Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Wanneer selfhelpboeke wel help
2025-03-31Sy renons ten spyt, lees Koos die genre en hierdie maand deel hy drie boeke wat hy hoog aanslaan.
Middelpos se mense, saamgestel deur Anneretha Grobler: ’n lesersindruk deur Sarel Venter
2025-03-31"Middelpos se naam leef voort onder sy mense en sy gaste."
’n Huldeblyk aan Johann de Lange
2025-03-31"As ’n gewaardeerde digter sterf, is een van ’n mens se impulse, na die skok en die algemene agge nee daarvan, om sy werk op te som, die boek toe te maak en in die regte vakkie te gaan sit: groot digter, mineur groot, major minor, minor maar ... In Johann de Lange se geval is die antwoord: Hou hom langs jou bed vir nog ’n ruk; dit maak nie saak nie."
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Knal deur Bettina Wyngaard, 9 April 2025, 15:30 | Oude Leeskamer
2025-03-28Bettina Wyngaard doen dit weer! Sluit by ons aan vir die bekendstelling van Knal, die vyfde blitsblaaier in haar boeiende misdaadreeks met die hoofkarakter, Nicci de Wee. Wat is die geheim van hierdie eertydse prokureur om boeiende misdaadromans in hierdie baie gewilde genre te skep? Moenie die gesprek tussen Naomi Bruwer en Bettina in Jannie se Leeskamer op 9 April om 15:30 misloop nie!
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Follow me to Africa deur Penny Haw, 9 April 2025, 10:30 | Oude Leeskamer
2025-03-28Penny Haw is bekend vir boeke wat sterk, interessante en onafhanklike vroue uitbeeld, met ’n ruim verkenning van die onderlinge verbondenheid van alles wat lewe. Dit is ons plesier om haar op 9 April in Jannie se Leeskamer te verwelkom vir die bekendstelling van haar derde historiese roman, Follow me to Africa. Sluit by ons aan vir hierdie bekroonde skrywer se gesprek met Eva Mazza.
21 Voices: Why the Palestinian struggle is a global matter, a reader’s impression
2025-03-28"While apartheid in South Africa may have been banished, 'apartheid' – separateness – is seeking to stretch its hideous tendrils around the globe. We seem to be retreating into spaces too small, surrounding ourselves with those who are seemingly similar."
Die rigtingverandering
2025-03-28"’n Boekebedryf sonder resensies is een waar uitgewers se gesondheid nooit openlik gediagnoseer word nie, en waar die afsterwe ’n skok is."
Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse van 2025 bekend
2025-03-28Vanjaar is dit die tweede jaar dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf aangekondig word. Die vier kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekendgemaak.
Evelyn Marais (1902–1995)
2025-03-28"As ’n mens nie droom nie, hoe gaan jy dit verwesenlik?" Lees meer oor Evelyn Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Waarom Donkerster goeie leesstof vir die skoleherfsvakansie is: ’n onderhoud met Annerle Barnard
2025-03-28"Dis aktueel. Dis relevant!"
Seen elsewhere: Johann de Lange, eternally dedicated and devoted
2025-03-28"Will you now share your space with all the great writers you so admired and loved."
Die stil kreet van ’n verlore hart: Where the crawdads sing, ’n lesersindruk
2025-03-27"Kya was nooit die monster wat hulle van haar gemaak het nie. Maar hulle het ’n monster gesoek – en uiteindelik het sy besluit dat sy nie weer ’n slagoffer sou wees nie."
Rebecca deur Wilna Adriaanse, ’n lesersindruk
2025-03-27"As dit vir jou vaagweg bekend klink, is jy op die regte spoor, want Rebecca het ná 20 jaar weer met mening op die rakke verskyn. Sy het niks ouer geword nie, maar wel ’n selfoon bygekry en rits nou met Uber wanneer sy nie kan stap waar sy wil wees nie."
Invitation: Book launch of The lucky ones by Alistair Mackay at The Book Lounge on 8 April 2025
2025-03-27You are invited to an exclusive launch of The lucky ones by Alistair Mackay at The Book Lounge in Cape Town on 8 April 2025. You’ll be able to get your hands on a copy before anyone else. Plus, you can get your book signed by the author, who will be in discussion with Kelly Smith.
The "slammification" of the spoken word movement: Good or bad news for South African literature?
2025-03-27"The loss of spaces designed to cultivate and encourage free expression is arguably the main reason for the decline of the spoken word community as a transformational literary force. But how did slam end up monopolising the spoken word scene?"
Jy’s seker nie ernstig nie
2025-03-26"Want jy skryf nie vir kinders omdat dit 'maklik' of 'oulik' is nie. As jy werklik opreg is in wat jy skryf, skryf jy vir kinders omdat jy besef daar is iets ongelooflik spesiaal en kosbaar en delikaat en skrikwekkend en onbevange en verbeeldingryk aan die leef- en ervaringswêreld van jongmense."
Transformasies: Is Rumi ’n mistikus of "social media crack cocaine"?
2025-03-26"Hy was nie slegs ’n filosoof, mistikus, digter en stigter van ’n Soefi-orde met tollende bedelmonnike nie, maar iemand met diepgaande insig in die aard van die menslike bestaan, en waarskynlik een van die grootste mistieke digters van alle tye."
Dominion: ’n Boek wat sê waar en wat ons is, hoe ons hier gekom het
2025-03-26"Sy tese en argument is hoogs interessant en sy boek lees baie lekker. Ek vermoed dat daar baie waarheid is in die beeld wat hy gee van die Christelike oorsprong van ons huidige waardes."
PenAfrican: Ibuyambo Book Festival
2025-03-25"This was my first time ever attending a book festival conducted in all the official languages of the Western Cape (English, Afrikaans and Xhosa, but mostly Xhosa). The main objectives of the Ibuyambo Book Festival are to revitalise, preserve and promote indigenous languages of the Western Cape. It made me extremely proud."
Nuut by Tafelberg: Rebecca deur Wilna Adriaanse
2025-03-20Op 25 is Rebecca Fagan in besit van ’n regsgraad, ’n rugsak, ’n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op ’n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy ’n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek ’n "regte" werk. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ’n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na ’n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen.
