Tuin van Digters 2025 het op 12 en 13 September by die Breytenbach Sentrum op Wellington plaasgevind. Willem Mulder was met sy kamera daar.

Elsibe Loubser McGuffog (links), skrywer, opvoeder en direksielid van die Breytenbach Sentrum, gesels oor werkswinkels in die digkuns wat sy op versoek van die Suid-Afrikaanse Raad vir Engelse Opvoeders (SACEE) by Iziko Slave Lodge in Kaapstad aangebied het. Hier is sy en van haar studente in gesprek.

Louis Duvenage, Deon Meiring en Almero Oosthuizen

Anne-Ghrett Erasmus is die hoofkurator van die Breytenbach Galery.

Marí Borstlap het die uitstalling in die Breytenbach Galery geopen.

Kuns

Laurinda Hofmeyr en Marí Bortslap

JD Filmalter

Ilana, die Vlaktekind van Aranos, het toonsettings van gedigte gesing. JD Filmalter het haar begelei.

Daniel Hugo in gesprek met Chris van Niekerk

Hugo en Van Niekerk het Johann de Lange postuum vereer.

Van Niekerk lees De Lange se gedigte voor.

Danie Marais

Nog ’n Danie – dié keer Spoegwolf se Danie du Toit wat ’n verhoog deel met sy pa, Johan du Toit. Danie het sy eie liedjies gesing, en Johan het voorgelees uit sy debuutdigbundel, Nagmaal by die huis. Die eerste rockgroep waarin Danie op skool gesing het, se naam was Ysterkoei, na aanleiding van Breyten Breytenbach se eerste digbundel, Die ysterkoei moet sweet.

Op die verhoog is Gerhard Barkhuizen (Strik), Marthé McLeod (Ontbloot), Caren Kearley (Dawerende stiltes) en Andrea Sieberhagen (Dwaaldae). Danie Marais stel hulle voor.

Ryan Pedro (Prins), Jadrick Pedro (Lostorring) en Herman Wasserman (Waterman) gesels met Bernard Odendaal.

Joan-Mari Barendse gesels met Marlise Joubert oor Atrium, ’n keur uit al 11 van haar digbundels. Joubert is vanjaar 80 jaar oud

Daniel Hugo in gesprek met Jerzy Koch oor sy tweede Afrikaanse digbundel, Polkadraai.

Nicol Stassen, Jean Oosthuizen en Jerzy Koch

Marlies Joubert en Andries Bezuidenhout

Thérèse Bartman-Hulme gesels met Quintin Goliath, beter bekend as Jitsvinger, en Danie Marais oor haar bundel Die helfte is jou nie vertel nie.

Daniel Hugo (Kategismus) gesels met Wium van Zyl (Poëme).

Die fees se motto was “wanatoe”. Diana Ferrus, Keith Oliver, Ryan Pedro, Klara du Plessis, Alwyn Roux en Danie Marais het as deel van die wanatoe-gesprek gesels oor die toekoms van die Afrikaanse poësie, met spesiale aandag aan nuwe wisselwerkings, temas en stemme wat die digkuns vorentoe dra. Die gesprek is deur PEN Afrikaans geborg.

Andries Bezuidenhout, oftewel Roof van die Brixton Moord en Roof Orkes, sing saam met die beeldhouer Gerhard Barnard, wat ook bekend is as Kapelaan Pat Plank van Brixton Moord en Roof Orkes.

Churchil Naudé en Tom Dreyer in gesprek

Alwyn Roux en Neil Cochrane is die medesamestellers van Merang.

Klara du Plessis in gesprek met Alwyn Roux oor haar digbundel Ek’t act

Ilana de Vlakte, Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert laat gedigte leef.
Ons Klyntji is weer tydens Tuin van Digters bekendgestel en oudergewoonte het dié wat kon, hulle werk voorgelees.

Ashley Allard

Alwyn Roux

Andries de Beer

Carolyn Meads

Charles Tait

Claude Naudé.

Donker Jonker

Hanru Niemand

Harry Owen

Hermien de Vos

Jannike Bergh

Jennifer Pape

Juli Jana

Kabous Hanslam

Larissa Brand

Mabeth Crafford

Ryan Pedro

Shane van der Hoven

Suné Mostert

Theresa Postma

Tiaan la Grange

Toast Coetzer

Tom Dreyer

Vincent Engelbrecht

Zandri van Greunen

Zian Viviers

Jaco Barnard-Naudé het Ingrid Jonker-prys vir sy bundel Om my kastele in Spanje te sloop ontvang. Neil Cochrane het prys namens hom in ontvangs geneem en ’n boodskap van dank voorgelees. Dit is deur Astrid de Vos, uitvoerende trustee van die Dagbreek Trust, oorhandig.

En toe is daar musiek gemaak!

Deon Meiring

Louis Duvenage, Gerhard Barnard, ook bekend as Kapelaan Pat Plank, Andries Bezuidenhout, ook bekend as Roof, Christie Botha en Schalk Joubert.

Na die musiek was daar kuiertyd.

André Terblanché, die bestuurder van die Breytenbach Sentrum, en Francois Lötter, hooforganiseerder van Tuin van Digters, glimlag na ’n suksesvolle fees.


Kommentaar
Me Klara du Plessis is sekerlik tog familie van Peter Blum?