Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-05-06

"Vandag skryf ek net oor een boek – Antjie Krog se Binnerym van bloed – want by so ’n allemintige baken moet ’n mens stilstaan en tot verhaal probeer kom."

Persverklaring: Finaliste van die Diana Ferrus-prys 2024 aangekondig – ’n viering van taal, identiteit en Afrikaans se eeufees

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-06

Die organiseerders van die Diana Ferrus-prys is trots om die finaliste van die 2024-kompetisie bekend te maak. Hierdie poësiekompetisie is ’n geleentheid om die veelsydigheid van Afrikaans, asook die stories en ervarings van gewone mense, op ’n kragtige manier te vier. In die gees van inspirasie, geskiedenis en taal, bring ons vanjaar die besonderse bundel Ons kom van hier aan die wêreld – ’n huldeblyk aan gemeenskappe, herinneringe en hoop.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Klaarte deur Louis Esterhuizen op 14 Mei by Somerset-Wes Biblioteek

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-05

Louis Esterhuizen sal in gesprek wees met Marlise Joubert op Woensdagaand, 14 Mei 2025 by die Somerset-Wes Biblioteek. Klaarte is die bekroonde digter Louis Esterhuizen se twaalfde bundel.

Kategismus deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk

Gunther Pakendorf Lesersindrukke 2025-05-05

"Maar bowenal is Daniel Hugo se digterstuin ’n ware Eden van taal, ’n copia verborum (om Erasmus van ouds se term hier aan te pas), ’n warboel en weelde, ’n oorvloed van woorde wat wag om vir poëtiese gebruik gepluk en tot ’n potpourri vermeng te word."

Seen elsewhere: What highs have we not experienced in Afrikaans literature

Darryl David Books and writers 2025-05-05

"It’s like a batsman playing his last test and scoring a hundred in the second innings. Or a bowler ending with 10 wickets in his last game."

Press release: The Island Prize 2025 shortlist

LitNet Books and writers 2025-05-05

We are delighted to announce the 2025 Island Prize shortlist.

Persverklaring: Inligting rakende die 2025 ATKV-Woordveertjies

LitNet ATKV-Portaal 2025-05-05

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 2 Junie 2025.

Persverklaring: Pieter Madibuseng Odendaal – Ontaard, die album | Musiekvideo- en albumvrystelling op 5 Mei 2025

LitNet Musiek 2025-05-02

Ontaard is Odendaal se debuut spoken word album, gebaseer op sy beprese digbundel met dieselfde titel. Die woorde was telkens die impuls vir die musiek, sodat elke snit ’n refleksie van die vibe van die spesifieke gedig is. Die genre-invloede is daarom divers – van jazz tot klassiek, inheemse musiek tot dubstep, amapiano tot rock. Alhoewel Odendaal die meeste van die musiek self gekomponeer het, en ook die klavier op die album speel, het verskeie kunstenaars meegewerk om die klanklandskap op Ontaard te skep.

Fanie os oppie jas: ’n onderhoud met Fanie van der Merwe

Louise Viljoen (JBay), Fanie van der Merwe Skrywersonderhoude 2025-05-02

"Wat ’n terneerdrukkende gedagte – om my paspoorte vir altyd te moet ingee. Ek skat daar is net een plek waar ek gediend sal wees met só ’n maatreël, en dis in die hiernamaals!"

Spanje. Reise in ’n palimpses deur André Pretorius: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-05-02

"Pretorius loop op agterpaadjies en onbekender weë waar die gewone toeris nie kom nie – selfs in die winter, en hy het dit selfs ook tydens Covid gedoen. Soms is hy betower deur wat hy raakloop, ander kere ontnugter deur verval en verwaarlosing. Hy skryf gepas oor '’n spieël van insig oor die nuwe Spanje wat beide deernisvol en genadeloos is'."

NB-Uitgewers se nuwe uitgewershoof: ’n gesprek met Annie Olivier

Naomi Meyer, Annie Olivier Onderhoude 2025-05-02

"Van die beste uitgewers wat ek ken, sit ure en ure lank om skrywers te help om storielyne te verbeter, karakters uit te bou, die logiese vloei te verbeter, of kommentare te laat om skrywers te lei om self verder te werk. Dikwels sukkel die skrywer om die nodige veranderinge aan te bring en dan spring jy self in en doen die nodige werk. Dit is ons sogenaamde USP (unique sales point of unieke verkoopspunt) en een van die dinge wat sorg vir die grootste verskil tussen selfpublikasie en om by ’n uitgewershuis uit te gee."

Invitation: Writer’s Room talk with Sihle Qwaba – Oude Leeskamer, 6 May 2025

LitNet Books and writers 2025-05-02

Writer and alumna of the Jakes Gerwel/Oude Leeskamer residency programme, Lebogang Mazibuko, talks with our guest writer, Sihle Qwabe, about his writing process and the life experiences that inform his writing. Join us on 6 May from 15:30 to 17:00 for this conversation in Jannie se Leeskamer in exploration of Qwabe’s debut novel, The Resurrection.

Klaarte deur Louis Esterhuizen: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2025-05-02

"In Klaarte lewer Esterhuizen berig oor sy digterlike belewenisse in ’n krimpende, kleiner wordende lewensruimte, byvoorbeeld die digter-spreker se huis en tuin, of herinneringe wat uitspeel in denkbeeldige en vergange ruimtes."

Fresh off the press: In search of Nongqawuse by Treive Nicholas

LitNet Books and writers 2025-05-02
In 1856, a teenage girl led 40 000 to their deaths in the Eastern Cape. When Treive Nicholas arrived in the 1980s to teach, he was captivated by the Wild Coast. Researching its history, he explores the Cattle Killing of 1856-1857. Was Nongqawuse a deceiver or a liberation leader? Treive’s quest spans continents, from South Africa to England, ending with a shocking revelation closer to home than expected.

Persverklaring: Wenners van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds se pryse vir 2025 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-30

Die wenners van die onderskeie pryse en toekennings van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds is nou bekend.

Nicole Jaekel Strauss (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-30

"Telkens wanneer ek ’n sin voltooi, is ek ’n ander skrywer, ’n ander mens. Dis die voetspore van die vos in die sneeu, soos die digter geskryf het. Ek kyk terug en sien my merke, maar ek laat daardie teks, daardie woorde agter – die landskap is nie meer dieselfde nie." Lees meer oor die lewe en werk van Nicole Jaekel Strauss in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-30

"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.

Decima by Eben Venter, a review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2025-04-30

"Decima is a triumph of moral and aesthetic ambition. By entwining a species’s extinction with personal and national identity, Venter crafts a story that is simultaneously urgent and timeless. Its greatest achievement lies in making readers feel the weight of ecological collapse not as abstract data, but as the sum of countless individual tragedies, human and animal alike."

Waar takke stilweg reik: ’n lesersindruk van White Ivy deur Susie Yang

Jannes Erasmus Lesersindrukke 2025-04-29

"Die kulturele spanning waarmee Ivy worstel – as Chinese Amerikaner wat balanseer tussen ’n tradisionele familie en ’n moderne wêreld wat haar nie altyd verstaan nie – het my diep geraak."

Lessons in chemistry deur Bonnie Garmus: ’n lesersindruk

Alexander S Mickel Lesersindrukke 2025-04-29

"Ons weet dat ’n mens ’n boek nie op grond van die voorblad moet beoordeel nie, maar hierdie een het tog my oog dadelik gevang. Ek is mal daaroor. Ek sien ’n selfversekerde, sterk vrou wat nie in vandag se tyd inpas nie. Sy is ’n vrou van die ’60’s."

Top