lande (Alwyn Roux is ’n medeprofessor in literatuurwetenskap en kreatiewe skryfkuns in Unisa se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap. Hy was onlangs ’n besoekende dosent aan die Universiteit Gent. Alwyn is ’n gepubliseerde digter en medesamesteller van die onlangs verskene bloemlesing Merang.)
  • 11:00 Ena Jansen: Die konteks en proses van die vertaling van Max Havelaar in Afrikaans (Ena Jansen was hoogleraar in Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam, dosent in moderne Nederlandse letterkunde aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en ook navorsingsgenoot aan die Universiteit van Johannesburg. Sy het op haar werk oor Elisabeth Eybers gepromoveer.)
  • 11:30 Ingrid Glorie: Memoires van een hoofmeisie (Ingrid Glorie bouwde naam op als schrijver van recensies, interviews en wetenschappelijke studies op het gebied van de Afrikaanse literatuur. Zij is ook vertaler en was eens hoofdredacteur van Maandblad Zuid-Afrika en Zuid-Afrika Spectrum. Glorie is initiatiefnemer en coördinator van de Week van de Afrikaanse roman.)
  • 12:00 Nolwazi Mahlangu: Die migrerende liggaam (Nolwazi Mahlangu is ’n digter, dramaturg en praktisyn in toegepaste drama. Sy werk kreatief met die migrasie van liggame, tale, argiewe en die Sy is tans besig met die migrerende liggaam: die maniere waarop dit beide skeuring en herstel dra, die stiltes wat dit uitvoer, die grense wat dit breek en bou.)

13:00 tot 13:45 Middagete by Buffelshoek DiRosie Lodge.

(Koste R100 per persoon, betaalbaar by Buffelshoek. ’n Kontantkroeg is ook beskikbaar.)

14:00 tot 17:30 Gespreksessies by Buffelshoek DiRosie Lodge (Gratis)

  • 14:00 Luan Staphorst: Oor Boreas en sy Boesman-broer: Oxford, Afrikaans, en die meerfoutdigtheid van die Suide (Luan Staphorst is ’n Mandela Rhodes-beurshouer en Abe Bailey-genoot wat sedert Februarie 2019 verbonde is aan die Leerstoel vir Kritiese Studies in Hoëronderwystransformasie aan die Nelson Mandela Universiteit. Tussendeur doen hy ’n DPhil aan die Universiteit Oxford.)
  • 14:30 Bernard Odendaal: Die mediosfeer (Bernard Odendaal is ’n buitengewone professor verbonde aan die Navorsingseenheid vir Tale en Letterkunde in die Suid-Afrikaanse Konteks van die Noordwes-Universiteit. Hy is ’n gepubliseerde digter en die skrywer van sowat 70 vakkundige artikels en boekbydraes en meer as 300 resensies en rubrieke.)
  • 15:00 Anthony Akerman in conversation with André Hattingh: Lucky bastard, an adoption memoir (In this conversation Akerman will explain his own story which had led him to pen his memoirs.)
  • 15:30 Pouse
  • 15:45 Mputhumi Ntabeni: The value of oral history (Mphuthumi Ntabeni is the author of two award-winning novels. He worked with the Drama Department of Rhodes University on two plays for the South African National Arts Festival. He has a passionate interest in South Africa’s frontier history and the wars of land dispossession. Most recently he researched the origins of KwaNojoli’s name. A monograph and documentary film resulted.)
  • 16:15 Selwyn Milborrow: Tematiese verkennings in Clinton V du Plessis se poësie (Selwyn Milborrow is ’n digter, kinderboekskrywer, romansier, joernalis en bekroonde potgooi-aanbieder. Hy doseer kreatiewe skryfwerk, poësie, en akademiese- en lewensvaardigheidbestuur by Nelson Mandela Universiteit en lewer gereeld akademiese referate. Selwyn se kinderboek Skitterdinge en Skoeloeloe vir graad 4 tot 6 leerders verskyn in September by NB Uitgewers.)
  • 16:45 André Hattingh: My leaves stay green (At the age of 13 André was touring South Africa on a professional basis with her sister Jenny and the well-known duo Groep Twee. She completed her degree, settled in Johannesburg and became a star in musicals. Movie and television roles followed. André also transformed into a successful fashion designer. She recently published her first poetry collection, My leaves stay green.)

18:00 tot 19:00 Aandete in die Victoria Manor (Koste 200 per persoon)

19:15 tot 21:30 Gespreksessies in die Victoria Manor

(Koste R50 per persoon, maar gratis vir sprekers en deelnemers aan die ATKV-skryfskool)

  • 19:15 Heindrich Wyngaard: Identiteit. (Heindrich Wyngaard is ’n skrywer, joernalis, TV-aanbieder en die uitvoerende hoof van Kaapse Forum.)
  • 19:45 Anthony Akerman: What Guy Butler saw (Anthony Akerman is an award-winning playwright and director who has also written extensively for radio and television.)
  • 20:15 Andile Bhali: Volksliedjies, deel 2
  • 20:30 Christof Berg: Die klei van ons binnekant (Christof Berg het in 2002 ’n nasionale musiekkompetisie gewen wat hom toegelaat het om in komposisie en kontemporêre musiek te studeer. Sedertdien het hy al die wêreld vol gereis. Van Hollywood tot China, ook in verskeie in Afrikalande, die Midde-Ooste en Europa. Wanneer hy nie toer nie, boer hy in die Vrystaat. Bestudeer ook gerus sy kuns wat uitgestal word.)
  • 21:20 Oorhandiging van die Orde van die windpomp 
Sondag 27 Julie

09:00 tot 11:40 Gespreksessies in die Victoria Manor

(Koste R50 per persoon, maar gratis vir sprekers en deelnemers aan die ATKV-skryfskool)

  • 09:00 Anschen Conradie in gesprek met Izak de Vries (Anschen Conradie verwerf haar BJuris-graad en begin as staatsaanklaer in Kuilsrivier werk. Sy verwerf later haar LLB en aanvaar ’n pos in die Oos-Kaap, waar sy deel word van die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy het baie onlangs afgetree na meer as drie dekades se diens. Anschen was van kinderdae af boekbedinges en het begin boeke versamel en lees vandat sy kan onthou. Wanneer sy nie lees nie, is sy op ’n perd se rug en plaas gereeld lesersindrukke op sosiale media as #uitdieperdsebek.)
  • 09:30 Mercia Coetzee: Kultuuroorlog teen kommunikasie: Wat ons wil, kan, moet, mag, en nie durf sê nie (Mercia Coetzee was tot onlangs ’n medeprofessor in die Kommunikasiedepartement aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in die Vrystaat, waar sy Afrikaans en Kommunikasiekunde doseer het. Haar navorsingsfokus sluit in die “Ierse dagboeke” van Karel Schoeman en die gebruik van sosiale media in tersiêre onderwys.)
  • 10:00 Hannes Barnard: Jeugboeke, die unieke uitdaging (Hannes Barnard is die skrywer van talle jeugboeke. Hy is ook die aanbieder van skryfkursusse en ’n bemarker.)
  • 10:30 Pouse
  • 10:40 AJ Opperman in gesprek met Izak de Vries (AJ Opperman is ’n joernalis wat bekend is vir sy dekking van kunsgebeure en vir die manier waarop hy die sosiale media inspan in sy werk. AJ is ’n boorling van Cradock.)
  • 11:10 Riana Scheepers: Ek wat vuur bemin en altyd waaghalsig was (Riana Scheepers is een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans. Uit haar pen het agt kortverhaalbundels, twee romans, ’n digbundel, rubriekbundels, kinderverhale, kookboeke en verskeie akademiese en joernalistieke artikels verskyn. Haar literêre werk is in Nederlands, Spaans, Frans en Engels vertaal. Sy doseer aan die Universiteit van die Vrystaat en gee ook lesings in Nederland, Friesland en Pole. Riana het al in die Vlaamse parlement opgetree.)

12:30 tot laatmiddag: Bergrit vanaf Buffelshoek DiRosie Lodge na Olive Schreiner se sarkofaag

(Die bakkies is vol. Die plekke is reeds almal bespreek.)

  • Elsabé Brits lewer die grafrede: Emily en Olive – twee koppiges in die Karoo (Elsabé Brits is ’n bekroonde wetenskap- en mediese joernalis. Brits het ook die lewe van Emily Hobhouse nagevors en ’n biografie oor haar geskryf. As skrywer, kurator en inhoudsnavorser het sy The Story of Emily, ’n besienswaardigheid in Cornwall, help ontwikkel.)

Hierdie program is onderhewig aan verandering.

Veldsoirée-borge/Veldsoirée sponsors

ATKV-Skryfskool

Die Tuishuise en Victoria Manor

Buffelshoek DiRosie Lodge

Afrikaans Amptelik 100

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top