Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Hans du Plessis (1945–2024)
2024-11-14"Afrikaans gaan nêrens anders heen as waarheen ons dit vat nie. Ons moet produkte skep wat só goed is dat mense agter ons aanloop." Hans du Plessis se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met PJO Jonker, ’n video-onderhoud oor Die onsigbare
2024-11-14In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat PJO Jonker met Johann Rossouw oor Jonker se Die onsigbare. Hier is die video-opname.
Gebooie deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2024-11-13"Lees ek die boek vinnig klaar om uit te vind hoe hulle die man gaan vastrek? Of lees ek stadig om die plesier uit te rek?"
Persverklaring: Voorleggings ingewag vir Jan Rabie-Rapportprys 2025
2024-11-13Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapportprys 2025 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.
Word ryk, bly ryk deur PJ en Geo Botha, ’n resensie
2024-11-12"Hulle kombineer hulle ondersoek na suksesvolle mense met hulle eie insigte as adviseurs om die verskillende fases van die welvaartsiklus te bestudeer."
Cliff-hanger: Kinderlê deur Lynthia Julius, ’n resensie
2024-11-12"Sou Lynthia tydens die 1692-Salem-heksejaag as ’n heks aangekla gewees het? Ja, het ek besluit, al sien ek haar as ’n Namakwalandse blomnimf."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Shaleen Koopman
2024-11-12"Met meer boekklubs kan jy ook meer uitreikaksies aan alle ouderdomsgroepe lewer." Hierdie onderhoud met Shaleen Koopman is die elfde aflewering oor ons biblioteke.
Laat vrugte deur Johan Cloete: ’n onderhoud
2024-11-12"Kweek ’n liefde vir lees. Lees wyd. Verbreed jou kennis. Neem waar, ervaar. Neem op die pen. Begin by die bekende en reis voort."
Witness to power deur Mathews Phosa: ’n resensie
2024-11-12"Hier het ons die geleentheid om ’n kykie in die binnewerke van die man agter die naam te kry, in sy eie woorde en uit sy eie perspektief. Maar terselfdertyd trek hy ook op besonderse wyse die gordyn weg sodat ons kan sien hoe die organisasie waaraan hy sy lewe gewy het, werk."
Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n lesersindruk
2024-11-12"Quinn en haar maats vlek ’n sleg ding oop, maar sal die onnies hulle steun? Dalk sal die bloedjong, vroulike Engelsonderwyser nog help, maar sal die skoolhoof hom steur aan hulle? Gaan hy die stinkryk pa’s van die stinkryk seuns ter wille wees?"
Persverklaring: Sentrumbestuurder gesoek, Breytenbach Sentrum
2024-11-11Die Breytenbach Sentrum in Wellington soek tans ’n sentrumbestuurder. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudings handhaaf, op alle vlakke kan kommunikeer, gemotiveerd wees, onafhanklik en op eie inisiatief kan werk.
Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n onderhoud
2024-11-11"Sosiale media het my vangnet geword – hetsy in die oomblik of later as ek notas uit my joernaal gaan verwerk het. Daar is ’n driftigheid in my skryfwerk op sosiale media wat soms verlore gaan as ek agter my rekenaar inskuif 'om te gaan skryf'." Gielie Hoffmann gesels met Jannike Bergh oor sy boek, Naam van dier dorp, wat op 16 November in Pretoria bekendgestel word.
Die gestaltes wat in ons aanwesig is deur Frik de Beer: ’n resensie
2024-11-11"Omdat my eie boek, Onder ’n bloedrooi hemel, ook onder andere oor so ’n reis gaan; omdat ek ongeveer dieselfde generasie as De Beer is, ons albei binne konserwatiewe Afrikanergesinne grootgeword het, ons albei jare lank in die akademie gewerk het en ons bevraagtekening van die 'gestaltes wat in ons aanwesig is' konflik met ons pa’s veroorsaak het, het sy boek my geïnteresseer."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2024
2024-11-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid: ’n lesersindruk van Sakkie Spangenberg se epistomologie, hermeneutiek en Christologie
2024-11-07"Die oëverblindery wat gepleeg word, is om die enorme komplekse proses waardeur die evangelies uiteindelik saamgestel is eenvoudig te laat lyk. Spangenberg noem nie die derduisende kopieë van kopieë wat deur tallose kopieerders met die hand oorgeskryf is nie en hy skep byna die indruk dat ’n groepie mense uit die staanspoor om ’n tafel gesit en saamgekonkel het."
Troep: Die kleingeskiedenis van ’n oorlog
2024-11-07Bun Booyens is die samesteller en redakteur van Troep. Die dinge wat hulle saamdra. Hy vertel aan Freek Robinson hoe hy te werk gegaan het om gewone mense se stories na te speur en om seker te maak dat ’n groot aantal mense se eie oorlogstories in hierdie boek opgeneem word.
Persverklaring: Die Wasgoedlyn hou makietie met woorde en musiek by die Koelkamers in Paternoster
2024-11-06Kom geniet ’n naweek met woorde en musiek by die Koelkamers op Paternoster van 15 tot 17 November 2024: met musiekkonserte deur Anton Goosen, Koos Kombuis, Frazer en Deniel Barry, Churchil Naudé, Jolyn Phillips, Bacchus Nel, Riku en Jackie Lätti en ’n bloemlesing en boekgesprek met Marthie Momberg, Koos Kombuis, Riku Lätti en Churchil Naudé.
Photo gallery of Book Town Featherston, New Zealand
2024-11-06Darryl David is the organiser of numerous book festivals in South Africa. This year he delivered the keynote address at the biannual conference for the International Organisation of Book Towns of New Zealand at the national Book Town in Featherston, which is an hour’s drive from Wellington. He shares some of his photos of the visit to New Zealand with LitNet’s readers.
Persverklaring | Ian Roberts: Is dit jý? Avonture voor en agter die skerms – kom vind uit by NALN
2024-11-06Kom kuier saam! Ian Roberts gesels oor sy outobiografie en maak musiek saam met Barry Steenkamp en Ruben Samuels op 16 November 2024 om 10:00 by NALN.
In reaksie op Koos Kombuis se lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg
2024-11-06"Van alles wat deur die mees onlangse wetenskap blootgelê is, moet die mees belangrike stukkie kennis wees dat ons min of meer niks weet van wat te wete is nie. Ons het steeds geen benul wat die dinge naaste aan ons is nie: lewe en bewussyn."
