
Valskermbataljon-verhale saamgestel deur Mike Bolhuis (Naledi)
Titel: Valskermbataljon-verhale
Samesteller: Mike Bolhuis
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781067234621
Valskermbataljon-verhale is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor, vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink.
Die verhale behels eerlike, rou en op-die-man-af stories geskryf deur manne van dié elite-eenheid oor oomblikke wat hulle nooit sal vergeet nie. Valskermbataljon-verhale laat hul ervarings lewe soos net hulle dit onthou en geskryf het.
Hierdie is ‘n boek nie net vir en oor soldate nie, maar vir elkeen wat nog ooit gewonder het oor die manne in maroen, hul valskerms en die eenheid.


Kommentaar
Baie bly toe ek dit gisteraand op TV gesien. Sal vandag een gaan koop by Exclusive Books by Gateway.
Was van 1 Oktober 1964 in 1 Valskerm bateljon.
Kommandant Klomp bevelvoerder. Kaptein van den Berg in beheer van opleiding. Kaptein van der Wals. Dan staf Kieser, At Schoeman, staf van Niekerk?, sersant Smit en Kruger. Daar was ook 'n ander staf met 'n Engelse naam.