Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Lesersindruk: Feesmaalgang deur Dietloff van der Berg

Marieta McGrath Lesersindrukke 2025-05-27

"Feesmaalgang is ’n welkome toevoeging tot Christelike mistieke poësie in Afrikaans. ’n Driegangmaaltyd wat jy gerus aan jouself mag voorsit."

Poësiewerkswinkel met Bibi Slippers by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Bibi Slippers Onderhoude 2025-05-27

"Ek dink eerlikwaar ons is almal bedraad om digters te wees, dat poësie so deel van ons elkeen is soos die ritme van ons hartklop en ons asemhaling, en die neiging na taal. Poësie is ouer as geletterdheid en verskyn gewoonlik, in byna elke kultuur, voor prosa. So, menslikheid is die enigste voorvereiste vir digterskap."

Prins deur Ryan Pedro: ’n resensie

Louise Viljoen Resensies 2025-05-27

"Die beelde van manlikheid wat die digter hier aanbied, wil veral ons begrip van bepaalde vorme van manlikheid kompliseer en verwikkel."

Press release: The interpreters: South Africa’s new non-fiction launches in Stellenbosch on 29 May 2025

LitNet Books and writers 2025-05-27

Soutie Press is excited to launch The interpreters: South Africa’s new non-fiction edited by Sean Christie and Hedley Twidle. Hosted by Lou-Marié Kruger at the Welgevallen Community Clinic in Stellenbosch on 29 May 2025, Sean and Hedley will be in conversation with Jonathan Amid about rare and beloved forms of nonfiction writing emerging from the country over the last 30-plus years.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Twyfelbos deur François Loots, 3 Junie 2025 by Strand Biblioteek

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-27

Kom gesels saam met François Loots en Jeremy Vearey oor François se splinternuwe historiese roman, Twyfelbos, op 3 Junie by Strand Biblioteek.

The truth about Cape Slavery deur Patric Tariq Mellet: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2025-05-26

"Daar moet beslis veel meer oor slawerny gepraat word, en daar moet baie navorsing daaroor gedoen word. Maar nie op hierdie manier nie."

Afrikaanse vreugdevure brand hoog

Mimie de Vries Leeskringe 2025-05-26

"Terwyl sprekers van Afrikaans landswyd die 100-jarige bestaan van Afrikaans as amptelike taal vier en deelneem aan AfrikaansAmptelik100 se vele projekte, loods talle instansies ook hul eie inisiatiewe. Op Dinsdag 6 Mei het die Pretoria Afrikaanse Poësiegroep Afrikaans op luisterryke wyse gevier met ’n optrede deur die Silver Sounds-sanggroep en sprekers."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Ill at ease deur Francois Verster in Welgemoed op 14 Junie 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-26

U word hartlik uitgenooi na die boekbekendstelling van Ill at ease deur Francois Verster op Saterdagoggend van 11:00 tot 13:00 op 14 Junie in Welgemoed. Francois Bloemhof sal in gesprek met die skrywer wees.

Invitation: Book launch of The lucky ones by Alistair Mackay at Love Books in Melville on 26 May 2025

LitNet Books and writers 2025-05-23

You are invited to the book launch of The lucky ones by Alistair Mackay at Love Books in Melville, Johannesburg, on 26 May 2025 from 17:30 for 18:00. Jarred Thompson will be in conversation with Alistair Mackay.

Lees- en leerpret met Bollie: ’n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2025-05-22

"Die Bollie-werkboeke bied bo en behalwe kosbare aktiwiteite om letter- en syfervaardighede aan te leer, baie geleenthede om skryfvaardighede te oefen en vas te lê. En Bollie-aanhangers van weleer kan ontspan. Met Wendy Maartens as vertaler, is Bollie in veilige hande."

KwaNojoli: The origins and Our voices are left with our bodies: The early black history of KwaNojoli – an interview with Mphuthumi Ntabeni

Naomi Meyer, Mphuthumi Ntabeni Interviews 2025-05-22

"Though our focus is on black history – because it has been neglected and deliberately suppressed – we tell the entire history, including the over-represented colonial and Afrikaner history. From the booklet, you learn not only about Governor Somerset and Bruintjieshoogte, but also about what was there before the European arrival. You learn who Nojoli was, and how all these histories interlock and are joined at the hip, despite our pretensions."

Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) (1938–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-22

"Skryf is nie ’n stokperdjie nie, veral oor onderwerpe soos vervreemding, verlies, godsdiens en seks. Dis bitter harde werk. Maar die skryfproses was vir my opwindend. Ek is lief vir woorde." Lees meer oor die lewe en werk van Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Wenners van die 2025-UJ-pryse vir Afrikaans

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-22

Die wenners van die 2025-UJ-pryse is aangekondig. Hier is nog inligting.

The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk

Jannes Erasmus Lesersindrukke 2025-05-21

"Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word."

Bolmakiesie van woke

Jana Luther LitNet25-skrywersberaad 2025-05-21

"Die spanning tussen die strewe na sosiale geregtigheid en die behoud van vrye uitdrukking is ’n komplekse uitdaging."

Die tweede illustrasiekursus by die Breytenbach Galery in Wellington: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Elizabeth Gunter, Anne-Ghrett Erasmus, Mia Oosthuizen Kuns 2025-05-21

"Die waarde van illustrasies by kinderboeke in onweglaatbaar groot. Dit is waar die woordstorie en die visuele storie hande vat om min woorde om te tower tot ’n groot storie wat die kind se horisonne verbreed."

Nuut by Human & Rousseau: Kaptein Onderbroek en die wraak van professor Poepenpoel deur Dav Pilkey

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-05-21

George en Harold is in graad vier en hulle is mal oor poetse bak. Wanneer hulle nuutste poets hulle wetenskaponderwyser tot raserny dryf, kry hulle skoolhoof dadelik iemand in sy plek: Professor Poepenpoel. George en Harold spot te lekker met die professor se lawwe naam en van. Maar dan neem die professor wraak. 

Nuut by Lux Verbi: Eendag is te ver deur Jaco Strydom

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-05-21

Te veel jongmense glo die leuen dat jy eers klaar moet wees met skool en ’n graad moet hê voor jy ’n verskil kan maak. Neem nou deel aan Jesus se rewolusie van hoop. Dis nou die tyd om al die groot vrae te vra, belangrike geloofsgewoontes aan te leer, die misterie van God se teenwoordigheid op nuwe plekke raak te sien en jou eie roeping te ontdek.

Persverklaring: Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse nou nog groter

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-21

Die ondersteuning van Afrikaanse skrywers kry ’n hupstoot met ’n verhoging in die prysgeld van die kykNET-Rapport-boekpryse, voortaan bekend as die Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Klaarte deur Louis Esterhuizen – Oude Leeskamer, 21 Mei 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-20

Jy word uitgenooi na die boekbekendstelling van Louis Esterhuizen se twaalfde digbundel, Klaarte. Sluit aan by Danie Marais in Jannie se Leeskamer, op 21 Mei om 10:30, wanneer Marais die lewensbeskoulike, besinnende verse oor die liefde tussen twee ouerwordende persone en die soeke na skoonheid in gebrokenheid en die betekenis in tekortkominge ondersoek.

Top