Uitnodiging: Boekbekendstelling van Klaarte deur Louis Esterhuizen op 14 Mei by Somerset-Wes Biblioteek

  • 0

Jy word uitgenooi na die boekbekendstelling van 
Klaarte deur Louis Esterhuizen

Klaarte is die bekroonde digter Louis Esterhuizen se twaalfde bundel en bevat merendeels lewensbeskoulike, besinnende verse oor die liefde tussen twee ouerwordende persone, maar ook aktualiteitsverse oor die geskiedenis, ekologie en die digkuns self. 

Louis Esterhuizen sal in gesprek wees met Marlise Joubert op Woensdag 14 Mei 2025 by die Somerset-Wes Biblioteek, Victoriastraat 10, Somerset-Wes.

Tyd: 17:30 vir 18:00

RSVP voor 10 Mei 2025 by Tertia: tertia@naledi.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top