Pasverskyn: Klein konings deur Theo Kemp

  • 2

Klein konings deur Theo Kemp (Protea Boekhuis, 2025)

Titel: Klein konings
Skrywer: Theo Kemp
Uitgewer: Protea Boekhuis (Augustus 2025)
ISBN: 9781485316008

Pixley, afkomstig van die Zoeloe-adelstand, en Joubert, glo van sy betoorgrootmoeder se kant ’n afstammeling van generaal Piet Joubert, se paaie kruis toe Minister hulle die opdrag gee om ou standbeelde en monumente in die land te besoek en te evalueer wat met hulle moet gebeur.

Joubert se vrou, Alet, is nie die enigste een wat in haar beroep as medium met geeste moet worstel nie. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle reis op soek na ’n geskiedenis waarvan sommige eerder wil vergeet, kom talle spoke uit hulle persoonlike verlede na vore.

Die roman vertel die keersy van die geskiedenis en verskeie perspektiewe op dieselfde kwessies word gegee. Theo Kemp se vermoë om verskillende stemme aan die woord te stel moet uigesonder word. – Joan Hambidge

  • 2

Kommentaar

  • Catherina Van Jaarsveld

    Dankie vir jonger skrywer wat die nuwe, onmoontlike oopskroef. Wil graag die bekendstelling gaan ervaar. Amid gaan die boek in Maart by die leeskring kom bespreek.

  • Catherina Van Jaarsveld

    Hierdie boek het soveel kante en stories van binnepyn en onopgeloste vrae.'n Weerlees maak baie paaie oop, 'n verloop van die verlede saam met vergrype van nou se tyd.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top