Nuut by Queillerie: Ontvoer deur Constant van der Merwe

  • 0

Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig onmiddellik agterna. Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het.

Wanneer George in sy soeke na die meisie te naby aan die waarheid kom, word sy eie lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, Elena en Carla, bedreig. Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red voordat dit te laat is?

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top