Uitnodiging: Digtersaand – Sproeireën en Kantelson

  • 0

Met die viering van die 100ste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike landstaal vanjaar onthou ons nie net die taalpioniers nie, maar ook die talle digters wat treffend en kleurvol met Afrikaans kon skilder, en ons geliefde moedertaal laat gedy het. Twee van hierdie merkwaardige digters was Ingrid Jonker en Diederik Johannes Opperman.

Die FAK nooi jou na ’n besonderse geleentheid waartydens ons die literêre nalatenskap van dié twee digters in woord, vers en klank gaan vier. Gaste kan uitsien na gedenklesings deur Wium en Dorothea van Zyl, voorlesings deur Carel Trichardt en Petru Wessels, en sang deur Grethe van der Merwe. Moenie dié luisterryke geleentheid misloop nie!                                                           

Wanneer: Saterdag 19 Julie
Waar: Die Laer, Simonsbergstraat 3, Stellenbosch
Tyd: 17:30
Koste: R120 per persoon

Verversings en ligte aandete is ingesluit.

Bespreek teen Vrydag 11 Julie om jou plek te verseker. Volg gerus dié skakel: https://forms.gle/agZvF2K7GbU9fBKw8

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top