Uitnodiging: Boekbekendstelling van Binnerym van bloed deur Antjie Krog by NALN, 28 Mei 2025

  • 0

Kom kuier saam! Antjie Krog gesels met Henning Pieterse oor haar outobiografiese roman Binnerym van bloed (Penguin Random House SA, 2025) by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) op 28 Mei 2025 om 18:00.

Die geleentheid word in samewerking met Penguin Random House SA, Exclusive Books Loch Logan en Vriende van NALN aangebied.

NALN in geleë op die h/v Charlotte Maxeke en Pres. Brandstraat, Bloemfontein. Parkering is beskikbaar via die hoofhek in Pres. Brandstraat óf op die teervlak langs die Ou Goewermentsgebou vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top