Uitnodiging: Die bekendstelling van Windvogel en Cupido deur De Graaff en Grootscholten

  • 0

Die bekendstelling van Windvogel en Cupido: Die herkoms en betekenis van Nederlandsklinkende Khoisan-vanne in Suid-Afrika deur Bart de Graaff en Miriam Grootscholten vind op 25 Oktober plaas.

Identiteitsoeke is ’n aktuele onderwerp by die Khoisan van Suider-Afrika.

Kennis van die herkoms en betekenis van familiename is ’n essensiële deel daarvan. Hierdie studie verduidelik waar die Nederlandsklinkende vanne van die oudste bevolkingsgroep, die eerste mense van Afrika, vandaan kom. Die historiese en kulturele bande van die “bruin gemeenskap” in Suid-Afrika met die koloniale verlede van Nederland word hier in die kollig gestel.

Bart de Graaff was ’n historikus, joernalis en ’n groot kenner van die Afrikaanssprekende gemeenskappe van Khoisan-afkoms in Suid-Afrika en Namibië. Hy het twee boeke oor dié onderwerp die lig laat sien: Ware mense (2017) en Barend Barends, die vergete kaptein van Danielskuil (2019).

Miriam Grootscholten is ’n letterkundige wat spesialiseer in fiksie en niefiksie van Wes- en Suid-Afrika. Sy resenseer boeke vir onder meer www.afrikanieuws.nl. Op die oomblik is sy werksaam as navorser en dosent in Nederlands as tweede taal.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top