Pasverskyn: Roulette deur Sidney Gilroy

  • 0

Roulette deur Sidney Gilroy (Human & Rousseau, 2025)

Titel: Roulette
Skrywer: Sidney Gilroy
Uitgewer: Human & Rousseau (Augustus 2025)
ISBN: 9780798185127
Epub ISBN: 9780798185134

In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.

Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak?

Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top