Nuut by Naledi: Wat nou? deur Daniël J Louw

  • 0

Loop alles altyd reg soos in ’n Toyota-advertensie? Indien nie: Wat nou?

Die oomblik van ontnugtering en verwarring vat die sangeres Rihanna in haar lied soos volg saam:

What now? I just can’t figure it out
What now? I guess I’ll just wait it out (Wait it out)
What now? Somebody tell me
What now?
I don’t know where to go
I don’t know what to feel
I don’t know how to cry
I don’t know oh-oh why
So what now?

So waaroor gaan die boek?

Dit gaan oor die doodnormale reaksie van teleurstelling, skok, hartseer en spyt.

En dan die uitdagende vraag: Wat nou?

Moet ek vlug of veg of terugbons?

Dinge het nie uitgewerk soos wat jy verwag het nie. En nou, noudat jou drome aan skerwe lê, weet jy nie hoe om aan te gaan nie. Jy sien nie weer kans vir nog ’n spreekkamer vol moontlike diagnoses om jou gou reg te ruk nie.

Jy soek ’n soeklig, periskoop en stetoskoop vir jou moeë siel. Jy wil met aandag luister om insig te verwerf, net om weer, te midde van al die spinnerakgevoelens, perspektief kry.

Jy wil die groter prentjie van die ratwerk van jou siel sien. En dit is waaroor die boek gaan. Dit gaan nie om die kitsraad van selfhulp nie. Dit gaan om die lewenswysheid.

Verander jou kyk na die probleem, verander jou ingesteldheid en gesindheid teenoor die probleem, en die probleem kan ’n prisma word na nuwe, ander opsies.

Nelson Mandela se wysheid (uit Invictus): “I am the master of my fate. I am the captain of my soul.”

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top