Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad na die Karoo

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

LitNet en sy vennote kondig graag aan dat daar ’n suksesvolle aansoeker was vir die 2025-inwoonskrywerskap in Cradock/Nxuba, en dat ’n lang lys skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad is na die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 25 tot 27 Julie 2025 in Cradock/Nxuba plaasvind.

Kinderboeke: Van dansdrome na dansers – na rolmodelle

Magdel Vorster Kinderboeke 2025-05-16

"Dit is hierdie soort boeke wat kan help om drome en hoop lewend te hou, aangesien die pad na sukses, danksy bekende of gemeenskaplike omstandighede en komvandaans, meer toeganklik kan voel."

Persverklaring: Die ATKV Digskool 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

Die 2025 ATKV Digskool in die Louwhuis en Museum Sutherland is verby. Vir drie dae het 24 digters meegedoen aan besprekings en ontledings, onder leiding van Bernard Odendaal en Heilna du Plooy.

Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

’n Poësieprys wat hulde bring aan een van Afrikaans se literêre ikone, Breyten Breytenbach, word voortaan jaarliks toegeken. Die nuwe Breyten Breytenbach-prys vir Afrikaanse digkuns beloop R200 000 – sonderlinge aansporing in ’n genre wat relatief min erkenning kry in die vorm van literêre pryse. Die prys maak deel uit van die jaarlikse kykNET-Rapportpryse en word toegeken vir Afrikaanse digbundels wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.

LitNet Akademies-resensie-essay: Dienaar van die waarheid deur MC Botha

Johann Rossouw Resensies 2025-05-15

"Desondanks, as die leser hierdie hebbelikhede kan verduur, lewer MC Botha met Dienaar van die waarheid ’n roerende, dikwels kostelike getuienis van sy grootouers aan vaderskant en van sy ouers – merkwaardige mense wat na die beste van hulle beperkte vermoëns die goeie lewe in moeilike omstandighede probeer leef het."

Nuut by Lapa: Kwaailappies: Stories oor Afrikaans se komvandaan deur Ronel van Oort

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-05-15

Hierdie boek sal vir kinders ’n omvattende, maar maklik leesbare geskiedenis van Afrikaans se taalontwikkeling gee. Die taal se lang geskiedenis – wat reeds lank voor die VOC se aankoms aan die suidpunt van Afrika begin – word sorgvuldig nagevolg en met deeglike navorsing ondersteun. Die boek is verdeel in ses hoofstukke wat elk deur middel van ’n storie vertel word. Hierdie geskiedenis sal vir kinders lewe!

Digters, denkers en datamasjiene: Wie se werk is dit?

Mercia Coetzee LitNet-skrywersberaad 2025-05-15

"Weer eens het ek ChatGPT self genader vir ’n lys van dié KI-tegnologieë wat die meeste, en met die meeste sukses, vir sodanige samewerking gebruik kan word."

Pasverskyn: Jakkals en Wolf 2: Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels deur Wendy Maartens

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-15

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar ’n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels. In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf steeds om mekaar uit te oorlê, maar bly steeds die beste maats.

Hendrik Januarie (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-15

"Skryf neer, want mens gaan vergeet. Papier bring als terug. Jy sien dit." Lees meer oor Hendrik Januarie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: kortlyste van die 2025-UJ-pryse vir Afrikaans aangekondig

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-15

Die UJ-pryse word toegeken aan uitnemende tekste in enige genre wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en in die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is vanjaar se kortlyste.

Cliff-hanger: Geheim in die riete deur Constant van Graan: ’n resensie

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-05-14

"Die karakters van die boek is goed gekies. Almal word só vinnig en doeltreffend geskets dat jy omgee. Jy wil weet wat van hulle word. Dis ’n rare talent: om met min woorde karakters te skep wat jy nie sommer vergeet nie."

Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-05-13

"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."

Goue lint my storie begint: Die unieke aard van kinder- en jeugboeke

Anke Theron Kinderboeke 2025-05-13

"Wat maak kinderboeke werklik anders en veelsydiger as volwasseneliteratuur? Waarom neem ons dit ernstig op? Waarom en hoe kan ons dit as waardevolle literatuur beskou? Al hierdie vrae se antwoorde begin by die konstruering van ’n definisie: Wat is kinderliteratuur?"

Song of the slave girl by Ashraf Kagee: A reader’s impression

Sarah Oosthuizen Books and writers 2025-05-13

"It’s a daring book.  He shows – and tells – with every word a song’s note, an ingredient that stirs flavours within, and the result is both delicate and rich."

Uitnodiging: Bekendstelling van Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-05-13

Die SA Akademie nooi u vriendelik na die bekendstelling in Pretoria van Louise Viljoen (red.) se boek Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe. Dit is die sestiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners en die gevierde Antjie Krog is die eregas. RSVP teen 15 Mei.

Elza Rademeyer (1944–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-09

"Skryf is pure plesier. Om baie vriende en vriendinne te hê ook. My ander stokperdjie is tuinmaak. Terwyl ek spit en plant, dink en memoriseer ek dit wat ek op papier wil sit." Lees meer oor Elza Rademeyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Pasverskyn: Prins deur Ryan Pedro

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-08

In Prins word die kompleksiteit van manlikheid ontleed; die oomblikke van teerheid word gevier en die vernietigende word gekritiseer. Alhoewel die bundel handel oor stories en karakters uit ’n bepaalde gemeenskap en agtergrond, skryf Pedro doelbewus weg van vooropgestelde idees oor coloured-laities. 

Boeke vir die tye waarin ons leef

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-05-07

Koos Kombuis het in Namibië gaan toer, waar hy ook boekwinkels besoek het. Vandeesmaand lees hy twee skrikwekkende boeke – een handel oor die oorlog in Gaza en die ander oor ’n fiktiewe apokalips in die VSA. Daar is darem ’n derde een ook – een wat hom laat grinnik van die lekkerkry.

Persverklaring en nuutsflits: Afrikaans Amptelik 100 – NB-Uitgewers bied afslag op sekere boeke!

LitNet Jonathan Ball-portaal 2025-05-07

"Om die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925 te herdenk, skop NB se 'wees wakker, soek die geel plakker!'-veldtog vanjaar op 8 Mei af. Lesers kan in boekwinkels op die uitkyk wees vir dié Afrikaanse boeke wat met ’n heldergeel plakker gemerk is."

Kreatiewe reaksies op literêre kritiek

Daniel Hugo LitNet-skrywersberaad 2025-05-07

"Boonop sal die kreatiewe reaksie in die meeste gevalle veel langer gelees en geniet word as die oorspronklike stuk kritiek."

Top