Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Persverklaring: André Terblanché aangestel as nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-16

André Terblanché is sedert 1 April die nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum op Wellington.

Pasverskyn: Klaarte deur Louis Esterhuizen

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-15

Klaarte is die bekroonde digter Louis Esterhuizen se twaalfde digbundel en bevat merendeels lewensbeskoulike, besinnende verse oor die liefde tussen twee ouerwordende persone, maar ook aktualiteitsverse oor die geskiedenis, ekologie en die digkuns self.

Heil die Leser!: Narratiewe medisyne

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-04-15

Nini Bennett-Moll skryf oor Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: "Sy skryf die goudaar van ware liefde raak" en oor Uit rou gebore: Na die verlies van ’n lewensmaat deur Elisma van Zyl: "’n liriese verkenning van die blywende krag van liefde te midde van ondenkbare verlies". 

Joha van Dyk (27 Februarie 1997 – 2 Februarie 2025)

Magdel Vorster In memoriam 2025-04-15

"Joha van Dyk kon skryf – soms byna poëties, soms filmies, altyd in ’n Afrikaans waarmee haar lesers kon identifiseer en waarmee hulle gemaklik was."

Breinlabirint deur François Bloemhof: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2025-04-15

"Dit is ’n plot wat enduit boei – nóg ’n suksesverhaal op Bloemhof se kerfstok."

Herbesin: Ryker in diversiteit

Bettina Wyngaard LitNet25-skrywersberaad 2025-04-15

"Ons, want my bruin Afrikaanse bas is net so afhanklik van welwillendheid teenoor my moedertaal as enigeen anders. Ons, want my komplekse verhouding met Afrikaans en Afrikaanssprekendes ten spyt, is ek lief vir my taal en wil ek sien dat sy floreer."

Argiewe: Bêre of brand in die digitale era?

Lizabé Lambrechts LitNet25-skrywersberaad 2025-04-15

"As KI een van die primêre maniere word waarop argiewe georganiseer word, moet daar gesorg word dat alle stemme gelyk behandel word, en dat historiese materiaal nie uitgewis of vervorm word nie."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Prins deur Ryan Pedro – 30 April, The Book Lounge, Kaapstad

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-14

Kom luister gerus na Ryan Pedro en Alfred Schaffer by die boekbekendstelling van Prins op Woensdag, 30 April by The Book Lounge in Kaapstad.

Kortliks met Stefaans: 11 April 2025

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2025-04-11

"Voor ek myself kon kry, het ek verlief geraak op die korter kuns. In Afrikaans is die kunsvorm ’n bedreigde spesie. Goeie bundels is skaars. Selfs ervare skrywers pak dit selde aan. Jy moet amper ’n kortverhaalspesialis wees om deesdae ’n bundel te kan publiseer."

Undoing villainy: Eastern Cape name changes

Mphuthumi Ntabeni LitNet25-skrywersberaad 2025-04-10

"If we mourn what needs to be mourned, we may find enough empathy to understand the legitimacy of calls for setting things in order that are based on natural justice. Only then, perhaps, we shall stop being angry with each other and begin healing from our historical traumas, and, per chance, even celebrate our history as part of our collective identity instead of as something that embarrasses us."

Wat staar ’n joernalis vandag in die gesig?

Julian Jansen LitNet25-skrywersberaad 2025-04-10

"Hierdie kommentators is soos koerante sonder nuusredakteurs, sonder hekwagte en weinig ag word geslaan daarop dat hierdie stories en gerugte deurspek met inligting is wat die individu wat dit plaas, dalk krimineel aanspreekbaar en vervolgbaar maak."

Waarom ek boekfeeste bywoon

Igno van Niekerk LitNet25-skrywersberaad 2025-04-10

"Mandela, die omie wat in die tronk was en met die aantrek van ’n rugbytrui opinies swaai in 1995. Einste Mandela wat een van die oorsake was dat ons weekliks in bruin kadetklere die skoolrugbyvelde tot paradegronde moes omskep. Hoe goed was ons nie?"

Persverklaring: Kortlys van die Protea Boekhuistoekenning bekendgemaak

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-04-10

Die kortlys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Protea Boekhuistoekenning vir beste gepubliseerde boek in geskiedenis of kultuurgeskiedenis word hiermee bekend gemaak. Dié prys word jaarliks toegeken en roteer tussen ’n ongepubliseerde magisterverhandeling, ’n ongepubliseerde doktorale proefskrif en ’n gepubliseerde boek in Afrikaans oor geskiedenis of kultuurgeskiedenis.

Persverklaring: Die INK dig- en skryfkompetisie is oop tot 31 Mei 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-10

INK Skryf in Afrikaans bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in ’n spog-bloemlesing opgeneem gaan word, naamlik Inkspraak 6, Inkspraak 6 Jeug, en Inkspraak 6 Kortverhale. Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans.

Cliff-hanger: Die ware avonture van Adelie en Riley deur Felicia Snyman-Du Toit – ’n kinderboekresensie

Cliffordene Norton Kinderboeke 2025-04-10

"Hierdie is lekkerleesboeke vir die jong ouderdomsgroep: propvol avontuur en verbeelding. Ek kan die stemme hoor soos wat ek dit lees."

"Dit het begin by my liefde vir boeke en lees": ’n onderhoud met Marga Stoffer

Naomi Meyer, Marga Stoffer Onderhoude 2025-04-10

"Vir my persoonlik voel dit ook asof ’n siklus voltooi is: Ek het by NB begin in die tyd van die samesmelting van Tafelberg en Human & Rousseau, en ek verlaat NB wanneer dit deel word van Jonathan Ball Publishers."

Fresh off the press: We two from heaven by James Whyle

LitNet Books and writers 2025-04-09

How do we know who we are? Upending the reader’s expectations of a memoir, Whyle then explores the violence and madness of apartheid society as the narrator passes through boarding school and university and takes his first steps to become a writer. ... At the end of history, on the shores of a blue bay, the voices of the past can be heard as we await the arrival of the barbarians – or the baboons, whoever comes first.

Suidoosterfees 2025: Hortjies dig – ’n onderhoud met Francois Toerien

Naomi Meyer, Francois Toerien Suidoosterfees 2025-04-08

"[Dit is] in wese ’n liefdesverhaal, of dan nou ’n verhaal van twee mense wat aangewese is op mekaar. Een van die partye was ’n korrelkop, bitsig, begaafd, venynig, staatloos, te na gekom; die ander een was ondersteunend, alleen, sensitief, ’n klankbord, ’n kunstenaar, sy vrou. Beide vertel ons van onsself en van ’n lewe wat geleef is – hoe suksesvol, is vir die gehoor om te besluit. En dan is daar die ongelooflike poësie van Blum wat die produksie deurspek."

Vryheid in beperkings: ’n lesersindruk van Grenslyn deur Jana Fourie

Jannes Erasmus Lesersindrukke 2025-04-08

"Dit is ongemaklik, aandoenlik en tog op ’n manier hoopvol. Dit wys die menslike vermoë om steeds aan te beweeg, ongeag hoe swaar die pad is. Jana Fourie se stem is ’n belangrike een in die Afrikaanse literatuur. Hierdie boek verdien om gelees, oorweeg en onthou te word."

The South African Festival of Children’s Literature 2025: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Kinderboeke 2025-04-08

"But the main reason I do it is to see the joy on children’s faces. ... That unadulterated smaaail is because you’ve just gifted a young child a book. Entrance is free!"

Top