Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Kuns en/of moraliteit
2025-04-02"Sy is beide ’n ma wat haarself versoen het met haar man se seksuele misbruik van haar 15-jarige dogter én die skrywer van weergalose prosa. Haar ontoereikendheid as ’n ouer is nie relevante gronde vir ’n oordeel oor haar toereikendheid as kunstenaar nie."
Kan ’n genre ’n versadigingspunt bereik? Of lê die fout voor die deur van die leser(s)?
2025-04-02"Ek voel egter sterk dat plaaslike misdaadfiksieskrywers sal baat indien hulle na die gevaartekens (én natuurlik ook geleenthede) kyk wat ek opper voordat hulle die uitsprake oor eie werk onder ywerige lesers se fluisteringe sou hoor."
Die belang van lesersindrukke
2025-04-02In 2024 is Emily Smith aangewys as ’n finalis tydens Netwerk24 se Smaakmaker-toekennings. Later dié jaar is sy tydens die jaarlikse Kokertoekennings deur die Afrikaanse Taalraad met ’n erepenning bekroon. In hierdie bydrae tot die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad gesels sy oor die belang van lesersindrukke en haar reis met boeke.
Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior
2025-04-02Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.
Persverklaring: Wil jy saamskryf?
2025-04-02Is jy ’n limeriekskrywer? Het jy ’n fantastiese sin vir humor en ritme? Wil jy saamskryf aan een van die snaaksste boeke wat hierdie jaar die lig sal sien?
Pasverskyn: Bybelvroue-omnibus: Sara & Hanna deur Maretha Maartens
2025-04-02Twee gunstelinge in een band: Sara – In dié roman word die leser meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na verskeie gebeure, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou, Sara. Hanna – Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou hy weer. Sal Hanna guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer aansteek?
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Ontvoer deur Constant van der Merwe
2025-04-02Kom kuier saam op Wêreldboekedag (23 April) by ’n boekgesprek oor Ontvoer deur Constant van der Merwe by Strand-biblioteek, waar Maryke Roberts met die skrywer in gesprek sal wees.
Leesstof vir die skoolvakansie! Speurhond Willem in Japan: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman
2025-04-02"Willem is ’n goed-opgeleide speurhond wat lank diens gedoen het in die Internasionale Polisie. Hy praat en verstaan ’n hele paar tale, hy is ’n meester van verskeie soorte Oosterse gevegskuns, hy speel goed skaak (al verneuk hy soms bietjie) en hy kan Adriaan met sy wiskundehuiswerk help. Wie sou nie graag só ’n troeteldier wou hê nie?"
21 Voices: ’n oorsig oor die boekgesprek met Marthie Momberg
2025-04-01"Vir Suid-Afrikaners bied 21 Voices ’n spieël vir hul eie verlede en ’n uitdaging vir die hede. Dit vra: Hoe kan ons, wat internasionale steun tydens apartheid ontvang het, nou solidêr wees met ander?"
First sip: The first-generation founder by Raymond Ledwaba
2025-04-01Historical inequality affects entrepreneurship too. Knowledge and resources are still concentrated. Raymond Ledwaba is the founder and CEO of ITTHYNK Gaming and the co-founder of Diski Nine9. He successfully migrated from a career in banking to a life of entrepreneurship. Having not been exposed to a start-up environment, this was a plunge into the unknown. Read an excerpt here.
Apartheidshuwelik blom nóg na 33 jaar, ’n onderhoud met skrywer Carla van der Spuy
2025-03-31"’n Huwelik met iemand van ’n ander kultuur kan jou wêreld groter maak en jou lewe verryk."
Wanneer selfhelpboeke wel help
2025-03-31Sy renons ten spyt, lees Koos die genre en hierdie maand deel hy drie boeke wat hy hoog aanslaan.
Middelpos se mense, saamgestel deur Anneretha Grobler: ’n lesersindruk deur Sarel Venter
2025-03-31"Middelpos se naam leef voort onder sy mense en sy gaste."
’n Huldeblyk aan Johann de Lange
2025-03-31"As ’n gewaardeerde digter sterf, is een van ’n mens se impulse, na die skok en die algemene agge nee daarvan, om sy werk op te som, die boek toe te maak en in die regte vakkie te gaan sit: groot digter, mineur groot, major minor, minor maar ... In Johann de Lange se geval is die antwoord: Hou hom langs jou bed vir nog ’n ruk; dit maak nie saak nie."
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Knal deur Bettina Wyngaard, 9 April 2025, 15:30 | Oude Leeskamer
2025-03-28Bettina Wyngaard doen dit weer! Sluit by ons aan vir die bekendstelling van Knal, die vyfde blitsblaaier in haar boeiende misdaadreeks met die hoofkarakter, Nicci de Wee. Wat is die geheim van hierdie eertydse prokureur om boeiende misdaadromans in hierdie baie gewilde genre te skep? Moenie die gesprek tussen Naomi Bruwer en Bettina in Jannie se Leeskamer op 9 April om 15:30 misloop nie!
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Follow me to Africa deur Penny Haw, 9 April 2025, 10:30 | Oude Leeskamer
2025-03-28Penny Haw is bekend vir boeke wat sterk, interessante en onafhanklike vroue uitbeeld, met ’n ruim verkenning van die onderlinge verbondenheid van alles wat lewe. Dit is ons plesier om haar op 9 April in Jannie se Leeskamer te verwelkom vir die bekendstelling van haar derde historiese roman, Follow me to Africa. Sluit by ons aan vir hierdie bekroonde skrywer se gesprek met Eva Mazza.
21 Voices: Why the Palestinian struggle is a global matter, a reader’s impression
2025-03-28"While apartheid in South Africa may have been banished, 'apartheid' – separateness – is seeking to stretch its hideous tendrils around the globe. We seem to be retreating into spaces too small, surrounding ourselves with those who are seemingly similar."
Die rigtingverandering
2025-03-28"’n Boekebedryf sonder resensies is een waar uitgewers se gesondheid nooit openlik gediagnoseer word nie, en waar die afsterwe ’n skok is."
Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse van 2025 bekend
2025-03-28Vanjaar is dit die tweede jaar dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf aangekondig word. Die vier kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekendgemaak.
Evelyn Marais (1902–1995)
2025-03-28"As ’n mens nie droom nie, hoe gaan jy dit verwesenlik?" Lees meer oor Evelyn Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
