
Die kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekend gemaak. Die pryse dien veral as aansporing en erkenning vir skrywers om hoëgehaltepublikasies op teologiese en Christelike gebied in al ons landstale te lewer. Die kortlyste vir 2025 is in alfabetiese volgorde volgens skrywer.
Andrew Murray-prys
Wat nou? - Daniël J Louw
Nogtans geloof – Ivor Swartz
Geloofsgedigte - Cas Vos
Beoordelaars: Eugene Barron, Anita Cloete, Guillaume Smit
Andrew Murray Desmond Tutu-prys
The Beautiful Chaos of Being – Johan Cilliers
No Fit: My 1,700 Mile Walk from Apartheid – Nico de Klerk
The Bell, Banners and Blasphemy – Alan Storey
Beoordelaars: Jacques Beukes, Cecile Murray, Lutasha Ndesi
Desmond Tutu Gerrit Brand-prys vir debuutwerk
Boytjie – Johnny Davids
Christian Nationalism and Anticommunism in Twentieth Century South Africa - Ruhan Fourie
Betereinders – Schalk van Heerden
Beoordelaars: Elmarie Dercksen, Audrey Jantjies, Andre Pekeur
Die wenners van die pryse, asook die ontvangers van die CLF-Elise Tempelhoff Toekenning vir Omgewingsbewaring en -Geregtigheid, en die Jaap Durand-Denise Ackermann Toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening word op Woensdag 30 April 2025 bekend gemaak.
- Bettina Wyngaard, Voorsitter Andrew Murray-Desmond Tutu Prysfonds
Lees ook:
Persverklaring: Andrew Murray-prys | Twee boeke uit die stal van Naledi wen gesogte literêre pryse

