Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is
2024-12-09"Ek stem wel met Spangenberg saam dat daar fout is met die kerk, maar nie met wat dit is nie. Die probleem lê nie by die Christelike leerstellings of by die meesterverhaal nie, maar by die kerk self. Dis ’n drastiese stelling, maar laat my asseblief toe om te verduidelik."
Heil die Leser!: Oor kortkuns, briewe en toesprake
2024-12-06"Toesprake is, vir die interessantheid, ook ’n literêre subgenre en beklee as sulks ’n unieke plek in die kanon van retoriek, redenaarskuns en letterkunde." Nini Bennett-Moll skryf oor die kuns van kortkortverhale (Op die kantlyn deur Marnus Kok), briefromans (Hallo, Ma deur Chrisna Beuke-Muir) en toesprake ("Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp).
Troep, saamgestel deur Bun Booyens: ’n resensie
2024-12-06"Ek, die resensent, en duisende ander voormalige dienspligtiges soos ek, weet vandag alte goed hoe gelukkig ons was om ongeskonde deur alles te kon kom. Juis daarom is dit nodig om hieroor te skryf. Noodsaaklik, ter wille van begrip vir hulle wat nie andersins ’n stem sou hê nie."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Hildegard Adonis
2024-12-05"Die biblioteek het verskeie programme wat al die jeug, tieners en grootmense baie besig hou." Hierdie onderhoud met Hildegard Adonis is die dertiende aflewering oor ons biblioteke.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2024
2024-12-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
First sip: Lucky Bastard by Anthony Akerman
2024-12-05"What I didn’t know was that when I arrived in Amsterdam, Breyten was wandering around Hillbrow with a false French passport and the assumed identity of Christian Galaska."
Breyten se gedig en die skoolklok
2024-12-05"En skielik neem die sessie ’n wending. Asof in respons op sinnelose antagonisme, skiet ’n leerlingraadtipe-meisie se hand op: 'Kan julle asseblief daai gedig weer opsê?'"
Vinjette in tyd: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck: ’n resensie
2024-12-04"Twa die tydloper is ’n boeiende roman oor die groei van die jong hoofkarakter tot volwasse vrou wat lesers sal meevoer en inspireer om hulleself te verwesenlik."
Om Breyten te begrawe
2024-12-04"Sy dogter Daphnée plaas ’n paar ingeloopte rooi vellies op die kis se voetenent. Ons word genooi om roosblare oor sy kis te strooi."
Pasverskyn: Dienaar van die waarheid deur MC Botha
2024-12-04Twee ouers en drie kinders van ’n gewone Afrikanergesin in Pretoria in die 1970’s het as bevoorregte wit mense nie die vaagste benul dat ook hulle weldra die slagoffers van die politieke bestel sou word nie. Die loopbaan van die paterfamilias, regter André Stephan Botha, is op die spel wanneer sy dogter verlief raak op ’n beskuldigde in ’n sogenaamde terroristeverhoor en die Buro vir Staatsveiligheid genoodsaak word om in te gryp.
First sip: The truth about Cape slavery by Patric Tariq Mellet
2024-12-04In The truth about Cape slavery, Patric Tariq Mellet argues that modern South Africa – its economy and politics – is shaped and established on the foundation of chattel slavery just like the United States of America. Cape slavery, rather than minor, was a crucial feature of maritime capitalism. This then moved to become the cornerstone of the Cape’s agricultural economy. Read an excerpt here.
Wanneer woorde asemhaal deur Maritha Broschk: ’n lesersindruk
2024-12-03"Die gedigte ondersoek die volle spektrum van emosie, van vreugde en liefde tot rou en verlies, en bied ’n oorsigtelike blik op ervarings wat by ’n diverse leserspubliek aanklank kan vind."
Swyg deur Erla Diedericks: lesersindruk en onderhoud
2024-12-03"Met Swyg skep Erla weer eens karakters wat baie uiteenlopend is, en ’n mens kan net wonder hóé die klomp uiteindelik by mekaar gaan inskakel."
Peter Snyders (1939–)
2024-12-03"Vir my, eens wetenskaplike tegnikus van nering, is die hele lewe ’n laboratorium. Elke mens is ’n buisie of ’n chemiese stof wat saamgegooi is. Ek kyk maar net wat borrel uit." Lees meer oor Peter Snyders se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Breyten Breytenbach: die buitelyn van verlies
2024-12-03"Daar is ’n enorme leemte, ’n gat waar dié uitsonderlik produktiewe skrywer eens was; gelukkig is die werk nog daar en sal dit ons bly uitdaag."
Persverklaring: Breyten se begrafnis uitgesaai
2024-12-03Hiermee ’n YouTube-skakel na die begrafnis van Breyten Breytenbach op 3 Desember 2024, vanaf 16:30 SA-tyd.
My kennismaking met Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui
2024-12-02"Ek het die essensie van sy Zen-houding my eie gemaak: om in die hier en die nou te lewe; om elke verskynsel as ’n blommetjie in die liggaam van Boeddha te beskou – alles ewe belangrik en alles met bewussyn deurtrek; om te weet dat niks ooit finaal is nie maar ’n ewige kringloop. Ook die lewe en die dood. Jin en jang – lig en donker, goed en kwaad, lewe en dood, verhewe en platvloers – die een bestaan in terme van die ander, nie as teenoorgesteldes en teenstrydighede nie."
"Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp: ’n resensie
2024-12-02"’n Splinternuwe, allesomvattende en diepgaande gids vir redevoering en debattering het die lig gesien. 'Dames en here' is ’n welkome riglyn vir redenaars, debatteerders, onderwysers, afrigters en ouers, geskoei op die riglyne van die ATKV, en geskryf deur gesoute kenners van die aard van openbare redevoering en die vereistes vir die suksesvolle uitvoering daarvan."
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach – NB-Uitgewers
2024-11-29NB-Uitgewers en Human & Rousseau bring hiermee hulde aan ons volksdigter Breyten Breytenbach wat op 23 November 2024 op 85-jarige ouderdom oorlede is. "Die verlies is onmeetbaar," het sy uitgewer, Nèlleke de Jager van Human & Rousseau, gesê.
Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n onderhoud
2024-11-29"Die boek se manuskrip was vir my baie lekker om te skryf, veral omdat ek kon speel met visuele elemente soos speelkaarte en Instagram-plasings tussen die teks deur."
