
Hierdie boek sal vir kinders ’n omvattende, maar maklik leesbare geskiedenis van Afrikaans se taalontwikkeling gee. Die taal se lang geskiedenis – wat reeds lank voor die VOC se aankoms aan die suidpunt van Afrika begin – word sorgvuldig nagevolg en met deeglike navorsing ondersteun. Die boek is verdeel in ses hoofstukke wat elk deur middel van ’n storie vertel word. Hierdie geskiedenis sal vir kinders lewe!


Kommentaar
Dit lyk my ons het hier te doen met die teelkrag van die syfer nul: "Die taal se lang geskiedenis – wat reeds 2 000 jaar voor die VOC se aankoms aan die suidpunt van Afrika begin." Dalk kan die skrywer of uitgewer vir ons lig werp hierop.
"...die teelkrag van die syfer nul". Wat 'n pragtige uitdrukking. Laat my dink aan vrae soos: hoe oud is die aarde? Hoeveel mense is regtig in China? ens, ens.
Hopelik word die deeglike navorsing deur die skrywer met behulp van 'n bronnelys in die boek gestaaf - kan mos dink hoeveel take gedoen gaan word oor die ontwikkeling van die Afrikaanse taal.